“You followed the ways of this world and obeyed the devil. He rules the world, and has spiritual power over everyone who doesn’t obey God.” (Eph 2:2, CEV)
Dié dagstuk volg op gister s’n, wat getoon het hoe God se konsep van “vrywillige keuse” (Filémon 1:14) nie net die gang van die wêreld soos ons hom ken, beïnvloed het nie, maar ook jou en my lewe. En hoe die agtergrond noodsaaklik is dat jy op die weg gelei word deur God om te kan kies. Toe Satan teen God gekies het, het hy die koninkryk van God verdeel. As ‘n koninkryk teen homself verdeeld is, kan hy nie bly staan nie (Mar 3:25). Om hierdie rede kon God nie langer vir Môrestêr in sy Koninkryk toelaat nie en is hy uit die koninkryk van God gegooi: “Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad!” (Jes 14:12). Jesus gee later in Luk 10:18 verslag dat hy “Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val” het. Sy naam, dikwels in die Skrif aanduidend van ‘n identiteit, verander dan ook: van Môrestêr, na Satan, wat volgens Thayer beteken: adversary (one who opposes another in purpose or act)”. Dit word later Satan se grootste missie op aarde: om purpose, roeping, teen te staan.
Waarom het God Satan dan nie net vernietig nie? Een van die belangrikste karakteristieke eienskappe van God is die feit dat Hy Liefde is (1 Joh 4:8), en liefde behels ALTYD keuse – jy kan tog nie iemand dwing om jou lief te hê nie! En omdat dit God se wesensaard is, moes Hy selfs Satan se keuse respekteer, kon hy nie net ‘n opperwese geskep het om Hom te gehoorsaam nie, want dan was ons almal bloot robotte wat Hom nie vrywillig sou liefhê nie.
‘n Ander belangrike karakteristieke kenmerk van God is regverdigheid (Esr 9:15). ‘n Derde van die hemelse magte het Satan nagevolg in sy rebellie, en hulle is saam met hom uit die koninkryk van God gewerp. Hulle het – bloot op grond van God se regverdigheid – ‘n derde van die kosmiese heelal gekry om oor te regeer, wat dan bekend staan as die koninkryk van die duisternis (Open 16:10). Deel hiervan was die planeet aarde. Alhoewel die aarde en die volheid daarvan aan God behoort (Ps 24:1), regeer God dus nie die aarde nie (1 Joh 5:19). Dit het groot implikasies vir my en jou.
- Sela: Bedink en bid oor die voorlaaste laaste sin hierbo. Maak seker jy verstaan die geweldige implikasies daarvan en hoe dit mense, geskiedenis, en jou, persepsie van God beïnvloed.
- Lees: Gen 11: Ps 11; Joh 11
- Memoriseer: Joh 11:25-26.
- Vir dieper delf: Lees hfst 1 & 2 van Juan Carlos Ortiz se The cry of the human heart.