Dag 1219

 

“… do not be haughty in mind …”

(Rom. 12:16, NASB)

 

Die vyfde vrug van trots is hoogmoedigheid.

Baie van die vrugte lê baie naby aan mekaar, en dit is vir ‘n mens soms moeilik om hulle van mekaar te onderskei. Daar is egter nuanseverskille wat van groot belang is in die onderskeiding van elkander.

Hoogmoedigheid is ‘n baie beskrywende woord vir hierdie toestand vir trots – hulle kyk dikwels uit ‘n dizzy height na ander mense met “haughty eyes” (Spr. 6:17, NASB) omdat hulle hulself as maerder/meer suksesvol/slimmer/ryker, en so meer, ag, alhoewel dit nie noowendig altyd die ware toedrag van sake is nie. Rom. 12:16 (NASB)  stel egter die beginsel rondom hierdie saak aan die gelowige: “Be of the same mind toward one another; do not be haughty in mind, but associate with the lowly. Do not be wise in your own estimation.”

Kulturele gedetermineerdheid is dikwels ook ‘n aanduiding van ‘n onderliggende vrug van trots. Mans wat byvoorbeeld bevooroordeeld is teenoor vroue (of vice versa), wit mense wat bevooroordeeld is teenoor ander persone van kleur, Engelse wat agterdogtig is oor Afrikaners, heteroseksuele wat neersien op homoseksuele, ouer mense wat nie jong mense kan ag nie, en so meer, dra in hul hart ‘n vrug van trots.

Die hartstoestand van hoogmoedigheid is egter nie net noodwendig ‘n toestand van die natuurlike lewe nie – dit is bepaald ook ‘n ernstige toestand in die geestelike lewe van baie gelowiges. Daar is gelowiges wat neersien op ander gelowiges omdat hulle voel hulle het meer kennis, groter geestelikheid, groter gehoorsaamheid, ensovoorts en dít veroorsaak dat hul meer dink van hulself as wat hulle van ander dink. Gal. 6:3 bied die korrektief hier – “Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.”

Ook sekere gesindhede in die georganiseerde Christelike godsdiens dui onteenseglik op ‘n vrug van trots, byvoorbeeld negatiewe uitsprake oor ander geloofsgroepe, ‘n oortuiging dat ander nie dieselfde vlak van openbaringskennis het nie, en so meer.

Paulus pluis die saak mooi uit in Rom. 12:3 – “Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.” Die Amplified kontekstualiseer dit mooi: “For by the grace (unmerited favor of God) given to me I warn everyone among you not to estimate and think of himself more highly than he ought [not to have an exaggerated opinion of his own importance], but to rate his ability with sober judgment, each according to the degree of faith apportioned by God to him.”

Onthou: “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” (1 Pet. 5:5).

  • Sela: Is hierdie vrug dalk aanwesig in jou?
  • Lees: 22-23; 1 Joh. 3
  • Memoriseer: 1 Joh.. 3:9
  • Delf dieper: Lees C. J. Mahaney se boek Humility.