“Begryp u iets van die gesweef van die wolke …?”
(Job 37:16, OAV)
Die vorige Manna het afgesluit met Op. 2:7 – “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.” In Op. 21 word die Bruid van Christus voorgestel as ‘n stad, die nuwe Jerusalem (kyk vers 2 en 9 veral), en die res van die hoofstuk beskryf haar in simboliese terme. Die nuwe Jerusalem is dus “a people” en nie ‘n geografiese plek nie. In Op. 22 word die funksionering van hierdie stad in terme van Jesus die VerlosserGod verduidelik en twee spesifieke verse is hier nou van belang:
- Vers 2: “In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.”
- En vers 14: “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.”
Hierdie Skrifte maak dit dan vir ons baie duidelik waar Jesus was ná sy sterwe – Hy is opgeneem in die geestelike realm, ook genoem boesem van Abraham (kyk Dag 578-580, Dag 581-583 en Dag 785-7857), paradys, tuin van Eden, of dan: derde dimensie. Soos wat Jesus as die Boom van die Lewe dáár is, is daar ook ander “geeste van die volmaakte regverdiges” (Heb. 12:23), nes ook in die tuin van Eden indertyd in Génesis (kyk Gen. 2:9 & 16). Jesus en elkeen wat in Christus gesterf het in die Ou Testament (kyk Dag Dag 504-505, Dag 578-580, veral Dag 967 en Dag 1095) is in hierdie (vir die mens) onsienlike realm, behalwe as God toelaat dat die geestelike oë van verstand verlig word). Die term wat dit omvat, is wolk van getuies (Heb. 12:1).
Soos Jesus in die voorafdemonstrasie van sy latere staat van transisie op die berg van verheerliking gedemonstreer het, is Hy deur ‘n wolk “overshadow” (Matt. 17:5, ASV). Dieselfde gebeurtenis uit die oogpunt van Luk. 9:34-35, ASV) waar dit soos volg beskryf word: “here came a cloud, and overshadowed them: and they feared as they entered into the cloud. And a voice came out of the cloud, saying, This is my Son, my chosen: hear ye him.” God was onteenseglik in die wolk, soos Jes. 19:1, DRB) profeteer: “the Lord will ascend upon a swift cloud”. Mark. 9:8 (ASV), wat ook ‘n weergawe bied van die verheerliking op die berg, wys uit dat almal in die geselskap, lewend (soos Jesus en die drie dissipels) én fisies nie-lewend (soos Moses en Elia) prototipies deur die wolk “oordek” is, meer korrek: deel van die wolk van getuies geword het: “And suddenly looking round about, they saw no one any more, save Jesus only with themselves.”
Jesus entered into the cloud ná sy sterwe aan die kruis.
Soos Elia en Henog is Jesus opgeneem in hierdie groot “wolk van getuies”, ook genoem boesem van Abraham, paradys, tuin van Eden, derde dimensie, of dan: die wolk van getuies.
Letterlik en figuurlik is Jesus versamel by die vaders wat Hom vooruitgegaan het (Rigt. 2:10; 2 Kon 22:20), dié wat lewend ‘n transisie beleef het (Henog en Elia), én die wat gesterf het (soos Moses en Elisa) in “sy ligtende wolk” (Job 37:11) – “the cloud of his lightning” (ACV), “Yea, by filling He doth press out a cloud, Scatter a cloud doth His light.” (YLT).
Soos in die woestyn, was “die heerlikheid van die HERE in die wolk” (Eks. 16:10); soos in die tabernakel en die ark van die getuienis, sê Hy nou ook: “Ek verskyn in die wolk” (Lev. 16:2); soos Moses gebid het in Num. 14:14: “Hulle het gehoor dat U, HERE, in die midde van hierdie volk is; dat U, HERE, duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en U in ‘n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in ‘n vuurkolom by nag.” Weliswaar – “Wolke is ‘n bedekking vir Hom” (Job 22:14). Ps. 104:3 stel dit onomwonde: “die wolke (is) sy wa”! Al steek Hy Hom daarin weg, verduidelik Jeremia in Klaagl. 3:44: “U het Uself in ‘n wolk gehul”.
Job het veel van die wolk van getuies verstaan. In hoofstuk 38 en vers 36 maak hy in ‘n retoriese vraag hierdie gelykstelling: “Wie het wysheid neergelê in die wolke?” Ons weet volgens 1 Kor. 1:24 dat Christus is die wysheid van God, dus word die Christus ook “neergelê” of gevestig in die wolk van getuienis! Ook Dawid het veel van die wolk van getuies verstaan – in Ps. 68:34 praat hy van God se “sterkte in die wolke”. Eweneens weet ons uit 1 Kor. 1:24 dat Christus is die sterkte of krag van God, dus word die Christus neergelê of gevestig in die wolk van getuienis! [Sien die ABP-vertaling wat “sterkte” vertaal met “dunamis” (krag).] Hoe allerheerlik word dit dan nie profeties uitgespel in Jes. 4:5 nie – “die HERE (skep) oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms ‘n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ‘n beskutting wees.” Sion is die geestelike woonplek van die Bruid, nóg ‘n naam van boesem van Abraham paradys, tuin van Eden, derde hemel of dimensie, of dan: wolk van getuienis! Dis duidelik nie ‘n fisiese ruimte nie, hoogstens ‘n bewussynstaat, ‘n geestelike posisie in Christus, “die huis van my Vader (met die) baie wonings” (Joh. 14:2)!
As die profeet Esegiël (1:4) ‘n visioen van die prototipiese Bruid sien, is dít onteenseglik in wolke gehul: “Toe het ek gekyk—en daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.” Ook in die profeet Daniël (7:13) se naggesigte het hy die herrese Jesus die Christus só beskryf: “met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.” Die “hulle” vereis meer as net “die Seun van die mens” (= Jesus – 86 keer in die Nuwe Testament só gebruik om Hom te benoem)., duidelik die “bewoners” van die wolk ook! Dus, soos Op. 1:7 sê: “Kyk, Hy kom met die wolke.”
[In hierdie lig is dit ook des te meer duidelik dat 1 Thes. 4:17 nie dui op ‘n wegraping nie, maar ‘n eenword/”translation” tot die derde dimensie: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.”]
Om hierdie rede kon Jesus ná die kruisiging, tot en met sy hemelvaartopstanding aan verskeie gekose mense verskyn – Hand. 1:3 spel dit uit: “ná sy lyde, (het Hy) Hom lewend vertoon”. Die New Century Version stel dit mooi: “After his death, he showed himself to them and proved in many ways that he was alive.” Hy was nie heeltyd vir almal sigbaar nie, soos die mooi verhaal van die Émmaüsgangers uitspel: “hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie” (Luk. 24:16). Later, in vers 31, word berig: “Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.”
- Sela: Begryp u iets van die gesweef van die wolke?
- Lees: 1-11
- Memoriseer: 2:17.
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Woorde onderweg met die wolk van getuies