Die Bybelbaak

BYBELBAAK 1

Die vraag-en-antwoord-WhattsAppBroadcast-groep wat hiermee ‘n aanvang neem, word BYBELBAAK genoem. Die woordjie “vraagbaak” dui enersyds op ‘n boek van vrae en antwoorde, hier dan ‘n ontvouende e-boek, en andersyds ‘n persoon wat moeilike vrae kan beantwoord ?. Die woordjie “baak” (wat ons herken in “baken”) beteken onder andere ‘n padwyser, ‘n waterpas en ‘n ligtoring. Die doel van die groep is eenvoudig om vrae van geestelike aard in Bybelse reliëf te probeer beantwoord. Daarmee word uiteraard nie gesuggereer dat dit die volledige verstaan is nie, maar dat die antwoorde ‘n bepaalde Bybelperspektief bied. Uiteraard sal almal nie altyd akkoord gaan met al die antwoorde nie, maar die doel is voorts om op ‘n bondige wyse verantwoordbaar die woord van die waarheid reg te sny, as onderwysing in die geregtigheid (2 Tim. 2:15-16). Dit is ‘n benadering wat probeer aantoon dat die tydlose Woord van God steeds die antwoord op alle vrae bied.

Dr. Tom Gouws