Dag 1004-1006

 

“in alle dinge is ek onderrig …”

(Fil. 4:12, OAV)

 

Die belangrikste mandaat van die gees van Elia is dié woorde van Jesus in Mat. 17:11 – “Elía kom eers en sal alles herstel.” Die Bruid se hoofagenda is die restorasie of herstel van alle dinge. Dit is nie God wat alle dinge herstel – soos die CEV-vertaling dit byvoorbeeld stel – nie, maar sy Bruid. Jesus het ons, die Bruid, nuut gemaak (2 Kor. 5:17), maar ons het die mandaat van Hand. 3:21 (GW): “Heaven must receive Jesus until the time when everything will be restored as God promised through his holy prophets long ago.”

Die begrip “alle dinge” is in die Skrifte geweldig gelade. Soms is dit nodig om so ‘n matrys op te stel van ‘n bepaalde begrip om die omvang, belangrikheid en reikwydte daarvan te omlyn:

  • Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.” (Joh. 1:3)
  • “Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Rom. 11:36)
  • “Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.” (1 Kor. 2:10)
  • “Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.” (1 Kor. 2:15)
  • “om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig— “ (Efes.1:10)
  • “En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,” (Efes. 1:22)
  • “in alle dinge is ek onderrig …” (Fil. 4:12)
  • “want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.” (K 1:16).
  • “En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand” (Kol. 1:17).
  • “Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee …” (1 Tim. 6:13).
  • “Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte” (Heb. 1:3)
  • Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; (Heb. 2:8)
  • “Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.” (Heb. 2:10)
  • “want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.” (Heb. 3:4).
  • “En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.” (1 Pet. 4:7)

 

Hierdie is nie al die frases van “alle dinge” wat in die Bybel voorkom nie, net dié wat met skepping en totstandkoming (aan die een kant) en restorasie en herstel (aan die ander kant) te make het. Die hartslag van die herstel-deel is bepaald Efes. 1:10 – “om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig”. Met ons nuwe, verruimde verstaan van wie die Christus is (sien byvoorbeeld Dag 713-715), is dit duidelik dat die gees en krag van Elia vir die Bruid essensieel is in haar roeping om alle dinge met God te versoen. Maar dis ook meer – alle dinge sal IN en deur die Bruid versoen word. Christus is die vervulling wat God vooruit beplan het.

Ons sukkel om te verstaan hoe presies alle dinge in Christus versoen sal word, en hoe dit dan – wanneer dit alles gebeur het – sal aanleiding gee tot “die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly” (Heb. 12:27), met ander woorde wanneer alle sigbare en derhalwe sterflike dinge “in ‘n oomblik, in ‘n oogwink … sal verander word” (1 Kor. 15:52), tot ewige volheid. “Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.” (1 Kor. 15:53), ‘n “oorkleding” van die sterflike met die onsterflike (2 Kor. 5:4). Soos 2 Kor. 4:18  dit stel: “omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig”. Hierdie alomvattende proses word netjies uitgespel deur Efes. 1:10 in die Phillips-vertaling: “that all human history shall be consummated in Christ, that everything that exists in heaven or on earth shall find its perfection or fulfilment in him.”

Uit die filosofiese beskouing van Martin Heidegger, veral in sy seminale studie: Being and Time, het hy die “dinglikheid” (“Dinglichkeit” of “Being”) van dinge ondersoek. Sy beskouing bied ‘n kerninsig in die saak wat gelowiges nodig het om sodoende die “consummation of all things in Christ” (Efes. 1:10), oftewel “the grand consummation” (1 Kor. 15:24, Msg) beter te kan verstaan.

Heidegger meen dat die wesensaard van alle dinge (“physis”), geskape of vervaardig, bestaan op grond van poiesis (ποιέω), wat etimologies beteken: “om te maak”, en in sy verklaring munt hy dit mooi as “bringing-forth”. Alle dinge se dinglikheid is verborge totdat hul openbaar gemaak word (deur gebruik, of deur kennis van die wesensaard daarvan) – “the more we seize hold of it and use it, the more primordial does our relationship to it become, and the more unveiledly is it encountered as that which it is” (p. 98). Poiesis is die wyse waardeur dinge “come into ‘presence’”. Hy gebruik die voorbeeld van ‘n Griekse tempel om die filosofie onderliggend hieraan te illustreer: “Natural entities require the temple’s work for their ‘truth’ to come into presence, and historical world requires the earth as a foundation that grounds its unfolding destiny. Through a series of violent cuts, the temple’s différance permits an otherwise invisible earth to become visible: Standing there, the building holds its ground against the storm raging above it and so first makes the storm itself manifest in its violence … The temple’s firm towering makes visible the invisible space of air … Tree, grass, eagle and bull, snake and cricket first enter into their distinctive shapes and thus appear as what they are. The Greeks early called this emerging and rising in itself and in all things physis.” (pp. 167-168).

