Dag 1247-1248

 

“As daar geroem moet word, sal ek in my swakhede roem.”

(2 Kor 11:30, AOV)

Ons is steeds besig om die aartsvader Jakob se verkryging van ‘n goddelike natuur in Gen. 32 te ondersoek, en het in die vorige Manna die epogmakende gebeurtenis waar Jakob met die Almagtige geworstel het in detail uitgepluis. Die belangrikheid van die Naam Almagtige het ons gelei tot wonderbaarlike openbaringe oor die wesensaard van God se karakter en hoe dit absoluut in Jesus gedemonstreer is, veral in Jesus se keuse tot ontlediging, to be poured out, Sy submission, Sy totale gehoorsaamheid – en dat Sy krag dan ironies genoeg juis dáárin lê.

Met dit as agtergrond, is Paulus se woorde in 2 Kor. 11:30 absoluut meer verstaanbaar: “As daar geroem moet word, sal ek in my swakhede roem.” Paulus was ‘n man met ‘n formidabele curriculum vitae – dit sou voorwaar enige Israeliet, of heiden as dit moet, beïndruk. In Rom. 11:1 spel hy uit hy is: “n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.” Dan vervolg hy in Fil. 3:4-6: “Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër; wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.” In Hand. 22:3 lig hy voorts toe: “Ek is ‘n Jood, gebore in Tarsus in Cilícië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamáliël, streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, ‘n yweraar vir God soos julle almal vandag is.”

Fausset’s Bible Dictionary sê van hom: “Thus the three elements of the world’s culture met in him: Roman citizenship, Grecian culture, Hebrew religion.” Sy belesenheid, kennis, openbaring en wysheid noop Deissmann, in sy uitstaande studie, St. Paul: A Study in Social and Religious History, om oorsigtelik te beoordeel dat Paulus “a religious genius” (p. 6) was.

Miskien moet ons net vir ’n wyle reflekteer oor die wonderteken van Paulus aan die kerk van die eeue, veral omdat ons ganse verstaan van die openbaring wie Jesus die Christus is die eerste keer eksplisiet aan Paulus gebied is (Efes. 3:3-5), die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is” (Rom. 16:25). Dit sal ons ook beter die gravitas van sy oortuiging oor homself laat verstaan, soos wat dit in die masskrif hierbo gebied is.

As Paulus tot sy verweer in Hand. 22:28 (Ampl.) dit uitspel: “I was born [Roman]!”, is dit ‘n aanduiding daarvan dat sy Romeinse burgerskap sy paspoort na die res van die wêreld was. Ramsay, in sy boek, St. Paul the Traveler, stel dit só: “Paul stood above the common herd. He ranked with the aristocracy in any provincial town.” (p. 31). In ‘n ander boek van Ramsay, Cities of St. Paul, verduidelik hy die belangrikheid van die stad Tarsus in die regeringstyd van Augustus toe Paulus daar studeer het, “the one example known in history of a state ruled by a university acting through its successive principals”. Hierdie spesifieke intellektuele klimaat wat Paulus as mens gevorm het, kon nét in Tarsus gekry word: “it was the one city which was suited by its equipoise between the Asiatic and the Western spirit to mold the character of the great Hellenist Jew” (p. 235). En voorts: as gevolg van die kosmopolitaanse kultuur van die stad en sy geamalgameerde samelewing “the city gave him a schooling in his social, political, intellectual, moral, and religious life …” Dit het meegebring dat die stad die baarmoeder kon wees “to educate and mold the mind of him who would in due time make the religion of the Jewish race intelligible to the Greek-Roman world” (p. 88). Meer as enige ander plek op die ganse aarde het Tarsus aan Paulus ‘n geïntegreerde blootstelling gegee wat hom ‘n wêreldburger sou laat word.

Volgens Deissmann, in sy boek: Light from the Ancient East, het Paulus Grieks as straattaal absoluut bemeester soos ‘n Griek, maar met ‘n akademiese allure wat miskien net die medikus Lukas en die onbekende skrywer van die Hebreërboek hom kon nadoen. “He has a poet’s mastery of language.” (p. 239).

Interessant dat Paulus duidelik ook ‘n onderbou van die filosofiese voorlopers van sy dag gehad het. Dr. James Adam, in sy The Religious Teachers of Greece, wys byvoorbeeld geloofwaardig “the real kinship of thought between Plato and Paul” (p. 360) uit. Daar is byvoorbeeld ook soveel ooreenkomste tussen Paulus en die filosoof Seneca in stelwyse en gedagtegang dat bepaalde kenners meen hul moes definitief saam oor dinge gedink het. (Sien byvoorbeeld Lightfoot se essay oor ‘St. Paul and Seneca’ in sy Commentary on Phillipians, en Alexander se Ethics of St. Paul, spesifiek pp. 49-55.)

Dit is nie nodig om akkolades oor Paulus te bring nie, maar samevattend kan twee uitsprake oor hierdie geestelike reus mooi saamvat wat hierbo gebied is. Garvie, in sy Studies in Paul and His Gospel, spel dit só uit: “He was a scholar, a sage, a statesman, a seer, a saint.” (p. 84). En dan Findlay, in sy Epistles of Paul the Apostle: “All these qualities and powers went to the making of Jesus Christ’s apostle to the nations, the master-builder of the universal church and of Christian theology.”

In die lig van dit alles is dit te verstane dat Paulus tereg kan sê dat hy “rede het om ook te vertrou op die vlees. As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer.” (Fil. 3:4). Maar hy kwalifiseer dit baie spesifiek in 1 Kor. 15:10 – “Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.”

Maar dan – spel hy uit in Fil. 3:7-9, dat hy alles “wat vir my wins was, dit het ek … skade geag”, en beskou hy dit as “drek”, “any refuse, as the excrement of animals, offscourings, rubbish, dregs … of things worthless and detestable” (Thayer); Job (20:7) sê drek vergaan vir ewig.

En dan, in 2 Kor 12:7-10, word die kruks van die oënskynlike dispariteit tussen Paulus se uitstekende getuigskrifte enersyds en sy skynbare loëning daarvan andersyds duidelik: “En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.”

Al het Paulus die suiwerste geloofsafstamming, die ongekontamineerde bloed, die regte geestelike asossiasies en openbare geloofwaardigheid, manjifiekste opleiding, al het hy in die keurigste teologiese, filosofiese en literêre dampkring geleef, hy ag dit alles absoluut waardeloos en nutteloos, omdat hy ‘n diepgrondige verstaan gehad het van Jakob se Jabbok, en Jesus se Getsémane, the place of emptying, the place of the oil press, en dít met alles wat hy is en was aangegryp het.

  • Sela: Verduidelik aan iemand 2 Kor. 13:9
  • Lees: 1-2; .Joh. 18-19; Ps. 22 [Interessant dat Joh. 18 se begin afspeel in Getsémane!]
  • Memoriseer: 19:11
  • Delf dieper: Luister na Louis Coetzee se cd-lering: Krag uit swakheid.