Dag 1088-1090

 

Om U ontwil word ons die hele dag gedood,

ons is gereken as slagskape.”

(Rom. 8:36, OAV)

In die vorige Manna het ons tot ‘n verstaan gekom dat deel van die verdrukking en stryd wat gelowiges ervaar ten doel het om hulle ‘n goddelike natuur te laat bekom. ‘n Mooi Ou-Testamentiese tipologie hiervan wat ons veel van die aanslag en stryd in ontvouende verlossing  leer, gaan oor die reuse in die beloofde land, dié land van fundamentele waarheid oor Jesus en openbaringskennis oor Christus wat ons in die derde dimensie betree.

Die derde dimensie bou op die fundamentele waarheid van die melk wat jong gelowiges ontvang het (1 Pet. 2:2) het, maar ‘n mens kan nie by “die eerste beginsels van die woorde van God” (Heb. 5:14) bly nie. Jes. 28:9 het dit profeties só uitgespel: “Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is.”

Baie geloofsgemeenskappe hang egter “verleidende geeste en leringe van duiwels” (1 Tim. 4:1) aan en hulle gebied dat mense hul moet onthou van (soliede, geestelike) voedsel (“meats” – vers 3, KJV). Sulke mense, byvoorbeeld, verwerp die geestelike interpretasie van die Skrifte en dring deurgaans aan op ‘n letterlike interpretasie. Sodanige persone sou dan byvoorbeeld Paulus se lering in Gal. 4:25 verwerp waar die fisiese stad Jerusalem vergelyk word met Hagar, “wat vir die die slawerny kinders baar”; hulle sal derhalwe bly glo dat die beloofde land se beloftes slegs aan etniese Jode behoort, met ander woorde nie dat dit ‘n geestelike erfenis is nie.

[Ons weet die natuurlike gaan die geestelike vooraf (1 Kor. 15:46), daarom is dit belangrik dat ons uit ‘n ander oogpunt ook na hierdie heuning as voedsel vir volwassenes kyk. Interessant genoeg – in die natuurlike realm is heuning baie goed vir volwassenes, maar is glad nie heilsaam vir babas nie. Die mediese rede hiervoor is dat hul nog nie immuniteit ontwikkel het vir Clostridium Botulinum nie. “Honey may contain spores of Clostridium Botulinum, a form of botulism. In older children and adults, the amounts are so microscopic and are generally harmless. For babies though, infant botulism caused by eating honey may cause lasting damage. Botulism is an illness caused by the botulin toxin. The toxin blocks nerve function, eventually leading to skeletal and respiratory paralysis. Botulin is also incredibly powerful; as little as one microgram can kill a human.” (http://www.brighthub.com/health/diet-nutrition/articles/31446.aspx).]

As ons nou verstaan wat die beloofde land gestalte laat kry, naamlik fundamentele en openbaringskennis, ofte wel “die kennis van die heerlikheid van die Here” (Hab 2:14), moet ons verder verstaan dat daardie erfenis uitermate groot is (gemeet aan die grootte van die vrugte – “Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar ‘n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan ‘n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye.” – Num. 13:23.)

Tipologies gesproke is dit veelseggend dat die plek Eskol genoem word – in Hebreeus beteken dit “a cluster of grapes”. Die Bruid word in die Skrif voorgehou as ‘n wingerd (Joh. 15), en in Jes. 65:8 (KJV) word geprofeteer: “the new wine is found in the cluster”. Die “cluster of grapes” is die salwingseenheidformaat, die wynsak van die derde dimensie se nuwe wyn (Mark. 2:22).

Die boek Josua is in die Ou Testament wat die boek van Efesiërs in die Nuwe Testament is. Die karakteristieke refrein in die boek Efesiërs is ‘n klompie soortgelyke frases:

  • “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus …” (1:3)
  • “wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele …” (1:20)
  • “lewend gemaak saam met Christus … en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus …” (2:6)
  • “sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,” (3:10); en:
  • “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” (Efes. 6:12).

Die land van Kaänan is nie die hemel nie, weet ons darem teen hierdie stadium al. Uit Efesiërs weet ons voorts Kaänan is duidelik ‘n geestelike eenheid met Hom, wat die doping in Christus meegebring het – Gal. 3:27 spel dit mooi uit: “want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee”. Jesus het dit só verduidelik in Joh. 17:21a – “dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees”. Daardie eenwees met Hom, NOU REEDS, sal die rede wees, sê Jesus: “sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het” (21b). Ons is dus reeds in hemelse plekke gesetel IN HOM terwyl ons op die aarde besig is “to have our being” (Hand. 17:28, ASV).

Terwyl ons dan hierdie land van belofte bewoon, is daar nie net groot vrug nie, maar ook groot teëstanders. Ons lees dat God hulle waarsku wat om te verwag, in Jos. 3:10 – “Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar ‘n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe …”

Let op – die hantering en “overcoming” van die reuse sal die meganisme wees waardeur die Bruid getuienis sal ontvang dat daar ‘n lewende God tussen hulle tabernakel. Hulle word juis vir daardie spesifieke doel daar geplaas!

