“Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel”
(Rom. 11:5, OAV)
Elia se kristallisasie van sy roeping en verkiesing IN hom moes noodwendig deur geestelike isolasie kom. Hy spel in 1 Kon. 18:19 uit: “Ek het alleen oorgebly as profeet van die HERE …” Later, op twee plekke, stel hy dit in sterker terme: “Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het, en hulle soek my lewe om dit weg te neem.” (1 Kon. 19:10 & 14).
Die simboliek van die swaard is veral veelseggend, want dit dui daarop dat die teenstanders se “swaard van die gees, die (rhema)-woord van God” (Ef. 6:17) gebruik word to cut him down to size. Daar is kere dat God broers en huisgenote in die geloof se identiteit in Christus gebruik om hul broer in die geloof te ‘sny’ (Rom. 15:14; Kol. 3:16; 3:13 & 10:25). Dit lei tot die sterf in die self, en is dikwels uiteraard onaangenaam.
In antwoord op Elia se klag dat hy nou alleen is, antwoord God hom nie op ‘n kragdadige manier deur wind, aardbewings, vuur (alles tipologies in die Nuwe Verbond) nie, maar in sy gees, in “die gesuis van ‘n sagte koelte” (1 Kon. 19:11-12), nes met Mens in die Tuin van Eden (Gen. 3:10). Deel van wat hy dan by God hoor, is dat God verantwoordelik is van hierdie afsonderingspad van heiligmaking, en dat Elia nie die enigste een is wat dit deurgaan of al deurgegaan het nie. “I have reserved [for me] seven thousand in Israel, all the knees which have not bowed to Baal, and every mouth which has not kissed him” (1 Kon. 19:18, ACV).
Sewe is die getal van ewige, perpetuele voltooiing. Duisend is die getal van die volvoering van God se belofte oor ‘n duisend geslagte (Deut. 7:9; 1 Kron. 16:15). Deur al die eeue, sê God, is daar ‘n oorblyfsel wat die getuienis dra van my raadsplan op aarde. Jou hoë roeping en verkiesing, Elia, soos Dawid, “who served his own generation in the plan of God” (Hand. 13:36, ACV), is deel van ‘n getuienis deur die eeue van God se voltrekkende agenda. Ek het jou tyd en plek bepaal (Hand. 17:26) sodat jy My kan soek, aanraak en vind (vers 27). Die kulminering hiervan kan jy net in die volvoering van jou persoonlike roeping en verkiesing ervaar. Jy sal soos Jesus aan die einde van jou lewe moet kan sê: “Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.” (Joh. 17:4).
Dit is dan baie interessant as Paulus in Rom. 11:3-5 hierdie woorde van Elia gebruik om iets rondom die begrip van die oorblyfsel te verduidelik: “Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe! Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.” Wat presies beteken die begrip “die oorblyfsel” of remnant?
- Sela: Wat presies beteken die begrip “die oorblyfsel” of remnant vir jou?
- Lees: 26-27; Matt. 7
- Memoriseer: 7:1
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Die 144 000. Is jy deel van die Oorblyfsel?