“(God’s) Master Plan is announced in our original identity …”
(Rom. 8:28b, MB)
Ons het van Manna Dag 1181 ‘n afdraaipaadjie geneem van die lering van die geestelike mantels om te fokus op die begrip ‘vergeet’ en die komplement daarvan, ‘onthou’. Dit is voorgehou as ’n kompletêre paar wat enorm vooropgestel is in die totale boodskap van die Bybel. Ons wil vir ’n wyle steeds fokus op hierdie belangrike begrippepaar, omdat dit vir ons veel sal openbaar van roeping, mantels, geestelike outoriteit, en die onthou van die voortyd. Godvergeters onthou nie hul oorsprong in die voortyd, of ander realiteit, nie – hulle hoor nie “die roeping waarmee (h)ulle geroep is” (Efes. 4:1) nie. Onthou – roeping is die voltooiing, die vervolmaking, die voltrekking, die vervulling, God se begeerde einddoel van wie jy in die voortyd was, of dan: reeds in die ander realiteit (waar daar nie tyd is nie) is! Rom. 8:30 stel dit raak: “die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep”. Elke wedergeborene is dus “gered en geroep … met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme n genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is” (2 Tim. 1:9). Daarom sê Paulus in 1 Kor. 7:17 – “Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het” en in vers 20: “Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.”
Die uitsonderlike vertaling van Rom. 8:28b-30a in die Mirror Bible verduidelik dit onverbeterlik: “(God’s) Master Plan is announced in our original identity. He pre-designed and engineered us from the start to be jointly fashioned in the same mold and image of his Son according to the exact blueprint of his thought. We see the original and intended pattern of our lives preserved in his Son. He is the firstborn from the same womb that reveals our genesis. He confirms that we we are the invention of God. Jesus reveals that man pre-existed in God; He defines us.”
Hierdie verstaan van ‘roeping’ impliseer dan ook noodwendig dat daar ‘n Roeper is wat die mens roep om tot sy voltooiing te kom deur te antwoord op die Roepstem. Onthou jy die ou Hallelujaliedjie: “Saggies en teer is die roepstem van Jesus. Hy roep: O sondaar, kom tuis!” Dit is nie ‘n oproep tot die ongeredde mens nie, maar tot die wedergeborene dat hy nie langer sy merk mis as sondaar nie, maar sy posisie in Christus opneem.
Die verhaal van Simson in Rigt. 15 illustreer dit tipologies baie mooi. Ons lees in vers 15 Simson het gaan bly “in die rotskloof van Etam”, waar die manne van Juda hom gaan uitsnuffel het om aan die Filistyne oor te lewer. Die ABP-vertaling hou dit voor as “a hole in the rock”, wat duidelik Simson se lewe IN CHRISTUS die Rots impliseer. Met sy toestemming bind hulle hom en “bring hom op uit die rots” (vers 13). Toe hy kom by Legi (wat interessant genoeg in Hebreeus beteken: ‘kakebeen’), toe die Filistyne hom tegemoetkom, word die Gees van God oor hom vaardig, gryp hy ‘n donkiekakebeen wat daar lê en verslaan daarmee ‘n duisend man van sy teenstanders.
Dit val op dat die ruimte waar dit plaasvind reeds gepredestineer is deur die naam of identiteit van Simson se verlossing te dra – kakebeen. Hier spesifiek is dit ‘n donkiekakebeen. Laat ons ‘n oomblik stilstaan by die simboliese betekenis van die donkie in die Skrif.
Daar is ‘n menigvuldige voorkoms van die wonderlike donkie in die Bybel, met die spesifieke doel om enersyds rykdom te illustreer (bv. Gen. 12:16; 32:15; 45:23; 49:11; Job 1:3 en 14), en andersyds as die tradisionele voorbeeld van die lasdier (“beast of burden”), soos dit in 2 Pet. 2:16 genoem word..
In 1 Kon. 1:33-4 ry Salomo op ‘n donkie van Dawid op pad na Gihon om as koning gesalf te word (kyk ook 2 Sam. 13:19; 19:26), wat dié aksie dan gelykstel aan koninklike status, soos dit byvoorbeeld ook in die koninklike argiewe van Mari asook die klassieke Sumeriese teks Gilgamesh en Agga voorgehou word, naamlik dat die seuns van konings op donkies ry. (Eweneens ook op rigters van toepassing – kyk Rigt. 10:4 en12:4.) Maar dit is hoofsaaklik Sag. 9:9 wat die profetiese grondslag van die donkie as koninklike vaartuig lê: “Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel—op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.” In Matt. 21:5 en Joh. 12:15 word die profetiese vervulling hiervan berig – die intog van Jesus in Jerusalem op die rug van ‘n donkie. Soos sy tipologiese voorganger, Moses, wat ook op ‘n donkie gery het (Eks. 4:20), dui dit ook op albei se karakteristieke nederigheid. Nog ‘n Skrif wat hiermee verband hou, is 1 Sam. 10:1-9, Samuel se profesie wat heenwys na die esels wat gevind sal word, en verband hou met die koningskap van Saul, wat op sy beurt weer gekoppel kan word aan Jakob se profesie oor Juda (die stam waaruit Jesus gekom het): “Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees. Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok.” (Gen. 49:10-11). Hierdie wingerdstok is duidelik die Christus (Joh. 15).
Ná Simson se oorwinning oor die vyand van duisend man spel hy die rede vir die oorwinning in Rigt. 15:16 uit – “En Simson het gesê: Met ‘n eselskakebeen het ek een klomp, twee klompe, met ‘n eselskakebeen het ek duisend man verslaan.” Ons lees dan in die volgende vers: “En toe hy klaar gespreek het, gooi hy die kakebeen uit sy hand en noem dié plek Kakebeenshoogte. Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val? Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is.”
God antwoord Simson deur ‘n bonatuurlike gebeurtenis – anders as wat die meeste vertalings skryf, laat God water uitvloei uit die kakebeen! Die CAB vertaal dit soos volg: “And God broke open a hollow place in the jaw, and there came out water …” Dit het sy gees verkwik, baie soos Jesus dit in Joh. 4:14 dit voorgehou het: “elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe”.
Wat egter nou ‘n baie interessante linguistiese kinkel in die kabel is, is dat Simson die plek Dan Ramathlehi noem, wat volgens Easton’s Bible Dictionary beteken: “Ramah of Lehi”, of dan: “height of the jawbone”. Let op dat die ooreenkoms Hebreeuse ramah en die Griekse rhema, veral omdat laasgenoemde ook met taal/klank-identiteit in die hoogte (= geestelike realm, derde dimensie) te doen het. Die enigste dier wat ná die sondeval kon gepraat het, was die donkie (Num. 22:22-33). Die donkiekakebeen sou dan gemaklik simbool kon wees van Simson se rhema-woord, sy uniek-eie identiteit in Christus, sý indertydse “swaard van die gees” (Efes. 6:17), sý rhema-woord wat God se “Master Plan … in our original identity” aankondig! Dááruit, from out of the innermost being of the jawbone vloei sy oorspronklike identiteit.
- Sela: Wat onthou jy van jou Goddelike oer-identiteit?
- Lees: 47-49; Matt. 21-22
- Memoriseer: 49:10-11 (wat ‘n heerlike sinchronisiteit!)
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Die Kameel en die Donkiekakebeen – Onderweg na die Derde Dimensie