“The LORD detests all the proud of heart.”
(Spr. 16:5, NIV)
In Spr. 6: 16-19 word die sewe dinge genoem wat die HERE haat en vir sy siel ‘n gruwel is, maar die nommer een aartssonde is “trotse oë”. John Gill se Exposition of the Entire Bible gee ‘n mooi verduideliking van die Bybelse reikwydste van hierdie uitdrukking: “A proud look … Or, ‘eyes elated’ … scorning to look down upon others; or looking upon them with disdain; or reckoning them as unworthy to be looked upon, having an high opinion of their own worth and merit. Pride is the first of the hateful things mentioned; it being the first sin committed, as is probable, the sin of the angels, and of the first man; and is a predominant evil in human nature, and is directly opposite to God and to his nature, and against which he sets himself; for ‘he resisteth the proud’, Jam. 4:6; the pride of the heart shows itself in the eyes, or by the looks of a man; Gersom says, the phrase denotes impudence and haughtiness …” Dehalwe word hierdie oortreding dikwels the original sin genoem.
Trots sluip ongesiens in die niksvermoedende hart in (Obad. 3) en besoedel die mens se totale uitkyk en funksionering. Tog ontlok dié bykans onsigbare toestand ‘n geweldige negatiewe reakie by God: “The LORD detests all the proud of heart.” (Spr. 16:5, NIV). Die Aramaic Bible in Plain English vertaal dit soos volg: “Everyone that is exalted in his heart is defiled before Lord Jehovah …” Daarom antwoord Hy, volgens Job 35:12, geensins as die trotsaards Hom aanroep nie,.
Die wortel van trots is eiegeregtigheid, en God haat alle eiegeregtigheid, want dit minag Hom “en sy geregtigheid” (Matt. 6:33) – “In his pride the wicked does not seek him; in all his thoughts there is no room for God.” (Ps. 104:4, NIVUK).
Trots is altyd op vergelyking van die een of ander aard gebaseer, en die trotse hart vind dan dikwels dat hy/sy in ‘n beter of belangriker posisie is as gevolg van een of ander attribuut wat hy/sy as vergelykingsmaatstaf gebruik. Paulus gee aan die gemeente in Galasië die volgende riglyn oor dié saak: “we will not compare ourselves with each other as if one of us were better and another worse” (Gal. 5:26, MSG).
Maak hierdie ‘n absolute beginsel in jou geestelike wandel. Dit is absoluut so dat daar altyd iemand slimmer is as jy, alhoewel daar gewis altyd iemand dommer as jy ook is. Jy kan miskien uitsonderlik mooi wees, of goed in sport, of met meer geld as iemand anders, maar daar is altyd ander wat mooier as jy is, beter in sport, en met meer geld. En dan is daar altyd mense wat veel minder as jy ontvang het! 1 Kor. 4:7 is altyd ‘n riglyn wat my geweldig nederig maak: “Want wie trek jou voor? En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?”
In die volgende Manna kyk ons na enkele voorbeelde van trots in bepaalde Bybelkarakters en God se hantering daarvan.
- Sela: Vergelyk jy jouself met ander mense?
- Lees: 6-7; 2 Kor. 9
- Memoriseer: 2 Kor. 9:6-7 (Wat is van jou waar?)
- Delf dieper: Lees C.S. Lewis se boek: Mere Christianity