Dag 1263-1264

 

“Ek (sal) jou neem, Serubbábel, … en jou maak tot

‘n seëlring, want jou het Ek verkies …”

(Hag. 2:23, OAV)

Ons is steeds besig met die agtste manifestasiekenmerk van die gees van Serubbábel. Hoekom word die uitverkore Bruid (hier verteenwoordig deur Juda, teenoor Israel, wat die Kerk verteenwoordig) dan so wisselend aanvaar en verwerp? Hoekom word die seëlring hier so wisselend aan die Bruid se vinger gesit, dan afgeruk, dan aangesit, dan afgehaal?

In die vorige Manna is uitgewys dat die seëlring dui op intimiteit (Hoogl. 8:6) en geestelike outoriteit, of die reg tot heerskappy, of dan: koninklike prerogatief, regte en voorregte (Gen. 38:25; 41:42; Ester 3:10 & 12; 8:2, 8 & 10).

Volgens Eseg. 28:12 is die seëlring ook die simboliese konkretisering van eweredigheid, volledige wysheid en volmaakte skoonheid. Die woordjie “seëlring” word in verskeie vertalings, byvoorbeeld die OAV en die NET, só vertaal, maar dis net ‘n afleiding van die simboliese kwaliteite wat die “finished proportions” (Rotherham) of die “full measure and pattern of exactness [giving the finishing touch to all that constitutes completeness]” (AMP) voorstel. Op die keper beskou, is hierdie spesifieke bewoording geweldig belangrik vir die onderwerp wat ons hier moet dek.

As  Ef. 4:13 voorhou dat die Bruid “die mate van die volle grootte van Christus” moet verkry om te doen waartoe elkeen geroep is, is daar ‘n bepaalde maat of “finished proportions” waartoe elkeen geroep is sodat die korporatiewe Christus “complete” kan word. Daar is aan elkeen in die Bruid “‘n maat toebedeel” (2 Kor. 10:13) wat as ‘t ware volgemaak moet word, ‘n “full measure … of exactness”. Dis nie ‘n lukrake keuse van my/ons kant af nie – dit is ‘n gepredestineerde volheid waaruit die Christus bestaan, ‘n “exactness” met ‘n grondliggende  patroon of komposisie. Vir elkeen in die Bruid, soos byvoorbeeld ook die koning van Tirus vir wie dit hier in Eseg. 28:12 (YLT) gesê word, “thou art sealing up a measurement”.

Die woordjie ‘gepredestineerd’ is baie doelbewus hierbo gebruik. Volgens Webster’s beteken dit: “To predetermine or foreordain; to appoint or ordain beforehand by an unchangeable purpose.”

Oor die moeilike onderwerp van uitverkiesing is al uit allerhande perspektiewe en invalshoeke uitvoerig in die Manna geskryf – gaan lees gerus weer Dag 5, 513-514, 515-517, 518-520, 629-631, 848-850, 855-856, 1046, 1048 en 1161. Dit is egter baie belangrik om die hoofinsigte hiervan saam te vat ter wille van die wyer verstaan van die gees van Serubbábel:

