“En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige,
het aan my verskyn …”
(Gen. 48:3, OAV)
Steeds besig met die ontrafeling van Jakob se verkryging van ‘n goddelike natuur in Gen. 32. Hierdie epogmakende gebeurtenis waar Jakob met die Almagtige geworstel het, soos Jakob dit aan sy seun Josef verduidelik het (Gen. 48:3), staan uit as een van die mees prominente gebeure in die ganse Bybelse geskiedenis. Ons word verplig om saam met Job 21:15 (DRB) te probeer uitvind: “Who is the Almighty …?”
Ons het gesien dat dit een van die heel belangrikste happenings is in God se biografie – die insident waar God Almagtig Homself swak voorhou sodat sy seun Jakob in krag en outoriteit kan vermeerder! The mystery of God’s nature is wat Jakob gesoek het, en gekry het in ‘n stofgeveg met die Almagtige – ‘n onoorwinlike God wat alle krag en outoriteit besit, wat bereid is om Homself te laat verloor sodat “the lowliest, weakest person will be … glorious … will be godlike” (Sag. 12:8, MSG) . In hierdie “weakness of God” (1 Kor. 1:25, KJV) setel die grootste paradoks van hierdie vreemde God.
In hierdie Manna moet ons die diepgang van hierdie wesenseienskap van die Almagtige God probeer verstaan. Dis ook nie toevallig dat ons God hier spesifiek as Almagtig wil benoem nie. Die Free Dictionary verduidelik hierdie begrip soos volg: “Having absolute power; all-powerful: almighty God.” Die Collins English Dictionary verklaar dit voorts as: “having unlimited power; omnipotent, as God”.
In Hebreeus word hierdie Naam: “God Almagtig” vertaal as El Shaddai en kan dit breedweg kontkstueel omskryf word as “God, the All-powerful One” of spesifiek soos in Gen. 49:24 en Ps. 132:2 & 5“ as “die Magtige van Jakob”. Alhoewel die begrip “Almagtige” reeds vroeër gebruik is, is dit veelseggend dat hierdie titel spesifiek met betrekking tot Jakob gebruik word, wat bes moontlik ‘n heenwysing is na die stoeigeveg van die aartsvader met die Almagtige. Die titel dui op God se onbeperkte krag en mag oor alle dinge.
Die allereerste plek waar die titel van God voorkom, is in Gen. 17:1 – “Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.” Met só ‘n kensketsing van karakteraard is dit noodwendig dat hoe God in die res van die Bybel voorgehou word, alles kwalifiserend vir sy Almagtigheid is:
- Hy is “die Skepper van hemel en aarde” (Gen. 14:19)
- Hy is “(die Een) wat alle dinge gebou het” (Heb. 3:4)
- Hy is “die Koning van die hemel” (Dan. 4:37)
- Hy is “die God van alle vlees” (Jer. 32:27)
- Hy is “God wat alles doen” (Pred. 11:5)
- Hy is “die ewige God” (Gen. 21:33)
- Hy is “waarlik God, Hy is die lewende God en ‘n ewige Koning” (Jer. 10:10)
- Hy is “n Ewige God …, Skepper van die eindes van die aarde” (Jes. 48:28)
- Hy is “wys van hart en sterk van krag … Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn; wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril; wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter ‘n seël wegsluit; wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see; wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide; wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.” (Job 9:4-10)
- Hy “doen alles wat Hom behaag” (Ps. 115:3)
- Hy is “die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God” (Deut. 10:17)
Job 11:7 som dit alles op in die frase deur dit te noem: “die volmaaktheid van die Almagtige”. God se Almagtigheid, soos dit roemryk beskryf is hierbo, noop dan alle onderdane om ‘n posisie van onderdanigheid, submission, in te neem, omdat “die sterkte aan God behoort” (Ps. 62:11).:
- “aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid!”(Jud. 1:25).
- Dis dan ook te verstane dat Jesus in Matt. 6:13 gebid het: “Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.”
- Dit is eweneens wat die vier lewende wesens voor die troon van God bid: “U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.” (Op. 4:11)
- Maar Dawid het dit onvergeetlik só besing: “U sy geloofd, HERE, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid. Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles. En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.” ( 1 Kron. 29:10-12).
In hierdie lig gesien, is dit baie belangrik om te verstaan hoekom God Homself juis as die Almagtige voorhou in hierdie worstelgeveg met Jakob, met ander woorde as die Onoorwinlike Een, “the invincible Warrior” (Ps. 46:11, MSG), “terwyl Hy, vreemd genoeg, toelaat dat Hy oorwin word.
