Wat is die verskil tussen Islam en Moslem?


BYBELBAAK 4

Die begrip ‘Islam’ verwys na die geloof en die begrip ‘Moslem’ verwys na die beoefenaars van die geloof. Islam is die geloofsleer soos deur Allah aan die profeet Mohammed geopenbaar is en in dié geloof se heilige boek, die Koran, opgeteken is. Moslems volg dit getrou na – die woordjie ‘Islam’ beteken immers “submission”. Abraham se eersgeborene by sy byvrou, Hagar, is Ismael genoem. Jesus (as die Engel van die Here) profeteer oor Ismael, die vader van die Moslems: “En hy sal ‘n wilde-esel van ‘n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom!” (Gen. 16:12). Ismael is as 13-jarige by die verbond van Abra(ha)m met Yahweh (God) ingesluit, en besny (Gen. 17:23). Ismael, news  Izak, is dus deel van die fisiese nageslag van Abraham. God sê hier spesifiek oor Ismael dat Hy hom buitengewoon sal vermeerder en ‘n groot nasie maak (Gen. 17:20), onder andere deur 12 seuns wat patriarge van die Ismaeliete, later Moslems, geword het. Uit een van hulle se geslagslyn is die profeet Mohammed gebore. In Gal. 4:24-25 gee Paulus ‘n tipologiese interpretasie van die twee vroue en die twee eersgeborenes van Abraham, wat verduidelik dat hulle in die nuwe verbond hoogstens simbolies verstaan moet word: die vleeslike saad (Ismael) en die geestelike saad (Izak). Die vleeslike kan nooit die koninkryk van God as erfdeel kry nie (1 Kor. 15:50), en dit sluit alle nasies, ook Jode en Moslems in, maar nét hulle wat uit Abraham se geestelike saad, DIT IS CHRISTUS (Gal. 3:16), gebore word, sal die beloftes van God aan vader Abraham kan erf. Moslems, Jode en Christene, of wie ook al, kan nie deel van die saad en beloftes van God aan Abraham wees nie, behalwe as hulle wedergebore word deur die lewende Logos van God, Jesus (1 Pet.1:23).

Dr. Tom Gouws