Dag 119

 

“U woord is die waarheid …”  (Joh 17:17, OAV)

Die Bybel is bepaald die mees gewilde, enigmatiese, kontroversiële, fassinerende en tydlose boek wat seker bestaan. Dit verskil van alle ander boeke in baie opsigte, maar die belangrikste aanspraak is dat dit die onomwonde aanname maak dat dit, en dit alleen, die unieke en gesagshebbende openbaring van God aan die mens in geskrewe vorm is. Dit maak ‘n skaamtelose proklamasie dat dit alhoewel dit vol is van menslike vingerafdrukke, die woorde uit die mond van God kom – “all Scripture is God-breathed” (2 Tim 3:16a, ALT). Hierdie groot verskeidenheid skrywers (sommige selfs onbekend), wat die woord van God op hulle tong gehad het (2 Sam 23:2), hulle aan wie “die woorde van God toevertrou is” (Rom 3:2), is vandag na duisende jare nog “lewendig en kragtig” (Heb 4:12). 

In ‘n eietydse poëtiese parafrase van Ps 119: 6-10 word die tydloosheid en waarde van die Woord van God soos volg in The Message besing: “God’s Word vaults across the skies from sunrise to sunset, melting ice, scorching deserts, warming hearts to faith. The revelation of GOD is whole and pulls our lives together. The signposts of GOD are clear and point out the right road. The life-maps of GOD are right, showing the way to joy. The directions of GOD are plain and easy on the eyes. GOD’s reputation is twenty-four-carat gold, with a lifetime guarantee. The decisions of GOD are accurate down to the nth degree. God’s Word is better than a diamond!”

1 Kor 2:14 sê: “die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” Dit is ook veral ten opsigte van die aanvaarding van die Woord van God as ‘n Goddelike teks noodsaaklik dat dit net kan gebeur as dit dusdanig deur ‘n geestelike mens beoordeel word. Die geestelike mens sal sonder moeite, soos met alle geestelike dinge, dit in geloof aanvaar dat die Bybel ‘n manifestasie van God se soewereiniteit is. Webster’s Dictionary  verduidelik sovereign as: “Supreme in power; possessing supreme dominion; as a sovereign ruler of the universe.” Die soewereiniteit van God waarborg die akkuraatheid van Sy geskrewe Woord.

‘n Mens sou baie eksterne motiverings kon aanbied oor hoekom die Bybel die Woord van God is (soos byvoorbeeld Chapman doen in sy “hofsaak”-verslag: The case for Christianity), maar dit is myns insiens slegs nodig indien jy dit vir nie-gelowiges doen. Die oomblik as die Gees van God in jou is, begin jy hierdie boek van God as die Waarheid sien (Joh 14:17; 15:26). 

  • Sela: Is jy deur die Gees van God oortuig dat die Woord die waarheid is? Bid Ps 119:160 en Joh 17:17.
  • Lees: 1 Sam 4; Ps 119:121-176 ; Luk 1
  • Memoriseer:  Luk 1:17
  • Vir dieper delf: Probeer die boek van Colin Chapman hierbo kry en bestudeer.