Om hierdie rede is die verband wat in Jer. 10:6 gelê word tussen enersyds die Naam/Name van God en andersyds sy almag van groot belang: “your name is great in mightiness”. Onthou – hierdie Naam, YHWH beteken volgens Theopedia “He causes to become”. Dus: die Almagtige veg met Jakob to cause him to become mighty! Maar al manier waarop hierdie krag op Jakob kan oorgaan, is as God swak word. Duidelik – as Hy swak is, is Hy eintlik sterk. EN DIT IS DIE GODDELIKE KARAKTEREIENSKAP WAT IN JAKOB INGEWORSTEL MOET WORD, MAAR OOK IN ELKE ANDER GELOWIGE (Hos. 12:4).
Maar steeds bly die vraag – hoekom só?
Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons vir ‘n oomblik kyk na die identiteit van die Engel wat met Jakob gestoei het “in sy manlike krag”, soos dit in Hos. 12:3 genoem word; voorts spel die profeet dit uit dat Jakob in der waarheid “met God geworstel” het. Die “Engel van die Here”, soos wat Hy dwarsdeur die Ou Testament genoem word, weet ons op hierdie stadium, is een van die pre-inkarnasiemanifestasies van Jesus, maar soos dit eksplisiet gemaak word in Hos. 12:3, is dit óók God! Inderdaad – “die HERE onse God is ‘n enige HERE” (Deut. 6:4).
Met dit as uitgangspunt verstaan ons dat Jesus onteenseglik ook God is, en derhalwe dan óók die Almagtige is, want “in him [Jesus] dwelleth all the fulness of the Godhead bodily” (Kol. 2:9, KJV). Sela! Op. 1:8 spel dit onteenseglik uit: “Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.”
Dus – Jesus dra óók die Naam: Almagtige. En dan maak die prentjie van Jakob se worsteling met die Almagtige skielik veel meer sin! Jesus se krag het gelê in die feit dat Hy homself vrywilliglik swak gemaak het. Onthou die treffende woorde van die ou liedjie van Michael Card: El Shaddai:
“Through the years you made it clear,
that the time of Christ was near,
But couldn’t see what Messiah ought to be.
And Though your word contained the plan,
they just would not understand,
Your most awesome work was done,
through the frailty of your Son.”
Die Engel wat bes moes gee in die stoeigeveg met Jakob was die volmaakte prototipe van wat Jesus, Seun van die Almagtige, én in alle opsigte Sélf Almagtig, aan die mensdom moes kom demonstreer – die krag setel in onderwerping, om die knie te buig, ontlediging, to pour out yourself (die Hebreeuse betekenis van Jabbok).
Uiteraard kon Jesus as die Seun van die Almagtige God ter enige tyd tydens sy aardse lydingpad Hom beroep het op magtige hemelse versterkings, legioene engele byvoorbeeld (Matt. 26:53), of Hy kon byvoorbeeld van die kruis afgegaan het sou Hy wou (Matt. 27:40), maar Hy het die wetmatigheid van krag in swakheid geken, en gekies. Fil 2:6-8 verduidelik hierdie gesindheid wat in Jesus Christus was – “Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.”
Hierin lê die krag van die kruis van Jesus. Dáárom word dit duidelik dat Jesus dit van sy volgelinge gevra het: “Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.” (Mark. 8:34b-35). Hierdie gesindheid sal lei tot die vervolmaking van God se oënskynlik omgekeerde logika, en die vervolmaking van “die krag van die Allerhoogste” (Luk. 1:35), dít wat tot die inkarnasie van Jesus gelei het, en uiteraard dan ook tot die inkarnasie van die Christus in my en jou wat bereid is om saam met Christus te sterf. Hoe treffend stel Heb. 5:8-9 dit nie: “ Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword.”
Na Jesus se keuse tot ontlediging, to be poured out, submission, totale gehoor-saamheid, word Fil. 2:9-11 verwerklik: “Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.”
Elkeen in die Bruid van Christus word geroep tot dieselfde ontlediging. Ons verkry die gesindheid deur – soos Jakob – met God te worstel tot gehoorsaamheid.
- Sela: Verduidelik aan iemand 2 Kor. 13:9
- Lees: 33-36; Joh. 15-17
- Memoriseer: 15:16
- Delf dieper: Lees J.I. Packer se boek: Knowing God