“sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word” (Fil 3:10, OAV)
Alvorens ons oorgaan na die volgende uitvoerige gedeelte oor die stem van God (“Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. – Mat 4:4), is dit noodsaaklik om nog een baie spesifieke aspek waarna die toonbrode heenwys, uit te lig. In die oorspronklike Hebreeus sou toonbrood ook vertaal kon word met twee ander terme: “pierced cake” (Varner) asook “bread of the face” (Smith). Om by die eerste vertaling eers stil te staan: om hierdie rede, interessant genoeg, lyk die matzos wat die Jode gebruik, asof dit gepierce is.
Ons lees in Ps 22 – wat profeties heenwys na Christus se kruisiging – : “they pierced my hands and my feet” (vers 16). Joh 19:34 vertel van die soldaat wat Jesus met ‘n spies in die sy gepierce het, en in vers 37 word Sag 12:10 aangehaal wat sê: “They shall look on him whom they pierced.” Interessant genoeg word dit ook in die vooruitsig gestel as Jesus weer terugkeer na die aarde toe: “Behold, he cometh with clouds; and every eye shall see him, and they also which pierced him” (Rev 1:7).
‘n Baie belangrike deel daarvan om God se gesig (“the bread of the face”) te sien, is om “the pierced cake” van sy lyding te eet. Ons het in die vernuwingskerk se teologie in drogredenasies verval dat dit met die kind van God net goed sal gaan. Hierdie “prosperity gospel” hou glad nie rekening met die geweldige belangrike uitspel van die Skrif hierbo nie: Om Hom te kan ken en die krag van sy opstanding (= the bread of the Face), vra dat jy ook “gemeenskap aan sy lyde” sal hê, aan sy dood “gelykvormig” word!
Jy sal in jou wandel “verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard” (Rom 8:35), “verdrukkinge …node … benoudhede … slae … gevangenskappe … oproere …arbeid …slapelose nagte …hongerly” (2 Kor 6:4-5) ervaar, miskein selfs veel, veel erger (2 Kor 11:23-27; Heb 11:36-38) – skrik! Maar dit is als deel van wat Rom 8: 17 uitspel: “as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word”
Die Bruid van Christus wéét sy is in die palms van Sy hande ingegraveer, of dan daarin gepierce (Jes 49:16)! Maar van haar word in Ps 45:15 gesê: “In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei”. Die BBE-vertaling vertaal dit beter uit die oorspronklike taal: “She will come before the king in robes of needlework.” She will also be pierced! Die woordjie pierce beteken ook in Hebreeus: to govern! Geestelike outoriteit is gesetel in gebrokenheid. Jdg 5:9: “My heart is toward the governors of Israel, that offered themselves willingly among the people.” Bread of piercing. Bread of the Face.
- Sela: 1 Pet 4:13 en 1 Kor 10:13. Deel met jou vrees rondom die gemeenskap aan Sy lyding.
- Lees: Rig 21; Ps 111; Hand 21
- Memoriseer: Ps 111:10a
- Vir dieper delf: Lees Dietrich Bonhoeffer se klassieke teks: The cost of discipleship.