Dag 1286-1288

 

“Spreek met Serubbábel, die goewerneur van Juda, en sê:

Ek sal die hemel en die aarde laat bewe.”

(Hag. 2:21, OAV)

Terug by die mantel van Serubbábel.

Een van die belangrikste werkinge wat die gees van Serubbábel meebring, is soortgelyk aan dit wat Agab aan Elia toegesnou het in 1 Kon. 18:17 – “Is dit jy, jou beroerder van Israel?” In Manna Dag 1049-1051 het ons so ‘n bietjie daarvan uitgepluis, met spesifieke verwysing na die rol wat die Bruid speel in “die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly” (Heb. 12:27).

Die parafrasekonteks van die Message waarin hierdie ryk geskakeerde woorde gesê word, is besonder insiggewend, en bied ‘n belangrike perspektief: “The phrase ‘one last shaking’ means a thorough housecleaning, getting rid of all the historical and religious junk so that the unshakable essentials stand clear and uncluttered. Do you see what we’ve got? An unshakable kingdom! And do you see how thankful we must be? Not only thankful, but brimming with worship, deeply reverent before God. For God is not an indifferent bystander. He’s actively cleaning house, torching all that needs to burn, and he won’t quit until it’s all cleansed. God himself is Fire!” (Heb. 12:27-29).

Die Bruid word as “beroerders” geroep om hierdie skuddinge mee te bring, maar allereers moet hulle deeglik geskud word. Hierdie is reeds profeties belowe in die Ou Testament in Hag. 2:6-7: “Want so sê die HERE van die leërskare: ‘n Rukkie nog, ‘n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare.”

Dit staan duidelik in hierdie vers dat God die beroering bewerk, maar as mens dit saamlees met Joël 3:16 word dié perspektief verruim: “En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe.” Omdat ons met ‘n profeties-tipologiese bril na hierdie Ou-Testamentiese Skrif kyk, is Sion en (die Nuwe ) Jerusalem albei verwysings na die Nuwe-Testamentiese Bruid van Christus (Heb. 12:22; Op. 21:2) As ons die onderhawige vers dan vertaal in dié terme, lees dit soos volg: “En die HERE brul uit/deur die Bruid, en uit/deur die Liggaam van Christus verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe.”

Daar is diegene wat meen die eindtyd vol sodanige ‘beroeringe”, waar onder fisiese aardbewings, byvoorbeeld, sal wees, soos Mark. 13:8 dit kwansuis uitspel: “Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.” Beroeringe word in die oorspronklike taal voorgehou as “troubles”, en dié eindtydverwagting staan in Charismatiese kringe dan ook op grond van Jer. 30:7 bekend as “Jacob’s trouble”. [In Manna Dag 350-353 en ook in Manna Dag 1205-1207 is hierdie dwaalredenasie uitvoerig hanteer.] Hierdie beroeringe/aardbewings was definitief fisies van aard, maar dit het onteenseglik duidelik rééds gebeur rondom 70 n.C. toe die tweede tempel in Jerusalem vernietig is. Vir ‘n volledige dokumentasie hiervan, raadpleeg asseblief die volgende boeke: Before Jerusalem Fell: Dating the Book of Revelation – An Exegetical and Historical Argument for a Pre-A.D. 70 Composition deur Kenneth L. Gentry, Jnr.; asook: The Apocalypds Fulflled deur P.S. Desprez.

Die groot probleem met die lees van die eksplisiete apokaliptiese boeke van die Bybel is dat die meeste Christene dit verletterlik. Daar word dikwels die beswaar teen my ingebring dat ek dinge vergeestelik, maar ek en jy hoef NIKS te vergeestelik nie, want die oorgrote deel van die Skrifte is alreeds in ‘n geestelike modus deur die Heilige Gees vergeestelik! Dit is duidelik mense se vleeslike denkwyse wat die Woord van God altyd wil verletterlik! Sela. Jesus self het dit sonder omhaal soos volg benoem: “die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees(telik)” (Joh. 6:63)! Daarom verklaar hy in Matt. 13:14-16 in navolging van Jes, 6:9-10: “Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.” Vir sy dissipels vervolg Hy dan: “Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.”

Verreweg die meeste eksegete van die boek Openbaring lees die volgende drie verse in die simboliese boek absoluut letterlik: “En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit …” (Op. 6:12-14).

Ons Mannalesers sal dadelik besef waarom ek spesifiek hierdie drie verse gekies het – ‘n beter beskrywing van beroeringe sal jy kwalik kry! In die verloop van die dramatiese ontvouing van die openbaring van die Christus in elke gelowige gebeur daar met dié sesde ontsluiting, hierdie sesde unveiling, skrikwekkende dinge in ons as die natuurlike aarde (Gen. 2:7; 3:19) – ons ís immers “uit die aarde aards” (1 Kor. 15:47). Alles wat in hierdie Skrif hierbo uit Openbaring so gespesifiseer word, is spesifieke geestelike gebeure wat jou moet skud! Dit wat begin by ‘n aardbewing, eindig met die hemele wat SOOS ‘N BOEK toegerol word. Die doel van hierdie beroering van die natuurlike mens is om uiteindelik alles wat WETTIES is, uit die BOEK is, tóé te maak, en mee weg te doen. (Onthou: “Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.” – 1 Kor. 15:56). Die doel word pynlik presies uitgespel deur Rom. 7:6 – “Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.”

