Dag 617

 

“Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan—dink daaraan! —agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band … verlos word nie? ”  (Luk 13:16, OAV)

Omdat alle mense ingebore word in die koninkryk van duisternis, doen ons noodwendig die werke van die duiwel. Ons mis ons merk en leef in sonde en verknegting aan die dood as gevolg van die saad van die slang (Gen 3:15) en die werking daarvan IN ons. Die koninkryk van duisternis kry in ons beslag en ons werke en wandel is in die vlees en siel, en daarom is ons gebind aan “die wet van die sonde en die dood” (Rom 8:2). Alles wat ons in dié staat dink, is vleeslik en is die dood deelagtig en is vyandskap teen God en kan God nooit behaag nie (Rom 8: 5-8). As ons nie die saad van Christus (Gal 3:16) in ons laat vermeerder nie, sal ons nie ‘n nuwe goddelike natuur (2 Pet 1:4) kan verwerf nie. Die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus maak ons vry van die wet van die sonde en die dood (Rom 8:2).

In hierdie uitgebreide tema wil ons dan die proses bekyk oor hoe om van verskeie bindinge, gewoontes, toestande, oortredinge, ongeregtighede, en so meer vir goed ontslae te raak. Ons moet leer dat selfs as ons gered, gedoop, wedergebore en Geesvervuld is, daar sekere diepgesetelde “vlekke” (Efes 5:27) op ons bruilofskleed is wat die gevolg is van die gees van wetteloosheid IN ons vlees en siel. Dit kan meebring dat ons Hom nie waarlik kan ken nie, en Hy aan ons kan sê: “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mat 7:23). Die Engels noem hulle “workers of lawlessness” (ESV), of “ye that work iniquity” (Webster).

1 Joh 3:4 (AMPL) gee ‘n raak beskrywing hiervan – “Everyone who commits (practices) sin is guilty of lawlessness; for [that is what] sin is, lawlessness (the breaking, violating of God’s law by transgression or neglect–being unrestrained and unregulated by His commands and His will).”

In sy genesing en bevryding van die vrou wat ‘n gees van krankheid gehad het, sê Jesus hierdie profound woorde – “Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan—dink daaraan! —agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band … verlos word nie?” (Interessant is die getal 18 ook in Bybelse simboliek die getal van “bondage”.) Die probleem met die meeste gelowiges is dat hul allereers nie weet dat hul gebind is nie. Kennis oor die bindinge is dus allereers nodig. Isa 51:13 (Ampl) sê dit raak – “Therefore My people go into captivity [to their enemies] without knowing it and because they have no knowledge [of God]. And their honorable men [their glory] are famished, and their common people are parched with thirst.”

Maar voordat ons in die reeks wat volg, die Heilige Gees gaan vertrou om ons te oortuig van sonde (Joh 16:8), moet ons weer eens die brandofferaltaar in hierdie lig van naderby beskou.

 

  • Sela:  Watter ongeregtighede en standhoudende oortredinge sukkel jy steeds mee?
  • LeesSpr 19-21
  • Ondersoek die vervulling:  Lees Spr 19:9 (Wenk: Open 21:8; Joh 14:6; Efes 6:14).
  • Delf dieper:  Luister na Matzie Lee se cd-lering: Wortels van ongeregtigheid