“En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen,
sodat die heupbeen van Jakob uit
lit geraak het in die worsteling met Hom.”
(Gen. 32:25, OAV)
In die vorige Manna is uitvoerig geskryf oor die belangrike verband wat getref moet word tussen Elia en Jakob, waarop die profeet hom in 1 Kon. 18:31-32a beroep: “Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders tot wie die woord van die HERE gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees—en hy bou met die klippe ‘n altaar in die Naam van die HERE.” In die uitpluising daarvan het dit gelei tot die aartsvader Jakob se worsteling by die Jabbok, waar hy volgens Gen 32:28 geworstel het “met God en met die mense”.
Hierdie epogmakende gebeurtenis staan uit as een van die mees prominente gebeure in die ganse Bybelse geskiedenis. Daarbenewens sê John D. Caputo hieroor in sy boek: The Weakness of God: A Theology of the Event: “It is one of the most extensively interpreted texts—and yet we are no closer to a clear meaning than when it was first written thousands of years ago.”
In sy insiggewende artikel skryf Richard S. Ellis,: ‘A Little East of Jordan: Human-Divine Encounters’ (opgeneem in Emily Dickinson Journal, Vol. 8, No. 1, 1999, p. 46) soos volg daaroor: “the Torah regard the encounter at Peniel as marking a new chapter in God’s biography. In wrestling with Jacob, the omni-potent Deity of Genesis, the creator of heaven and earth, makes an extra-ordinarily intimate gesture. In portraying this unpredictable, radically new relationship and the changes that it generates in Jacob, the Torah explodes with paradox, wordplay, and shifts of perspective.”
A new chapter in God’s biography!
Dié verhaal vertel van Jakob se naams- en identiteitsverandering, maar bied ook aan elke individu in die Bruid vandag die tipologiese model om ‘n mantel van geestelike outoriteit te kan ontvang. Hieroor sê Sidney Greidanus in sy boek Preaching Christ from Genesis die volgende: “The prophet Hosea made reference in this reading to the remarkable incident in the life of Jacob, when he wrestled all night with an angel until God finally blessed him. The prophet gives a spiritual meaning to this event which had taken place a thousand years before his time. He exhorts the nation of Israel to follow the example of Jacob, their ancestral father, and have their own wrestling match with God; for they were in a greater danger than Jacob when he faced his brother Esau whom he shamefully mistreated. We learn from Hosea that this wrestling match with God was an experience to be imitated by future generations.”
Jakob leer tydens hierdie worstelstryd iets wat geen ander mens voor hom nog geleer het nie, en dit is iets van God se karakter, en derhalwe is dit iets van sy Naam wat die stand van toekomstige generasies kan verander! Al vra Jakob vir God-in-die-skyngestalte-van-‘n-Engel wat sy Naam is (Gen. 32:29), antwoord Hy hom nie sy vraag nie, maar seën hom eerder met die identiteit van daardie Naam. Om hierdie rede is dit ‘n motoriese moment in die geskiedenis van God, ‘n moment wat die res van die gebeure dramaties gaan beïnvloed – niks gaan daarna ooit weer dieselfde wees nie!
[Streng gesproke is die bewoording “die geskiedenis van God” ‘n kontradiksie in terme – God is immers ewig (Gen. 21:33), en het streng gesproke geen geskiedenis nie, maar hier word dit uiteraard beskou uit die mens se linieêre bewussyn van die ontvouing van tyd.]
Watter van die menigvuldige name van God het Jakob hier leer ken? Watter Naam van sy Redder en Verlosser, moes Jakob hier inworstel dat hy daardeur “die goddelike natuur” (2 Pet. 1:4) deelagtig kon word? Wat presies is hierdie “naam … bo elke naam” (Fil. 2:9)? Wat is hierdie “more excellent name” wat Hy geërf het (Heb. 1:4), wat só geheim is dat dit nie eens hier genoem word nie?
Daar is oneindige haarklowery oor die Name van God en Jesus, en die meeste argumente word gevoer op linguistiese getuienis, asook oor die moontlike afgodsverbande wat die meesgebruikte Name sou hê. Die Jode, ook verskeie Christene binne die Hebrew Roots Movement, maak byvoorbeeld groot gewag van die tetragrammaton, die Hebreeuse afkorting vir die Naam van YHWH (= Jehovah, gespel sonder die klinkers), ‘n woord wat volgens hulle nie uitgespreek mág word nie, en derhalwe só geskryf word.
‘n Bietjie konteks ten opsigte van God se Name is dalk nou hier nodig. Ongeveer 215 jaar ná Jakob se ervaring met die Engel vra Moses vir God ‘n vraag oor sy Naam: “Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.” (Eks. 3:13-15). Maar let op: “EK IS” is nie ‘n Naam nie, dis ‘n durende teenswoordige werkwoord, ‘n present continuous tense, dis ‘n OM TE WEES, in Duits byvoorbeeld: ZU ZEIN. Dáárom, net ‘n kort rukkie nadat God vir Moses hierdie openbaring gegee het, kwalifiseer Hy dit verder in Eks. 6:3 deur iets wat oënskoulik lyk na ‘n teenstelling van Eks. 6:13-15, maar duidelik nié is nie: “En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.” Duidelik kan ons sien dat God aan Jakob verskyn het as die ALMAGTIGE, alhoewel Hy nie sy Naam HERE, eintlik YHWH, “the existing One” (BDB), aan hom bekend gemaak het nie. Maar ons weet dat Hy sy wesensaard (= sy Naam: EK IS WAT EK IS) in Jakob ingestoei het!
