“ … alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.” (Kol 1:16b-17, OAV)
‘n Laaste opmerking oor Kol 1:15. As Paulus skryf: “Hy is die Beeld van die onsienlike God”, beteken die woordjie “Beeld” hier, sê Strongs, onder andere, “profile”, of “representation”. Thayer sê die grondbetekenis is “to be like”, met die verdere wortelbetekenis as: “to yield”! Hierin lê ‘n geweldige belangrike beginsel opgesluit ten opsigte van ons verhouding met die Woord van God. As Jesus die “representation” is, beteken dit Hy kon dit net wees omdat Hy ge-yield het. In vier belangrike gedeeltes in die boek Johannes gee die dissipel verslag van hoe Jesus tot God ge-yield het.
In Joh 5:19-20 staan daar: “Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so. Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.” Dus: die Seun yield tot alles wat Hy die Vader sien DOEN. (Sien ook Joh 4:34 en 14:31.)
In Joh 8:28-29 word die tweede faset hiervan gedemonstreer: “En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.” Dus: die Seun yield tot alles wat Hy die Vader hoor PRAAT, en dit is al wat Hy praat.
In Joh 15:9-10 word die derde manifestasie van die Seun se gewilligheid om Beeld van God te wees, verduidelik: “Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.” Dus: die Seun yield tot die demonstrasie van die liefde wat Hy by die Vader GESIEN het.
En laastens in Joh 18:11: “Toe sê Jesus vir Petrus: Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?” Dus: die Seun yield tot dit wat die Vader Hom VRA. In Heb 10: 6-7 sê Jesus: “Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.”
Ja, in die Boekrol sal jy die Jesus sien, hoor en doen en die Weg demonstreer. As jy waarlik beeld is wat na sy Beeld herskape is (Gen 1:26; 2 Kor 5:17), sal jy tot die totale Woord van God yield.
- Sela: Maak met God uit wat jy bereidheid is om te yield en só waarlik afskynsel van sy Beeld te word.
- Lees: 1 Sam 8; Ps 125 & 126 ; Luk 5
- Memoriseer: Ps 126:5-6
- Vir dieper delf: Lees hfst 3 & 6 van Grant R Jeffrey se boek The handwriting of God.