
“‘n erfdeel … in die koninkryk van Christus”
(Efes. 5:5, OAV)
Enkele historiese aspekte rondom die tipologiese betekenis van die berg Karmel vir ons as eietydse gelowiges wat op dié berg gebring word om ons geestelike mantel te laat bevestig.
Die allereerste plek waar ‘n woord voorkom, is dikwels van groot beskrywende belang. Daar word die eerste keer van Karmel in die Bybel in Jos. 12:22 gelees, waar verwys word na
“die koning van Jókneam, by die Karmel”. Die plek Jókneam op die berg Karmel dui volgens The Metaphysical Bible Dictionary etimologies op “let the people possess; possession of the people; foundation of the people”. Duidelik is Karmel ‘n korporatiewe ruimte waar die bewoners “‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus” (Efes. 5:5).
Brown-Driver-Brigg’s Hewbrew Definitions beskryf Jókneam soos volg: “a city of Canaan conquered by Joshua and in the territory of Zebulun but allotted to the Merarite Levites and located Mount Carmel”. Let op: ie merkers van hierdie plek in die gees:
- dit is in die derde dimensie (Kanaän);
- dit is verkry deur die besitname van Jesus (Josua);
- dit is ‘n “habitation”, a close space in which someone resides (Sébulon – sien ook Jos. 19:11);
- dit is die erfdeel van priesters (Leviete), hier spesifiek “’n koninklike priesterdom” (1 Pet. 1:23), omdat dit in die derde dimensie is en Merari ‘n hoëpriester was (1 Kron. 6:1, GNT). (Si ook Jos. 21:34).
Lees ‘n mens nou op plaasvervangende simboliese wyse hierdie eerste verwysing na “Jókneam, by die Karmel”, dan lees dit: “foundation of the Bride in the garden”! Soos die eerste mense in die paradys die fondasie van menswees in die vlees ontvang het, so het God se “eersgeborenes” in die gees, “die gemeente van die eersgeborenes” (Heb. 12:23), toegerus met fondasie van menswees in die gees! Lees hoe die volgende twee Skrifte dit verduidelik:
- “So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.” (1 Kor. 15:45)
- “Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.” (1 Kor. 15:47).
Hitshcock’s Bible Names gee die volgende verklaring van die naam Karmel, alhoewel sonder enige verduideliking, maar dit is desnieteenstaande besonder veelseggend: “circumcised lamb; harvest; full of ears of corn”. Sela!
- Sela: Is jou fondasie in Christus vasgelê (2 Tim. 2:19).
- Lees: 7-8
- Memoriseer: 7:47-48
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Practising the Presence of God: die ruimte wat jy in God leer bewoon