Dag 104

 

“Toe gee die priester hom die heilige brood, want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode …” (1 Sam 21:6, OAV)

Reeds in die Ou Testament was daar gelowiges wat hierdie nuweverbond-beginsel goed verstaan het. In 1 Sam 15:22-23 profeteer Samuel vir Saul: “Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens.”

Gehoorsaamheid aan die stem van die Here is die bakermat van die nuweverbond-wandel. Dit kan nét gebeur deur die promptings of the Holy Spirit (Rom 7:6, AMP). (Ons kom later in detail terug daarop oor hoe om die stem van die Here te hoor en onderskei.)

In 1 Sam 21:3-6 kry ons ‘n pragtige illustrasie van wat dit beteken. Dawid en sy manne kom tydens ‘n oorlog aan by die priester wat die tabernakel bedien, en hulle is erg honger. Die priester sê al brood wat daar is, is die brood op die tafel van toonbrode, en volgens wet mag dit nie geëet word nie; as dit vervang is op die Sabbat, mag net die priesters daarvan gekry het. Dit was ‘n duidelike wet (Lev 24:5-9; Eks 29:33). Maar Dawid het volgens die promptings of the Holy Spirit geleef. Hy’t tien teen een gaan bid, en vir Vader gesê hy is honger, ‘n duidelike goedkeuring gekry dat die wet van slawerny (Rom 8:15) nié nou op hom van toepassing is nie, maar dat hy as seun gelei word deur die Gees van God (Rom 8:14), en derhalwe kon hy van die toonbrood eet! 

Jesus gebruik in Mat 12:3-4 hierdie spesifieke voorbeeld om te verduidelik hoe die wet kragteloos (Rom 8:3) is vir hulle wat deur die Gees van God gelei word: “Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie—toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het— hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?” 

Deur wettisisme maak ons die woord van God kragteloos deur ons oorlewering (Mat 15:6) en blus ons die Gees uit (1 Thes 5:19).

  • Sela:  Vra God om te wys waar in jou lewe het jy jou skuldig gemaak daaraan om die Gees van God uit te blus deur wettisisme.
  • Lees: Rig 14; Ps 104; Hand 14
  • Memoriseer: Rigt 14:18b