Die woordjie ‘Kanaän’ se wortelbetekenis in Hebreeus beteken “lowland” (BDB), wat Strong metaforiseer as “humiliated”. Hierin lê die groot sleutel van die derde dimensie – ten spyte van die tweede dimensie se wonderbaarlike Geeswerking, en die fel aanslag van Babilon op alle fasette van jou lewe, is ons egter helaas geensins “meer as oorwinnaars” (Rom. 8:37) nie. Die vers wat hierdie een voorafgaan, spel die toestand uit waarin die gelowige hom bevind: “Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.” (vers 36). Die “verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard” (vers 35) veroorsaak die “humiliation”.

Só stap ons dan Kanaän binne. Om die verwonding van die sielsdimensie te hanteer, moet elkeen ‘n “merchant, a trader” (WordStudy-definisie van die woord ‘Kanaän’) word. Wat dit behels, word mooi uitgespel in Jes. 61:1-3, waar die klem duidelik val op die Gesalfde at aan sy Bruid as gesalfdes ‘n bepaalde mandaat van herstel gee: “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos …”

In vers drie word voorts verduidelik hoe die ”humiliated” verander word deur ‘n proses van uitruiling: “om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking”. Die belofte wat ons het, is dat God se heerskappy IN ons sal vermeerder (Jes. 9:7) totdat “daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie” (Sag.14:21)!

Nie net is Kanaän as gebied belangrik nie, die Kanaäniete as reuse moet “overcome” word. Dit is die gees wat deur vernedering en minagting jou in lae selfbeeld, neerslagtigheid en depressie laat verval. Ek noem dié gees ook “die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion” (Open. 9:11).

Die Hittiete se betekenis in Hebreeus is “terror”, wat die wortelwoord verder taamlik grafies beskryf: “A primitive root; properly to prostrate; hence to break down, either (literally) by violence, or (figuratively) by confusion and fear: – abolish, affright, be (make) afraid, amaze, beat down, discourage, (cause to) dismay, go down, scare, terrify.” (Strong). Dit veroorsaak dat die persoon dikwels nie in sy skeppigsdoel kan loop nie, want simbolies is sy boog gebreek (Jer. 51:56). Die kensketsing van hierdie reus is dus om deur vrees verguis te word. Samuel Ridout, in sy boek Lectures on the Book of Judges, gee die volgende uitgebreide kensketsing van die Hittiete: “The Hittites … will close your mouths, so you will be afraid to speak … The Hittite empire is indeed a wide one – it reaches everywhere and their dwelling amongst us is a witness how we have failed to cast them out.”

Die Hewiete se naam beteken in Hebreeus “a villager”, tekenend van ‘n kleindorpse mentaliteit in die gees. Iemand wat altyd in alle opsigte wil inskakel en in-“blend” dat hy/sy nie raakgesien word nie. Ten grondslag hiervan is óf gemaksugtigheid, óf diepgesetelde minderwaardigheid. Die Hewiete bring mee dat jy jouself en jou waarde geringskat.

Daar is familebande tussen die Hewiete en die Feresiete (“belonging to a village”). Hierdie is ‘n gees wat jou ten alle koste klein (“stunted in your growth”) wil hou. Hulle word verlei om hulleself met beuselagtighede besig te hou, of met stokperdjies en tydverwyle wat kosbare geleenthede van geestelike groei steel. Dis ‘n gees wat lei tot geestelike stagnasie, asook armoede (fisies en geestelik). Die gees word gekenmerk aan skaamte. Mephiboset is ‘n mooi Ou-Testamentiese prototipe van iemad wat deur dié reus beheer word. Sy naam beteken dan ook: “exterminating the shame; and to be disappointed”

Die Girgasiete is simbole van vleeslikheid. Hul naam beteken: “clay dwellers”. Hierdie reuse beïnvloed gelowiges tot vleeslike denke (“carnality”). Rom. 8:7 stel dit streng: “wat ”die vlees bedink, is vyandskap teen God”. Hierdie gees laat gelowiges deur sensualiteit en sinnelikheid verlei word. Hulle wil ook graag sien voor hulle glo, en sukkel met ongeloof.

‘n Ondersoek na die Amoriete (“mountain people; renowned”) verbind hul onmiddellik aan die godsdienstige gees. (‘n Berg is in die Skrif altyd simbool van die godsdienstige sisteem – Jes. 2:2.) Dis ‘n gees wat geken word deur wettiesheid, selfverheffing, eiebelang, valse nederigheid en geveinsdheid.

Die Jebusiete se naam betekenthresher” en word pragtig gekarakterieer deur Matt. 23:24 – “Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!” Dit is geeste wat ten alle koste struktuur en dogma wil vestig, kerkorganisasie laat reguleer, deurentyd alles evalueer of dit inpas by die selfopgesette missie en visie. Hulle “backbone is like that of a man”, die wortelbetekenis van Jebusiet. Dit manifesteer in gelowiges wat “‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (2 Tim. 3:5). Dis ‘n gees wat teenstaan dat jy in die self sterf.

Laat ons dit herhaal – die hantering en “overcoming” van die reuse sal die meganisme wees waardeur die Bruid getuienis sal ontvang dat daar ‘n lewende God tussen hulle tabernakel. Hulle word juis vir daardie spesifieke doel daar geplaas!

  • Sela: Met watter reuse het jy in jou lewe gedeel?
  • Lees: 7-8, 9:1-10:22-42; Luk. 10-11
  • Memoriseer: 7:6
  • Delf dieper: Luister na Briers Uys se cd-lering: Hoekom is daar reuse i my beloofde land?