Dag 1027

 

“So is ek geslaan in die huis van my vriende.”

(Sag. 13:1, OAV)

God kies ‘n baie interessante manier om jou as koringkorrel te breek, sodat jou vleeslike dop kan vergaan en die kiemsel van Christus se lewe in jou vrygestel word. Jou broers. Ja, jy het reg gelees – Hy doen dit deur gelowiges wat saam met jou die pad loop.

Al ooit enige van die volgende uitdrukkings gehoor: “ek het só seergemaak in die kerk”/”ek vertrou geen mens in besigheid wat homself ‘n gelowige noem nie”/”Christene is net ‘n klomp wit gepleisterde grafte/skinderbekke/tweegesigte”/”ek wil met God ‘n verhouding hê, maar ek wil niks van sy ground crew weet nie”/”hy/sy het só offense gevat …”? Dis aan die orde van die dag.

Heb. 10:20 verduidelik dat die voorhangsel tipologies dui op die Liggaam van Jesus: “die voorhangsel …, dit is sy vlees”. Omdat die Bruid sy Liggaam is, “lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene” (Efes. 5:30), is dit noodwendig dat soos Hý verbrysel is – “dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel” (Jes. 53:10) – ons ook geskeur sal word. Wat Jesus deurgegaan het: verwerping deur die samelewing omdat Hy sogenaamd ‘n buite-egtelike kind was; verguising deur die Fariseërs, die kerk-mense van sy tyd, omdat Hy nie aan hul godsdienstige sisteem wou konformeer nie; onregverdige en onwaar dinge wat Hom toegeslinger is, bv. dat Hy ‘n wynsuiper en ‘n vraat is; nabyvriende wat in sy desperate uur van nood eerder rustig verder slaap as Hom in sy doodsangs te ondersteun; ‘n geliefde dissipel wat Hom uiteindelik met niks anders nie as ‘n soen verraai. Jy kan Jesus niks van offense vertel nie.

Jesus moes deur alle vorme van offense gaan without taking offense. ‘n Mens moet offense néém, jou eie maak, die te na kom jou áántrek, anders het dit géén effek op jou, en kán dit jou nie beroof nie. John Bevere noem dit tereg in sy gelyknamige boek: The Bait of Satan. As jy die lokaas van offense vat, is jy vas in die bose teenstander se greep – dit gee hom absoluut reg op jou lewe.

Gene Edwards se skrikwekkende boek: Crucified by Christians bespreek hierdie ontsettende toestand in die Liggaam van Christus. Net ‘n paar kernaanhalings daaruit: “Being crucified by fellow Christians is one of the deepest pains a child of God will ever know. It can so profoundly affect you that it can mark the end of your life as a practicing Christian … Place your crucifixion in the realm of the invisibles, in realms unseen. Only there will you truly find the person who deliberately caused you to be crucified. Only in the realm of the spiritual will you find the perpetrator. When you were crucified at the hands of men, in reality you but entered into His crucifixion. Consider the circumstance which led to His crucifixion. Who caused His cross, His crucifixion? Who was it that plotted His Golgotha? It was exactly the same person who plotted yours. The Father willed His own Son’s crucifixion. And yours.”

Fil. 3:10-11 bly ‘n absolute riglyn rondom geestelike outoriteit en mantels: “sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word”. Jy moet saam met Hom sterf, voor jy saam met Hom kan heers.

 

  • Sela: Het jy enige se van offense wat nog nie verreken is nie?
  • Lees: 51-52
  • Memoriseer: 51:1 (Let op die sinchronisasie – wie die teenstander opdrag gee!)
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se se cd-lering: Die Vangstrik van Satan – to take offense