BYBELBAAK 78
Dis belangrik vir elke gelowige om God se wil te kan onderskei. In die Amplified se parafrase van Col 1:9, bid Paulus: “[asking] that you may be filled with the full (deep and clear) knowledge of His will in all spiritual wisdom [in comprehensive insight into the ways and purposes of God] and in understanding and discernment of spiritual things”. Jy moet een ding weet: dit is vir God belangriker as vir jou dat jy sy volmaakte wil in verskillende situasies kan onderskei. Spr. 16:3 is derhalwe een van die belangrikste rigtinggewende Skrifte van hoe ons prakties van die Here hoor ten opsigte van ons planne: “Roll your works upon the Lord [commit and trust them wholly to Him; He will cause your thoughts to become agreeable to His will, and] so shall your plans be established and succeed.” (Amp). Gelowiges mis dikwels die progressie en orde in hierdie proses. Allereers moet jy jou werke voor die Here “rol” – die CEV verklaar dit as: “Share your plans with the LORD.” Die werke is dus as ‘t ware die voorafwerk, die grondwerk, JOU planne (Ex. 31:4). Deur gebed “rol” jy dit voor Hom – soos die Ou-Testamentiese beweeg- of wuifoffer (Ex. 29:24; Lev. 23:20). Die volgende stap is dat hy jou gedagtes “agreeable” maak met Sy wil. Dit beteken dat Hy die planne modifieer/skrap/verbreed/fokus, met ander woorde Hy bring bonatuurlike wysheid in die saak en maak dit sodoende ook Sy plan. Sodoende “you hear the counsel of the Lord” (Jer. 49:20). Dikwels is daar baie planne in ‘n mens se hart (Spr. 19:21), maar Spr. 15:22 is reg as dit sê: “Planne misluk sonder beraadslaging …” Met hierdie strategie “shall your plans be established and succeed”. Hierdie proses kwalifiseer Paulus in Fil. 2:12-13 as hy sê: “werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae”.
Dr. Tom Gouws