Dag 1177

 

“die God wat met vuur antwoord …”

(1 Kon. 18:24, OAV)

Alhoewel die Bruid “wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie” (2 Kor. 5:7), kom daar ’n tyd wat die outoriteitsmantel van die gelowige aan die werklikheid getoets word. Elia spel die voorwaarde van die konfrontasie tussen hom en die Baälprofete soos volg uit in 1 Kon. 18:23-24: “Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie. Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.”

Die showdown wat Elia voorstel is nie sonder historiese presedent nie. In Lev. 9:23-24 lees ons byvoorbeeld die volgende: “Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn, vuur het van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.” Maar dit was nie die hoofrede hoekom Elia dit voorgestel het nie. Benewens bekend as die fertiliteitsgod (ook derhalwe die een wat die reën op aarde bring), is Baäl ook bekend as die god van die weerlig (The Bible Knowledge Commentary), en uiteraard sal dit vir die Baälaanbidders meer aanvaarbaar wees! Hulle het egter nie rekening gehou met die feit dat

“onse God is ‘n verterende vuur” (Heb. 12:29) nie!

Ons moet dit egter in Nuwe-Testamentiese konteks verstaan, en hiermee bied ’n voetnota oor hierdie gedeelte in John Darby’s Synopsis ’n raak opsomming: “Let us remark here that this book gives us, as a solemn and positive declaration of the prophet’s, that which we know from James’s testimony to have been an answer to the prayer of a man like ourselves. This is the history of all true spiritual energy. It appears to man as a simple action, accompanied with more or less demonstration on God’s part, and as a proof of the authority and spiritual power of the man who performs it; and so it is. But at the same time, in fact, all these things flow from the energy of divine life, and from communion with God; they are its expression and its fruit, but in power exercised on God’s part.”

Rom.5:10 stel dat ons versoen is met God deur die dood van Jesus, maar dat ons nou in elke situasie “deur sy lewe gered word”! Jesus is nié net die Weg (eerste dimensie) en die Waarheid (tweede dimensie) nie – Hy is volgens Joh. 14:6 ook die Lewe (derde dimensie). Ons leef deur SÝ lewe wat in ons “the energy of divine life” word!

Elia vra van God ’n teofanie (gaan lees weer Manna Dag 663-664), ’n Godsverskyning. Waarop sal die bul op die altaar tipologies kan dui? In die volgende Manna sal ons dit deurtrap.

  • Sela: Verstaan Rom. 5:10 (lees ook hiermee saam Kol. 3:3-4)
  • Lees: 32-33; Matt. 11; Ps. 131
  • Memoriseer: 11:11
  • Delf dieper: Luister na die cd-lering van Saar Zaayman: “Totdat ons almal kom tot die Mate van die Volle Grootte van Christus”