“Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele …” (Mat 11:29, OAV)
“Leer van My.”
Wat ‘n uitnodiging! Die BBE-vertaling spel dit só uit: “become like Me”! En in die Message sê Christus: “Walk with me and work with me–watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace.”
Learn the unforced rhythms of grace … ‘n Mooier definisie van die nuweverbond-wandel sal jy kwalik elders kry. In Joh 5:19 spel Hy dit uit: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.”
En so is dit dan ook met ons: ons leer van Hom, hoe Hy dit gedoen het. “Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.” (1 Joh 2:5b-6; 1 Pet 2:21). Christus se lewe is deurgaans gekenmerk aan dit wat “decently and in order” (1 Cor 14:40) is. As Johannes die Doper sê dis nié vanpas dat hý Hom doop nie, want hy is dit nie werd nie, antwoord Jesus: “Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” (Mat 3:15). Dus woon Hy die feeste by sonder dat mense dit weet (Joh 7:10-12); Hy betaal die keiser wat die keiser toekom (Mat 22:21); Hy vervul die wet en die profete (Mat 5:17).
Maar toe sy dissipels honger het, skroom Hy nie om hulle toe te laat om op die sabbat koringare uit te vryf om te eet nie, al verbied die wet dit (Mat 12:1). Hy genees ‘n man op ‘n dag wat die wet dit nie toelaat nie (Mat 12:10-13). Hy gooi nie saam klippe met die kerkmense na die vrou wat in egbreuk betrap is nie (Joh 8:4-7), al vereis die wet dit (Lev 20:10). As hulle vir Hom deur die wet ‘n strik probeer stel, wys Hy deurgaans uit: My juk is sag en My las is lig. Daarom sê Hy aan die Fariseërs: “Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie.” (Joh 8:15). Die godsdienstige mens in sy onvryheid gebruik die wet om ander te oordeel. Jesus sê duidelik: Ek oordeel niemand nie. In Mat 7:1 maak Hy dit ook die riglyn vir sy volgelinge: “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.” Daarom bring Hy nuwe perspektiewe op egskeiding (Mat 19:3-10), doodstraf, lust, egbreuk, beloftes, vyande, wat ook al (Mat 5), en telkens wys Hy, soos Dawid, “u wet is binne-in my ingewande” (Ps 40:9)!
- Sela: Gebruik Mat 7:1-2 en bely voor God dat jy Sy rol probeer oorneem.
- Lees: Rig 16; Ps 106; Hand 16
- Memoriseer: Ps 106:15
- Vir dieper delf: Lees hfst 2 in Kelly Varner se The more excellent ministry.