Om hierdie rede kry ons die volle(r) verstaan van God Almagtig se Naam (= wesensaard) wanneer God se vermeerdering van Homself in Jesus plaasvind:
- “Ek is sagmoedig en nederig van hart …” (Matt. 11:29)
- “Ek is onder julle soos een wat dien.” (Luk. 22:27)
- “Ek is die brood van die lewe …” (Joh. 6:35)
- “Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.” (Joh. 6:41)
- “Ek is die lig van die wêreld …” (Joh. 8:12)
- “Ek is van bo …” (Joh. 8:23)
- “Ek is nie uit hierdie wêreld nie.” (Joh. 8:23)
- “Ek is die deur van die skape.” (Joh. 10:7)
- “Ek is die goeie herder.” (Joh. 10:11)
- “Ek is die opstanding en die lewe …” (Joh. 11:25)
- “Ek is die weg en (Ek is) die waarheid en (Ek is) die lewe …” (Joh. 14:6)
- “Ek is die ware wynstok …” (Joh. 15:1)
- “Ek is in hulle verheerlik …” (Joh. 17:10)
- “Ek is die Alfa en die Oméga, (Ek is) die begin en die einde …”, (Ek is) die eerste en die laaste …” (Op. 22:13)
- “Ek is die wortel en (Ek is) die geslag van Dawid, (Ek is) die blink môrester (Op. 22:16) [In die CAB-vertaling word die verskillende Identiteite in hierdie vers netjies onderskei: “I am the Root and the Stock of David, the Bright and Morning Star.”]
Daarom is dit dan so insiggewend dat toe Saulus van Tarsus, die een aan wie die geheimenis van die vermeerdering van God in Jesus en die vermeerdering in die Christus, “Christus in ons” (Kol. 1:27, ASV), toevertrou is, toe hy God ontmoet, en hy vra: “Wie is U, Here?”, is die antwoord: “Ek is Jesus …” (Hand. 9:5)!
Maar soos Petrus “die verborgenheid van Christus” (Kol. 4:3) duidelik verstaan het – “En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (Matt. 16:16), moes veral Paulus “die verborgenheid van Christus kon verstaan” (Efes. 3:4), want hy was die geroepe een om “die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is” (Rom. 16:25), te moes verkondig. Hy moes “die verborgenheid leer ken van God en die Vader en van Christus” (Kol. 2:2). [Sien asseblief raak: waarom word God en Vader hier só onderskei, as dit maar Een Persoon is, maar word daar ‘n gelykstelling van God/Vader met Christus gemaak? Dit het geweldige implikasies!]
Vroeër het Jesus die knaende vraag oor hierdie spesiale identiteit (of Naam) eweneens ten alle koste probeer vermy om ‘n direkte antwoord te gee of Hy wél die Christus is (Matt. 26:63: Luk. 9:20; 22:66-67; Joh. 4:29; 11:27), bes moontlik omdat Hy beslis geweet het dat Hy éérs moes sterf vóórdat Hy tot die Christus kon vermeerder (Joh. 12:24; 1 Kor. 15:36-38; Heb. 2:9-10; Jes. 53:10).
Maar 1 Joh. 5:1 maak hierdie ontsettend belangrike stelling: die openbaring dat Jesus die Christus is, is die voorwaarde tot die toetrede tot die koninkryk van God (Joh. 3:3 & 5): “Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore.” Daarom dat Paulus se ganse bediening daarop gerig was om “die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is” (Hand. 5:42). Immers, soos Petrus dit uitspel in Hand. 2:36 – “Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.” As die duiwels “Christus” dan as Naam geken het, soos Luk. 4:41 bewys: “En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was”, des te meer die Liggaam “wat die Naam van Christus noem” (2 Tim. 2:19)!
Terug nou by die eintlike saak waaroor ons dit in hierdie Manna het – Jakob het eintlik gestoei om die geheimenis van God se Naam te verkry, dié wesensaard van Sy karakter. Dit is ontsaglik waar wat Paul Ellingworth in sy artikel getiteld: ‘The Lord—The Final Judge of Functional Equivalence’ (in The Bible Translator 41.3, p. 347) skryf: “The mystery of God’s nature is not to be identified even with the Tetragrammaton itself, much less with the ancient Jewish reluctance to pronounce it, which in any case is totally irrelevant to a non-Hebrew-speaking non-Jew, whose linguistic and/or religious tradition knows no such reticence.”
. The mystery of God’s nature is wat Jakob gesoek het, en gekry het in ‘n stofgeveg met die Almagtige – ‘n onoorwinlike God wat bereid is om Homself te laat verloor sodat “the lowliest, weakest person will be … glorious … will be godlike” (Sag. 12:8, MSG). In hierdie “weakness of God” (1 Kor. 1:25, KJV) setel die grootste paradoks van hierdie vreemde God.
- Sela: Verstaan die belangrikheid van 2 Tim. 2:19.
- Lees: 30-32; Joh. 12-14
- Memoriseer: 14:20
- Delf dieper: Lees enige van die boeke of artikels hierbo genoem.