
“die land Kanaän …, julle aangewese erfdeel”
(Ps. 105:11, OAV)
Terug na die verhaal in Gen. 32 wat lei to Jakob se naamsverandering, want daarin setel die belofte aan Elia, en aan ons. In vers 22 lees ons: “En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van die Jabbok getrek …”
Die naam van die plek wat God uitgekies het vir Jakob se diepste konfrontasie met sy vals self, is Jabbok, ‘n woord wat in die Hebreeus veelseggend beteken: the place of emptying. Alvorens ek en jy, en Jakob en Elia, die volheid van outoriteit kan verkry, moet ons deeglik gesuiwer en bevry word van alles wat nié God in ons is nie (1 Kor. 3:12-15).
Net ‘n paar algemene opmerkings oor hierdie appointed time.
Allereers – Jakob was nege-en-sewentig jaar oud toe hierdie lewensveranderende ervaring plaasgevind het. Toegegee – hy het 147 jaar oud geword, maar dit is nietemin absoluut verblydend om te sien dat daar selfs op ‘n ryper ouderdom so ‘n radikale omkeer in geestesidentiteit kan kom! Skep moed!
Tweedens – Let daarop dat Jakob volgens vers 22 sy hele trek laat oorgaan het oor die rivier, maar hy self het agtergebly in die delta tussen die twee riviere: “the wrestling occurred when Jacob was at the threshold of the land of promise, for the Jabbok River in Gilead flows into the Jordan River from the eastern frontier” (The Bible Knnowledge Commentary). Uit ‘n geografiese oogpunt vorm dit ‘n V-vormrige skede – simbolies vir Jakob se wedergeboorte. Derdens – Jakob moet descend in sy gebrokenheid en vals identiteit (dit is die betekenis van ‘Jordaan’), alvorens hy die nalatenskap van Gilead, a heap of testimony, kon verkry.
Vierdens – hierdie lokaliteit simboliseer die drumpel van die Ooste, die ander realiteit of dan: die derde dimensie. Ps. 105:10-11 beskryf dit dan soos volg: “wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ‘n ewige verbond, met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel”. Ons erfdeel, deel van ‘n ewige verbond, is om ons identiteit in die Christus te ontvang, en al die ander identiteite van die Christus deelagtig te word. Sela asseblief!
Vyfdens – dit is baie belangrik om te besef dat Jakob hier ‘n “ewige verbond” gaan sluit, soos Ps. 110:10 hierbo uitgespel het. Dawid besing hierdie verbond op sy sterfbed in 2 Sam. 23:5 pragtig soos volg, nadat hy die “God van Jakob” (vers 1) daarvoor dank: “Want is my huis nie so by God nie? Want Hy het ‘n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?” Let op – El Olam, hierdie “ewige God is ‘n woning, en onder—ewige arms” (Deut. 33:27). Dit is volgens die bevel van hierdie ewige God, spel Paulus in Rom.16:26 uit, dat ons as heidene tot die ewige verbond van Jakob behoort.
- Sela: Sela asseblief oor wat in die derde punt hierbo gevra word.
- Lees: 37-38; Ps. 96; 2 Kor. 5
- Memoriseer: 2 Kor. 5:1-2
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Izak van der Merwe: Die Ewige Verbond