Poiesis is dus ‘n wesenseienskap van alle dinge wat die bestaan van alles transformeer en ewig kontinueer deur alle dinge met mekaar te versoen, spesifiek “mind, matter, time and person with the world”. Heidegger noem “the activity of poiesis” in Duits “Herstellen”. Dit bring “an emerging and rising in itself” van alle dinge na vore. “Eearthly things cannot manifest themselves as what they truly are without the presence of human poiesis.” Alexander Ferrari Di Pippo, in sy artikel ‘The Concept of Poiesis in Heidegger’s An Introduction to Metaphysics’, verduidelik hoe Heidegger “tries to demonstrate the original kinship between the notions of poiesis and noein [= “thinking” – TG] as they were originally conceived.” Dié skrywer som hierdie ontsaglike belangrike slotsom soos volg op: “poiesis is a mode of disclosure (a-letheia) of Being”. Later stel hy dit só: “Poiesis becomes the original site of Being’s disclosure”!

As die filosofiese taal vir jou vreemd is, probeer hierdie laaste sin geestelik interpreteer. Ons weet uit Efes. 2:10 dat die Christus is God se “poiēma”, daarom kan ons sê dat iedereen in die Bruid ‘n woord in God se gedig is. Lees hiermee Rom. 1:19-20 saam (my invoegings): “omdat wat van God geken kan word [= “Being”], in hulle openbaar is [= “apokalupsis”] want God het dit aan hulle geopenbaar [= “disclosure”]. Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke [“poiēma”] verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie …”

In hierdie twee verse word die omvangryke proses uitgespel hoe om alle dinge met God te versoen deur die wesenaard van die Bruid se identiteit in Christus, hul rhema-woorde – in gemeenskap met mekaar en met die ontsaglike krag van fusie wat daaruit voortvloei (lees weer Dag 756 – 766). Dit kan ook die “gees en die krag van Elia” (Luk. 1:17) genoem word – dít wat dit vir die gees van Elia moontlik sal maak om alles te herstel (Mat. 7:11) tot die oorspronklike Bloudruk: “Poiesis becomes the original site of Being’s disclosure.”

The Mirror Word-vertaling gee Joh. 1:3-4 soos volg weer: “The Logos is the source; everything commence in Him. He remains the exclusive Parent reference to your genesis. There is nothing original except the Word! His Life is the light that defines your life (in HIS life man discovers the light of life.)” Wat ‘n wonderlike gedagte dat as Kol. 2:9–10 oor Jesus die Logos sê: “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is”, het ons die bloudruk van sy lewe (= sy Gees en jou rhemawoord) IN ons: “He has set eternity in their heart” (Pred. 3:11, KJV). [Onthou: “ewigheid” is om Hom intiem te kan ken – Joh. 17:3). Ons sal dan ook in alle opsigte verander om soos Hy te wees: “Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.” (1 Joh. 3:2).

Die herstel vind allereers in die Bruid plaas: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.” (2 Kor. 3:18). Paulus maan in Kol. 3:10 dat “julle jul met die nuwe mens beklee … wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper”. Dán word 1 Kor. 15:49 waar: “ En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.” Daarná sal die Bruid die bediening van versoening (2 Kor. 5:18) tot ‘n omvattende vlak neem, en die versugting van die aarde stilmaak: “Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God …  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die seuns van God. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het …” (Rom. 8:19 & 21-23).

Heb. 11:3 bevat die groot geheimenis: “Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.” Die woordjie “woord” hier is rhema! Dus: die Christus kan alle dinge versoen met God, omdat dit oorspronklik deur hulle geskep is! Sela.

 

  • Sela: Verduidelik aan iemand wat presies gebeur met “the consummation of all things”.
  • Lees: 64-66; 2 Kon. 20-21; 2 Kron. 32-33
  • Memoriseer: 65:25 (Probeer dié misverstane vers in die lig van die lering tipologies verstaan.)
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Alle dinge: ‘n Verkenning van die Voortyd uit die Skrif