Dag 1028

“laat julle siel hom in vettigheid verlustig”

(Jes. 55:2, OAV)

Tans is ons besig met die ontvouing van die gees van Elia IN ons, en algaande verstaan ons meer van hoe mantels in die algemeen gestalte kry en gelowiges bemagtig om te doen waarvoor God hulle geroep het. Ons volg Elia as prototipe om die proses van sy mantelvorming en uitspruitende outoriteit te kan verstaan.

Uit Elia se wisselwerking met die weduwee van Sidon he ons agtergekom meel en olie is vir die Nuwe-Testamentiese gelowiges van groot tipologiese belang, en in die vorige Manna het ons spesifiek op die betekenis van die meel gelet. Nou gaan ons kyk na die simboliese betekenis van olie.

Olie, in Bybelse tye hoofsaaklik die vrug van die olyfboom, het wydverspreide gebruike gehad. Dit is veral gebruik tydens etes (Eseg. 16:13); en om aan te smeer (Deut. 28:40); vir gebruik vir medisinale doeleindes (Jes. 1:6); en as olie vir lampe (Eks. 25:6). Dit was ‘n handels- of ruilmiddel met ‘n kommoditeitswaarde (1 Kon. 5:11; Eseg. 27:17) en is as deel van sekere offers gebruik (Lev. 7:10). Dit is ook gebruik in salwingsprosedures, byvoorbeeld van priesters (Eks. 29:7) en konings (2 Sam. 2:4).

Die heilige salfolie was ‘n salfmengsel wat spesifiek olie as basis gehad het en met ander geurige speserye in opdrag van die Here (Eks. 30:22-25) gemaak is. Die olie se vettigheid (Rigt. 9:9) was ‘n aanduiding van God se goedgunstigheid (Ps. 65:11) oor die land en die mense (Gen. 45:18) en waarmee die mens se siel versadig word (Ps. 63:5). In Jes. 10:27 word dit simbolies gebruik om aan te dui dat dit gebondenheid (“yokes”) verbreek: “En in dié dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid.” Dié gebruik word ook simbolies tot die Nuwe Testament oorgedra (Rom. 11:17).

Wanneer daar in die Ou Testament oor die komende Messias geprofeteer word, is sy onderskeidende kenmerk dat Hy deur salwing sy outoriteitsposisie inneem. Jes. 61:1 word die eerste profetiese proklamasie van die Messias: “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het …” Let asseblief op – die salwing het gekom voordat die Gees van die Here op Hom gekom het, nie andersom soos ons dikwels geleer word nie. Die salwing IS NIE die Heilige Gees nie, nie soos die Heilige Gees nie net die salwing is nie. Sela.

Die salwing is baie spesifiek gekoppel aan Hom as Gesalfde (die Griekse ekwivalent van die Hebreeuse woord vir Messias). Dit het derhalwe niks met fisiese olie te doen nie, behalwe dat dit ‘n simbool is van die Gesalfde wie se vettigheid, sy wesensaard, drup op jou. Uiteraard is dit as gevolg van die Gees wat IN Hom is, want onthou: “die Here IS die Gees” (2 Kor. 3:17). Die Heilige Gees word tipologies vergelyk met byvoorbeeld wind (Joh. 3:8), of water (Joh. 7:37-39), maar nié met olie nie! Die salwing is spesifiek die salwing van Christus, die Gesalfde! Die probleem, dus, van die vyf dwase maagde (Mat. 25:1-12), was nie dat hul nié die Heilige Gees gehad het nie (alles dui daarop), maar dat hulle nie die salwing gehad het nie.

 

  • Sela: Probeer salwing definieer.
  • Lees: 1:1-3:36
  • Memoriseer: 3:22-23 (miskien in die Engels)
  • Delf dieper: Luister na Hanno Pienaar s