Dit is nie nou die plek om ‘n eksegese toe doen van hierdie gedeelte uit Openbaring nie (daarby sal ons eendag, as God wil, wél uitkom). Maar om net die saak ter tafel duidelik te illustreer, hierdie aanhaling uit ‘n boek wat al in 1683 gepubliseer is, met miskien die langste titel wat ek nog ooit van enige boek raakgeloop het. Dit is geskryf deur Jane Leade, ‘n mistikus en profeet, wat plek-plek duidelik nog ‘n beperkte, selfs soms ‘n verkeerde verstaan van sekere dinge gehad het, maar wat rondom hierdie saak tóé reeds uitsonderlinge openbaring gehad het oor hoe die geestelike mens omgaan met dinge wat duidelik nié natuurlik is nie, soos 1 Kor. 2:13-14 dit uitspel:  “Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.”

Lees met aandag haar geestelike verduideliking van Op. 6:12-14 in haar boek: The Revelation of Revelations: Particularly as an Essay Towards the Unsealing, Opening and Discovering the Seven Seals, the Seven Thunders, the New Jerusalem State, the Twelve Gates and the Magical Eye. The which have not hitherto so far been brought forth to light (except to the Spiritual Discerner) to any degree of Satisfaction, as to the understanding of the grand Mystery (http://www.janelead.org/writings.html): “I proceed now to the opening of the sixth seal where the first thing observable is the great earthquake, representing the terrible shaking of the very foundation of the old earth in which is the original seed of sin (the hour of whose judgment is come) and the trumpet hath sounded for the dissolving this first earth and heavens that their place may be no more found.  The wind of the mighty Spirit blows upon all flesh to make it die and wither. The sun of the outward reason is changed into blackness and the moon of the senses into blood, and all the starry imaginations drop like untimely fruit, and every island and mountain of strength melteth away. There can be no hiding in this day — a consumption being determined upon the whole universe which has been under the Beast’s captivity.

We may call this a blessed ruin or undoing to see a destruction come upon all that hath kept the Lamb and His kingdom out. This causes a great outcry and perplexity in the properties of degenerate nature where the king of reason and the captains, the senses, do not know whither to flee from the face of Him who is come to make all things new, which could not be until all of the old building was broken down and taken to pieces where the fretting leprosy of sin did still rise. The wisdom of God could no better way contrive for the laying of a sound and sinless foundation for the New Jerusalem according to this fore-contrived model, than by that express word which came unto me, that none could or ever should come to the opening of the seventh seal till all this was fully finished. And I must give witness that is happening and doth not seem grievous because of what is to succeed and follow when the next seal shall be opened within.”

Dis ongelooflik interessant hoedat hierdie vrou die denkmodus van haar tyd so ver vooruit was. Bo-aan die webwerf wat haar dokumente nou elektronies bewaar, is die volgende aanhaling, wat so uitstekend by die hooftema van hierdie Manna pas: “Shake, shake your earthly dust away. Now it’s the Spirit’s Day, that will admit of no delay.”

In die natuurlike aardbewing is die HERE nie (1 Kon. 19:11), In die geestelike aardbewing verskyn Hy.

Inderdaad dan – “ En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing …” Kom ons kyk net ter illustrasie na die eerste manifestasie van Jesus se koms, sy parousia IN ons – naamlik die aardbewing.

Dwarsdeur die Skrif is die die aardbewing dikwels ‘n manifestasie van Goddelike teenwoordigheid. Jes. 29:6 spel dit uit: “Vanweë die HERE van die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van ‘n verterende vuur.” Let wel – in genade besoek word! Toe God in die tyd van Moses neergedaal het op die berg Sinaï, lees ons “die hele berg het vreeslik gebewe”, ook byvoorbeeld toe Jesus uit die dood opgestaan het, lees ons in Matt. 28:2 – “En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.”

Die mantel van Serubbábel bring die geestelike aardbewing – ‘n skielike, absoluut kragtige en gewelddadige omverwerping van die aanvaarde, normale en natuurlike staat van natuurlike dinge in jou lewe. Pasop –  dit is die begin van die einde – soos Dan. 8:17 dit stel: “die gesig sien op die tyd van die einde”.

  • Sela: Antwoord die kritici wat dikwels beskuldig dat die Bybel vergeestelik word.
  • Lees: 83, 120 & 121; Rigt. 5-9
  • Memoriseer: 121
  • Delf dieper: Lees een van die drie genoemde boeke hierbo.