“die gees van …”
(Luk. 1:17, OAV)
Nou verstaan ons hoekom – as Jesus na die Heilige Gees verwys – noem Hy die Gees: “die belofte van my Vader” (Luk. 24:49) en “die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het” (Hand. 1:4). Weliswaar, as die belofte van die Vader kom, moet dit uit die Ou Testament wees. Op drie plekke in die profetiese boek Esegiël word die belofte van ‘n nuwe verbond en gevolglike dispensasie gemaak:
- “En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee …” (Eseg. 11:19).
- “En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.” (Eseg. 36:26).
- “En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.” (Eseg. 36:27).
Die nuwe bedeling wat begin nadat Johannes die Doper die vorige bedeling afgesluit het, het alles met die koms van Jesus Christus te doen, maar dit is onteenseglik aan die Heilige Gees gekoppel.
Die ganse geskiedenis van Israel, weet ons teen hierdie tyd, sou “opbou tot op ‘n Gesalfde” (Dan. 9:25). Die Gesalfde is ook ‘n drie-in-een: Jesus, die Gees én die gesalfde Liggaam van Christus.
Maar voor ons die implikasie hiervan ondersoek, laat ons in ‘n voëlvlug kyk na die rol van die Heilige Gees in die Ou Testament. Die begrip ‘Heilige Gees’ kom as begrip presies so in slegs drie gevalle voor:
- 51:11 – Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.”
- 63:10 – “Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.”
- 63:11 – “Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?”
Die ander kere word dit genoem: “die Gees van die Here”, “my Gees”, “die Gees”, “die Gees van God” en “u Gees”. Dan word ‘n verskeidenheid kombinasies gevind wat weliswaar met die Gees van God te doen het, maar ‘n ander toepassing het: “die gees van Jakob”, “die gees van wysheid”, “die gees van koning Dawid”, “die gees van Elía”, “die gees van Kores”, “die gees van my, Daniël”, “die gees van Serubbábel …en die gees van Josua … en die gees van die hele oorblyfsel”. Hierdie konstruksie “die gees van” dui op ‘n geestelike mantel. Meer in die volgende Manna daaroor.
- Sela: Wat verstaan jy is ‘n geestelike mantel?
- Lees: 1-3
- Memoriseer: Nahum 1:12
- Delf dieper: Luister na Gideon v Eeden se lering: Die Sewevoudige Gees van God kom tot Rus op die Aarde