“U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.”
(Ps. 145:16, OAV)
Ons is besig om te kyk na die simboliese betekenis van olie en salwing, en het in die vorige Manna ‘n duidelike verstaan gekry dat die begrip “salwing” meer is as bloot Heilige Gees-manifestasie. Net ‘n enkele laaste voorbeeld daarvan. In Eks. 35:14-15 word van die komponenete van die tabernakel uitgespel, en hierin sien ons ‘n duidelike onderskeid tussen “die olie vir die kandelaar” en “die salfolie”, wat dui op die verskil daartussen
In die Nuwe Testament verduidelik Paulus dit netjies in 2 Kor. 1:21 – “Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.” Let asseblief op die onderskeid.
Dag 1024-1026 het verduidelik hoe die Manna in die woestyn ‘n tipologie gevorm het van die Bruid se rhemawoorde. Dan is dit van groot belangrikheid dat ons lees in Num. 11:8 dat die Manna soos volg beskryf word: “die smaak daarvan was soos die smaak van oliekoeke”! Die ASV stel dit direkter: “the taste of it was as the taste of fresh oil”. Die manna het dus die smaak van salwing gehad!
‘n Geheimenis rondom die manna word verduidelik in die Joodse rabbi’s se Midash Rabbah (p. 303) oor die boek Eksodus, waar dit spesifiek kommentaar lewer oor Ps. 145:16 hierbo en uitwys dat die vers nié sê dat “alles wat lewe” versadig met voedsel nie, maar met welbehae (“favour”). Dit beteken dat God aan elkeen gee wat sy uniek-eie behoefte of begeerte is. “Manna tasted whatever you wanted it to be in your mouth, hatever you were hungry for … Manna was the only ingredient you needed for a feast with a great variety of flavourful dishes.” (Michael Esses: Jesus in Exodus, p. 95).
Die rabbi’s gebruik Deut. 2:7 om dit verder te illusreer: “Want die HERE jou God het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die HERE jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.” Die woordjie waarmee “ding” hier vertaal word, is “dabar”, die Hebreeuse woord vir die woordjie “woord”! In die gee van die geestelike manna is, hul woorde in God se gedig, is daar in al die Israeliete in die woestyn se persoonlike behoeftes voorsien!
As jy in posisie was (in Nuwe-Testamentiese terme: “in jou posisie in Christus”), en jy is in die woestyn waar daar niks is behalwe soet, olierige wafeltjies nie, en jy is lus vandag vir skaapboud en gebraaide aartappels, dan het die manna in jou mond só geproe! As jy lus was vir botterskorsiesop, of sjokolade, of snoek en patats, dan was dit dít wat jy geproe het! Geen ding het jou ontbreek nie!
Die tipologiese implikasie hiervan is vir die Bruid van ontsettende waarde. Daarom is dit nie vreemd nie dat in die enigste drie plekke waar die woordjie “salwing” spesifiek in die Nuwe Testament voorkom, 1 Joh. 2:20 & 27, word dit gebruik in die sin dat dit “alles” voorsien. In die volgende Manna meer.
- Sela: Wat is die tipologiese implikasie hiervan vir die Bruid?
- Lees: 1-4
- Memoriseer: 1:20
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die wonder van die vermenigvuldiging van
rhemawoorde