“Spreek met Serubbábel, die goewerneur van Juda, en sê:
Ek sal die hemel en die aarde laat bewe.”
(Hag. 2:21, OAV)
In ons verkenning van die korporatiewe mantel van Serubbábel is ons besig met die uitpluising van die sestiende kenmerk. Die Skrif hierbo spel die reikwydte uit van hierdie mantel se werking, en dit is ‘n werking wat waaragtig hemel en aarde skud. Praat gerus van die Bruid met hierdie geesteswerkende krag as ware movers and shakers!
Alles moet geskud word, en God gebruik die Bruid daarvoor. Die Mirror Bible se parafrase van Heb. 12:26b-28a plaas dit in ‘n merkwaardige eietydse perspektief: “The voice of God (articulated in Christ’s birth, life, ministry, death and resurrection) has rocked not only the systems on the earth, but also every unseen principality in the heavens, tot their very foundations! In the words of the prophet, ‘Yet once more will I shake every unstable system of man’s effort to rule himself’. God clearly indicates his plan to remove the old and replace it with the new. The second shaking supersedes any significance in the first shaking. Then it was a physical quaking of the earth; now the very foundations of every man-made system was shaken to the core while the heavens were impacted by the announcement of his permanent rule on earth as it is mirrored in heaven. We are fully associated in this immovable Kingdom; an authority that cannot be challenged or contradicted.”
In die vorige aflewerig van die Manna, Dag 1286-1288, is daar oorwegend gefokus op dit wat die aarde laat bewe, met die simbool van die aardbewing as gepaste ikoniese verteenwoordiging, en hoe dit God se meganisme is om die vals strukture van outoriteit omver te werp:
- “Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.” (Nah. 1:5)
- ‘En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik. In dié dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise; om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.” (Jes. 2:19-21)
In die lig van die geparafraseerde gedeelte hierbo is dit belangrik om dan te kyk na hoe die fisiese die geestelike vooruitwys (1 Kor. 15:46), en om die belangrikste Bybelse verwysings die aardse/fisiese aardbewings te lees in geestelike terme. Uiteraard het die meeste te doen met Hom wat die aarde totaal kom omkeer het – Jesus Christus.
Die parousia, of verskyning, van Jesus, die Seun van die Lewende God (Mat. 16:16), die Lewende Woord (Joh. 1:1; 1 Pet. 1:23), het die hele aarde indertyd geskud. Hy waarsku in Matt. 10:34 – “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.” In die week voor Hy Jerusalem binnegekom het voor sy kruisiging “het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man?” (Matt. 21:10). Ons het reeds gesê dat met Jesus se kruisiging en sy opstanding was daar aardbewings (Matt. 27:51-54; 28:1-4). Sy koms na die aarde het oorgespoel na sy dissipels en navolgers, en soos wat ons later vind dat die “lewendmakende Gees” (1 Kor. 15:45) Paulus en Silas rig om in posisie te wees sodat God alle fondasies van menslike gevangenisskap en binding kan teenstaan deur ‘n aardbewing (Hand. 16:26).
Alles en almal wat nié op die Rots, Christus (1 Kor. 10:4; 1 Sam. 2:2; 2 Sam. 22:2, 32 & 47; 2 Sam. 23:3; Ps. 95:1; Jes. 26:4), gebou word, sal geskud word. Alles en almal wat wél op die Rots gebou is, sal nie deur die skuddinge geraak word nie:
- “Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is. Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.” (Luk 6:47-48).
- “Wanneer ‘n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig ” (Spr. 10:25).
Soos wat die aardse geskud word, die ou natuur losgewortel word uit almal wat ‘n goddelike natuur (2 Pet. 1:4) verkry, kry hul óók dít wat Joël 3:16 beloof: “op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar ‘n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei”. [Sittim beteken akasiaboom, doringhout, dit waarvan die brandofferaltaar (Eks. 27:1), die tafel met toonbrode (Eks. 25:23) asook die ark van die tabernakel (Eks. 25:10) gemaak is – in elke dimensie van die tabernakel is dit verteenwoordig. Dit simboliseer duidelik dan die voertuig waarmee die gelowige beweeg, vanaf die oorgawe, tot by die wil van God en dán as die heerlike draer van die teenwoordigheid van die Here. Die plekkie met die naam Sittim was interessant genoeg “oos van die Jordaan” (volgens Strong) – dit dui dus op die voordurende trek “afwaarts” (‘n voortdurende sterfte van die self, die simboliese betekenis van Jordaan) algaande nader aan die ooste (die voortyd, of dan – die ander, ewige realiteit). Sódoende kan “hulle ‘n onwankelbare koninkryk ontvang” (Heb. 12: 28) in Kaänan, die land van belofte, mits die vyfde seël reeds in hul lewe geopen is – the soul was slain underthe altar – Op. 6:9]
Nadat die los beendere van die Bruid geskud is (Eseg. 37:7), kom daar “’n beroering” en sy begin ‘n Liggaamsbewustheid van eenheid ontwikkel en ervaar (vers 6) deur die Gees van God wat haar “beweeg” (Rigt. 13:25; Hand. 17:28; 2 Pet. 1:21). Nóú word God se “leërmag” gevorm en “magtig (is) die uitvoerder van sy woord” (Joël 2:11). In verse 9 en 10 word uitgespel hoe hulle die aardbewing op die aarde voortplant met seismografiese sinergie: “Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ‘n dief. Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.”
Duidelik is die aarde wat bewe net die geboortepyne wat die geboorte van die Christus se koms in ons gestalte kry (Gal. 4:19). Die aardbewings lei tot 1 Joh. 2:17 – “En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”
- Sela: Verduidelik die simboliese rol van aardbewings aan iemand.
- Lees: 44 & 143; Rigt. 10-14
- Memoriseer: 14:14
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: ‘n Weermag van Woorde