Dag 1052

 

“die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate”

(Efes. 4:16, OAV)

Ons is tans besig met die ontvouing van die gees van Elia IN ons te ontgin, en algaande verstaan ons meer van hoe mantels in die algemeen gestalte kry en gelowiges bemagtig om te doen waarvoor God hulle geroep het. Elia word as prototipe voorgehou om die proses van sy mantelvorming en uitspruitende outoriteit te kan verstaan, en dan word dit na die prototipiese gestaltegewing vir elke gelowige getransponeer.

In die vorige Manna, wat gehandel het oor Elia, die weduwee en haar seun wat uit die dood opgewek is, het ons uitgekom by wat dit beteken om met Christus beklee te wees, en uitgevind dit hou veral in om die mantel (van ‘n salwing) te dra. Elia se potensiële vaderskapsmantel is as ’t ware aan die vaderlose seun getoets word, en dit het as gevolg van Elia se gehoorsaamheid en passie begin gestalte kry.

Net voor ons by die volgende deel van die kroniek van Elia se lewe kom, is dit nodig om uit te wys dat ‘n mantel altyd deel is van die korporatiewe Christus. Dit kan NOOIT daarbuite of los daarvan beweeg nie. Per definisie moet dit ALTYD in samehang met die vyfvoudige bediening beweeg. Elia se integrasie met die weduwee en haar seun was die eerste tree binne korporatiewe salwingidentiteit. Efes. 4:15 spel die noodsaak hiervan uit: “(dat ons) in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus”. In vers 16 word “elke lid” se verantwoordelikheid uitgespel: “deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate”. Hier volg ‘n paar ander vertalings se weergawes van hierdie vers, en elkeen gee mooi klem op ander onderliggende fasette van die ryk teks:

  • “… the aid of every contributing ligament …” (Weymouth)
  • “… by the contact of every part with the source of its life …” (Twentieth Century New Testament)
  • “… by means of every assisting joint …” (The Emphatic Diaglott)
  • “… united through every assimilation of the supply …” (Concordance Literal)
  • “… each part in its own special way helps the other parts …” (The Living Bible)

Elia is op soek na die definiëring van sy unieke salwing se “own special way”, die eiesoortigheid van sy roeping. Hierin speel die Heilige Gees se praktiese leiding ‘n sentrale rol. In 1 Kor. 6:17 (ASV) spel Paulus dit só uit: “But he that is joined unto the Lord is one spirit.”  Party vertalings vertaal die woordjie “joined” ook as “cleave”. Die basiswoord in Grieks daarvoor is “gom”, en beteken: “to stick or to cleave, join self, keep company”. Sela asseblief.

  • Sela: Beweeg jy korporatief, op is jy op jou eie?
  • Lees: Esra 1-3
  • Memoriseer: Esra 1:1 (sien die sinchronisasie rondom Kores as prototipiese gesalfde – Jes. 45:1)
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Heilige Salfolie