“So why all this self-pity, licking your wounds?”
(Jer. 30:15, MSG)
‘n Onverwagte vrug van trots, die twaalfde vrug, is selfbejammering.
In sy boek, The Dangerous Duty of Delight, maak John Piper die volgende opmerking wat hierdie verband uithef: “The nature and depth of human pride are illuminated by comparing boasting to self-pity. Both are manifestations of pride. Boasting is the response of pride to success. Self-pity is the response of pride to suffering. Boasting says, ‘I deserve admiration because I have achieved so much.’ Self-pity says, ‘I deserve admiration because I have suffered so much.’ Boasting is the voice of pride in the heart of the strong. Self-pity is the voice of pride in the heart of the weak. Boasting sounds self-sufficient. Self-pity sounds self-sacrificing.”
Die belangrikste rede waarom selfbejammering nie op die oog af met trots geassosieer word nie, is dat dit die indruk van behoeftigheid, by gebrek aan ‘n beter woord, skep. Selfbejammering lyk nie soos trots as dit voorkom asof die onderhawige persoon homself as ‘n slagoffer sien nie. Dit is trots wat die tenagekome persoon homself nié laat posisioneer as hulpeloos nie, maar as ‘n held. Piper slaan die spyker op die kop: “The need self-pity feels does not come from a sense of unworthiness, but from a sense of unrecognized worthiness. It is the response of unapplauded pride.”
Uit die selfgesentreerdheid van die mens is selfbejammering ‘n dodelike siekte – die mens, en veral die vleeslike mens, het ‘n onderliggende dryf om homself, sy ego en sy belange en regte te beskerm. As die mens nie sy sin kry nie, kry hy homself vreeslik jammer.
‘n Mooi voorbeeld uit die Skrifte is dié van koning Agab wat nie sy sin kon kry om Nabot se wingerd te koop nie. Die Message-vertaling van 1 Kon. 21:4 spel dit mooi soos volg uit: “Ahab went home in a black mood, sulking over Naboth the Jezreelite’s words, ‘I’ll never turn over my family inheritance to you.’ He went to bed, stuffed his face in his pillow, and refused to eat. ”
“n Mens sien nie altyd die ryk, jong man se reaksie in Matt. 19:21-22 as selfbejammering nie, maar dit was duidelik die geval: “Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad.” Gaan kyk ook na God se reaksie op sy seuns se selfbejammering: Moses (in Eks. 4:10-13), Jona (in 1:1-3, 10; 4:1-4, 8-11), Elia (1 Kon. 19:4-15); Job (10:1); en Dawid (Ps. 31:10; 42:6; 69:1-20). Ons hoef nie meer hieroor te sê nie.
Hiermee sluit ons dan die reeks van die vrugte van trots af.
- Sela: Ly jy aan selfbejammering?
- Lees: 23; Joh. 5
- Memoriseer: 5:25
- Delf dieper: Lees Anne Katherine se boek: When Misery is Company: End Self-Sabotage and Become Content .