“God is the ultimate architect …”
(Heb. 3:4, MB)
Vir die volgende klompie Mannas gaan ons net eers die Nuwe Jerusalem verken in ‘n simboliese stadsbegeleiding.
Ons het telkemale reeds gewys daarop dat God besig is om ‘n “koninklike priesterdom” (1 Pet. 2:9) op te rig, nou reeds, sodat hulle as konings en priesters op die aarde kan heers (Op. 5:10). Hulle is diégene wat die eerste opstanding uit die dood ervaar het terwyl hul nog in die vlees lewe, met ander woorde nie fisies gesterf het nie! As Johannes hierdie groepering mense beskryf (wat ons kortweg kan tipeer as die Bruid), sien hy hulle in Op. 20:4 só: “En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, … en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus …”
Die simboliese onthoofdes sal met Christus regeer, ja, hulle wat in die spoor gevolg het van die eerste prototipe van die Nuwe Verbond (Matt. 11:11), Johannes die Doper, wat sy hoof moes verloor (Matt. 14:8-10) sodat Jesus sy hoof kon word (Ef. 1:10; 4:15)! Daarom sal elkeen wat deur hierdie opstanding uit die dode gaan (nog in hierdie aardse bedeling terwyl hul in die lewe is), “die beeld van die hemelse dra”. 1 Kor 15:49 spel dit netjies uit: “En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.” Vers 48 maak dit onteenseglik duidelik: “Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.” Daar is dus “hemelse mense” op aarde wat reeds gekom het by die “hemelse Jerusalem” (Heb. 12:22). Trouens, beter gestel – hulle het nie net by die stad gekom nie; hulle IS die stad. Die Bruid is die woonplek of “abode” of tabernakel (Joh. 1:14, YLT) van God op aarde, ‘n stad vol van “die volheid van God” (Ef. 3:19), die Liggaam van Christus (1 Kor. 12:27), die vrou van die Lam (Op. 19:7; 21:9) met ‘n goddelike natuur (2 Pet. 1:4), “gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees” (Ef. 2: 20-22). Die Christus is die Bloudruk van alle geskape dinge.
Hier word dit eksplisiet uitgespel – die Bruid is ‘n woning van God in die Gees. Dan sê Heb. 3:4 & 6 (MB): “Every house is an expression of someone’s design. (Here) God is the ultimate architect … Christ is in charge of his household …” As hierdie gebou dan “goed saamgevoeg” (Ps. 122:3; Ef. 2:21; 4:16) is, beteken dit ons moet tot “die mate van die volle grootte van Christus” (Ef. 4:13) inmekaar gevoeg word. We need to be “moved to perfection” (Heb. 6:1, CAB). Hóé dit gebou is/word, is ons volgende fokus.
- Sela: Wat beteken die stelling: Die Christus is die Bloudruk van alle geskape dinge.
- Lees: 19-20; Spr. 8; Ps. 128
- Memoriseer: 8:30-31 (wat ‘n heerlike sinchronisasie!)
- Delf dieper: Luister na Briers Uys se cd-lering: Die Opbou van die Geliefde deur Lewende Stene