“En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee …” (Eseg 36:26, OAV)
Die wet word dikwels in die Bybel “die kliptafels” genoem (bv in Eks 24:12). Dikwels verwys die Skrif ook na die feit dat die hart “’n tafel” is (bv Spr 3:3 en 7:3). Die godsdienstige mens se hart is daarom dikwels kliptafels vol wette. Hierdie “verharde” hard (in Engels: “hardened heart”) is een van die gevolge van die vangstrik wat wettisisme aan jou hart, die oorsprong van Christus in jou lewe” (Spr 4:23), gedoen het. Die gevolg hiervan is skrikwekkend – jy kan nie die stem van die Here hoor nie (Heb 3:7-8).
Daar is reeds in die tyd van die ou verbond geprofeteer oor die nuwe verbond wat aan’t kom is (Heb 13:8, NV). In Eseg 36:26-27 word uitgespel dat daar ‘n dag gaan wees dat die mens in ‘n nuwe verbondverhouding met God sal staan. Dit word, interessant genoeg, veral verduidelik aan die hand van die “hart van klip” wat dan verander sal word: “En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.”
Hierdie verandering wat die nuwe verbond in die lewe van ‘n gelowige bevestig, is veral gesetel in die besnydenis van die hart, deur wedergeboorte. Dit verander die godsdienstige wettiese hart na ‘n hart wat self na God uitroep (Rom 8:15). “En die HERE bo jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.” (Deut 30:6). In Eseg 11:19-20 word dit duidelik só uitgespel: “En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees.” Daarop Word “geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart” (2 Kor 3:3).
Die gelowige in die nuwe verbond leef dan nie meer volgens die eksterne kliptafels van die wet nie, maar deur die promptings van die Heilige Gees: “But now we are discharged from the Law and have terminated all intercourse with it, having died to what once restrained and held us captive. So now we serve not under [obedience to] the old code of written regulations, but [under obedience to the promptings] of the Spirit in newness [of life].” (Rom 7:6, Amp).
- Sela: Verduidelik hierdie belangrike fondament van die nuwe verbond aan iemand.
- Lees: Rig 13; Ps 103; Hand 13
- Memoriseer: Ps 103:20
- Vir dieper delf: Lees Venter & Gouws se boek Die verband en die vervalsing (hfste 5 & 13).