Dag 1249

 

“As daar geroem moet word, sal ek in my swakhede roem.”

(2 Kor 11:30, AOV)

 

“As daar geroem moet word,” sê Paulus in 2 Kor 11:30, “sal ek in my swakhede roem.” In die vorige Manna het dit vir ons duidelik geword dat daar in hierdie bereidheid om die knie te buig, to let go and let God, ‘n geestelike krag vrygestel word.

Die gedeelte in 2 Kor 12:7-10 wat in die vorige Manna aangehaal is, het egter ‘n geheimenis wat vra om verdere toeligting: “En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.”

[Die presiese aard en simboliese betekenis van die “boodskapper”, en die “doring in die vlees”, en wat dit beteken om “met die vuis” geslaan te word, sal ons eers later behandel.]

Paulus meen dat ‘die doring in die vlees’ oftewel swakheid, noodsaaklik geag word vir die vrystelling van die krag. Uit die aard van die saak is die spektrum van krag hierby ingesluit geweldig wyd, soos The Complete WordStudy Dictionary byvoorbeeld uitwys:  “Physical strength, mental or moral power as an endowment … to be healthy …  inherent power … the ability or capacity to perform … dominion … power in action … authority or the right to exercise power …”

Ons weet die Nuwe Testament is eksplisiet dat ons “sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom” (Hand. 1:8), maar die volgende drie verse (ook ander) wys onteenseglik uit dié krag setel in die openbaring van wie die Christus is:

  • “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.” (Rom. 1:16)
  • “maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God” (1 Kor 1:24)
  • “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (Fil. 4:13)

Is die Heilige Gees én die Christus albei die “krag van God”? Die antwoord lê in 2 Kor. 3:17-18: “  Die Here is die Gees … die Here wat die Gees is.” En natuurlik 1 Kor. 15:45 wat dit uitspel: “die laaste Adam  (is) ‘n lewendmakende Gees”! Die doping met Gees en die gepaardgaande (weder)koms van Jesus, of  éérder: koms/manifestasie (parousía), is die proses waardeur die Liggaam van Christus die krag van God bekom.

  • Sela: Verduidelik aan iemand die ontsettend belangrike laaste paragraaf. Bedink ook die
  • Lees: 3; Joh. 20; Ps. 133 [Absolute Goddelike sinchronisasie!]
  • Memoriseer: 133
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Maranata! Die misverstane Waarheid oor die     Wederkoms