  • Jesus se aanbod in Joh 6:37 is geldig vir alle mense: “Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.” In Hand 2:21 proklameer Petrus: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” Hiermee word die Protestante se “onvoorwaardelike uitverkiesing” op sy kop gekeer. Daarmee saam – God is “geen aannemer van die persoon” (Hand. 10:34) nie, of soos die GNB dit stel: “God treats everyone on the same basis”. Die NET-vertaling spel dit dalk die duidelikste uit: “I now truly understand that God does not show favoritism in dealing with people.”
  • Uitverkiesing is streng gesproke bloot van toepassing op die evangelie van Christus. Dit wat Hy aan sy dissipels gesê het in Joh. 15:16 is eweneens (volgens Joh. 17:20-21) óók op die wyer Bruid van Christus van toepassing: “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel …” Baie is geroep, maar min is uitverkies (Matt. 22:14). Ook hierdie uitverkiesing het nié ons keuse overrule nie – selfs een van die uitverkorenes was ‘n duiwel (Joh. 6:70)! Uitverkorenheid tot Christus vra allereers ‘n keuse om te sterf in die self en die hoë roeping in Christus op te neem (Fil. 3:14). Dan is jy ook uitverkore volgens die “voorkennis” (1 Pet. 1:2) van God.
  • Die openbaring van die Christus word net deur God gegee (Matt. 16:17), en ons word dienooreenkomstig “geroep … tot sy ewige heerlikheid in Christus” (1 Pet. 5:10). Alhoewel ons weet dié uitverkiesing is vanweë die voorkennis van God, is my en jou se profetiese ondersoeking, navorsing en naspeuring (1 Pet. 1:10-11) daarvan die voorvereiste vir die openbaring! Die koninkryk van God moet met geweld bestorm en gegryp word (Matt. 11:12). “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.” (Matt. 7:7-8).
  • As die Bruid volgens Efes. 2:10a (NJB): “God’s work of art, created in Christ Jesus” is, is die woordjie wat in Grieks daarvoor gebruik word “poiēma”, wat benewens ‘gedig’ etimologies ook dui op iets wat bewustelik gemaak is (daarom vertaal baie vertalings dit as “workmanship”, of in Afrikaans “maaksel”, of beter: “masterpiece”). Die doelbewuste konstruksie van die poiēma, of dan: gedig, is DIE BRUID, die een wat “lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene” (Efes. 5:30) is. Daardie “lede” van Christus is elkeen ‘n uniek-eie, onvervangbare kunstig gemaakte (Ps. 139:15) woord in die gedig, wie Jesus is. Die volheid van Wie Jesus is, het Hy uitgedeel in ‘n menigvuldige hoeveelheid “onvervangbare woorde” wat elkeen iets van Hom, die Hoof, openbaar, en aan Hom gestalte gee.
  • As gevolg van hierdie organiese eenheid in Christus groei die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate” (Ef.. 4:14-16).

Let asseblief veral die frase “elke afsonderlike deel in sy mate” Elke gepredestineerde deel van die Liggaam is uiteindelik nodig “om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind” (Hand. 4:28).

Net die Bruid is uitverkies voor die grondlegging van die wêreld (Ef. 1:4), maar sy moet kies en aanhou kies om die lewe van Christus in haar gestalte te laat kry (Joh. 5:40).

Miskien die mees outentieke manier waarop ons hierdie waarheid kan vasmaak, is ‘n Goddelike wetmatigheid wat in die gematria te bespeur is. Die woordjie ‘seëlring’ se gematria is 454, presies dieselfde as die gematria van die woordjie ‘sonde’, oftewel: om jou merk te mis, of dan: om jou skeppingsdoel te mis. Dit is presies juis skeppingsdoel wat die Bruid van die Kerk onderskei, d.w.s. meebring dat die Bruid sondeloos is, soos 1 Joh. 3:6 uitspel: “Elkeen wat in Hom bly, sondig nie.” Daarom is die woordjies ‘heilig’ en ‘lewe’ se gematria elk ook 454!

Die seëlring aan die Bruid se vinger is God se onberoulike uitverkiesing (Rom. 11:29). As dit afgehaal word, is dit bepaald die persoonlike keuse van die individu in die Bruid. As dit teruggesit word, is dit eweneens die persoonlike keuse van die individu in die Bruid. In hierdie lig is Jesus se woorde oor Judas baie meer verstaanbaar: “Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel!” (Joh. 6:70). Met die seëlring aan is jy deel van die “full measure … of exactness”, die volle mate van die lewe in Christus wat in jou gestalte gekry het (Rom. 8:2).

  • Sela: Bedink die belangrikheid van keuse in uitverkiesing.
  • Lees: 28-30; Spr. 13-14
  • Memoriseer: 13:14
  • Delf dieper: Luister die baie belangrike cd-lering van Tom Gouws: Kan ek my roeping verloor?