Dag 1218

 

“you … will know beyond the shadow of a doubt …

the reality and not the illusion”

(1 Joh 5:13, MSG)

 

Die wortel van trots kan nagespeur word deur twaalf spesifieke vrugte – ons is tans daarmee besig en het in die vorige Mannas die eerste drie vrugte hanteer. Die vierde vrug is grootheidswaan.

Die begrip ‘grootheidswaan’ kom eintlik uit die psigologie en word gebruik as ‘n uiterste psigopatologiese toestand van abnormale of ongegronde mentale vemoë, veral ten opsigte van die oorskatting van die  belangrikheid van die self. By Christene hoef dit nie noodwendig ‘n psiglogiese toestand te wees nie, maar wisselende mates van selfverheffing en –koestering wat in absolute oortuiging beoefen word. Grootheidswaan staan in die omgang bekend as megalomania en word gekenmerk deur delusies van persoonlike geestelike gesag, oorskatte uitsonderlike vermoëns, rykdom, intellek, kennis, almag, seksuele vermoë, en so meer. Dit sluit ook aksies in van grandiose proporsie waartydens die persoon hom-/haarself as onaantasbaar en verhewe bo almal sien.

Ten grondslag van hierdie toestand lê dié vrug van trots, maar dit is die trots van delusie – eintlik ly die persoon aan ‘n absolute minderwaardigheid. Hierdie mense voel onbelangrik en dat hul weinig beteken. Die diepgang van hierdie magteloosheid van die self word dan gerig deur grootheidswaan as ‘n psigiese veredigingsmeganisme. Die megalomania sublimeer (of onderdruk) dan die minderwaardigheidskompleks. Die uiterste gevalle kan aanduidend wees van waanstoornis of selfs skisofrenie. In bepaalde gevalle neem hierdie persoon die identiteit aan van ‘n invloedryke persoon in die wêreld en/of in die geskiedenis, byvoorbeeld Napoleon of Jesus of Madonna.

Mense wat aan hierdie toestand ly, kom dikwels innemend en sjarmant voor, en vir die een of ander rede dwing hulle gewoonlik bewondering af as gevolg van ‘n spesifieke talent of vermoë, maar is só geobsedeer met hulleself dat dit naderhand vir die meeste ander mense ‘n irritasie word.

(Daar is in vorige Mannas al heelwat geskryf oor ‘n geestelike verbeeldingswêreld in die lewens van gelowiges – lees asseblief Manna Dag 32, 34-35, 490 en 496, want dit bied ‘n oorsig oor die skopus van hierdie probleem.)

Die gedeelte in 1 Joh. 2:16 handel spesifiek oor hierdie vrug: “For all that is in the world, the lust of the flesh, and the lust of the eyes, and the pride of life, is not of the Father, but is of the world.” Die oorsprong van grootheidswaan is ten diepste ‘n vleeslike kwessie, veral vleeslike onvergenoegdheid en gebrek, en dan kry die verbeelde wêreld in jou gestalte, en dit lei tot valse presupposisies oor jouself en jou vermoëns.

  • Sela: Is hierdie vrug dalk aanwesig in jou?
  • Lees: 19-21; 1 Joh. 2
  • Memoriseer: 1 Joh.. 2:18
  • Delf dieper: Lees Andrew Murray se Absolute Surrender