“saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. …”
(Op. 20:7, OAV)
Die uitgebreide sestiende kenmerk van die gees van Serubbábel se werking in die Bruid het ons veel te wete laat kom oor God se restourasieproses met alle geskape dinge, om alles te bring tot ‘n staat van onwankelbaarheid (Heb. 12:26-29), oftewel ewigheid. Breedweg gesien laat hierdie korporatiewe mantel die hemele en alles op die ganse aarde bewe. Die doel daarvan is soos 2 Kor. 5:4 dit raak stel: “sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word”, of soos Jes. 25:8 (ACV) dit voorhou– “He will swallowed up death in victory …”
In die vorige Manna het ons geleer hoe die Bruid van Christus, begelei deur die Trooster, en met die korporatiewe mantel van Serubbábel, deur God gebruik word om skuddinge te maak, dinge te beroer, die status quo en die verwagte gemaksposisies om te gooi. Dis alles Geeswerkinge om die ganse gevalle wêreld met God te versoen en in te voeg in die sogenaamde groeiende ruimte van noag, oftewel rus.
Ons moet vervolgens stilstaan by wat ons deur oorlewering van geleer het as die duisendjarige vrederyk.
Alhoewel die begrip ‘duisendjarige vrederyk’ geensins presies só in die Bybel voorkom nie, is dit wel by implikasie daar, veral in Op. 20, waar daar ses keer na ‘n tydperk van hierdie duur verwys word: “En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp – die ou slang wat die duiwel en Satan is – en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word. en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is …” (Op. 20:1-8a).
Daar is breedweg drie sienings van die sogenaamde duisendjarige vrederyk. Allereers – die oorwig van die eerste Christene het dit as ‘n letterlike tydperk gesien vanaf die eerste koms totdat ‘n fisiese duisend jaar verloop het. Richard Erdoes, in sy boek A.D.2000: Living on the Brink of Apocalypse, (p. 194) beskryf hoe hierdie siening dramaties gesneuwel het: “On the last day of the year 999, according to an ancient chronicle, the old basilica of St. Peter’s at Rome was thronged with a mass of weeping and trembling worshippers awaiting the end of the world. This was the dreaded eve of the millennium, the Day of Wrath when the earth would dissolve into ashes. Many of those present had given away all of their possessions to the poor – lands, homes, and household goods – in order to assure for themselves forgiveness for their trespasses at the Last Judgment and a good place in heaven near the footstool of the Almighty. Many poor sinners – and who among them was not without sin? had entered the church in sackcloth and ashes, having already spent weeks and months doing penance and mortifying the flesh … the last day of the year 999 and the first day of the year 1000 had come and gone. Yet still the earth stood still and people still lived.”
Vervolgens het die Calvinisme en die Protestantisme, in navolging van die kerkvader Augustinus (354-430) se City of God, die duisend jaar van Openbaring 20 nie beskou as ‘n spesiale tydsraam nie, maar as die simboliese periode wat ‘n aanvang geneem het met Jesus se eerste koms, met ander woorde die sogenaamde periode van die Christelike kerk. Hulle het verstaan dat dwarsdeur die simboliese millennium die heiliges met Christus sal regeer – nie in die volheid van die komende koninkryk voorberei deur die Vader nie, maar in ‘n ander en meer minderwaardige manier. Hierdie teologiese beskouing word getakseer as amillenniumisme, die uitgesproke beskouing van die Gereformeerdes vir meer as 1500 jaar. Robert G. Clouse herinner ons daaraan dat met “the Council of Ephesus in 431, belief in the millennium was condemned as superstitious.” (The Meaning of the Millennium, p. 9.)
Johnnes Calvyn, miskien dié teoloog wat die Potestantisme beslag gegee het (derhalwe dikwels Calvinisme genoem), het in 1536 reeds hierdie sterk uitspraak gemaak in sy poging tot ‘n herstel van voorgangers se siening oor hierdie saak: “But a little later there followed the chiliasts, who limited the reign of Christ to a thousand years. Now their fiction is too childish either to need or to be worth a refutation. And the Apocalypse, from which they undoubtedly drew a pretext for their error does not support them. For the number “one thousand” (Rev. 20:4) does not apply to the eternal blessedness of the church but only to the various disturbances that awaited the church, while still toiling on earth. For when we apply to it the measure of our own understanding, what can we conceive that is not gross and earthly? So it happens that like beasts our senses attract us to what appeals to our flesh, and we grasp at what is at hand. So we see that the Chialists (i.e. those who believed that Christ would reign on earth for a thousand years) fell into a like error. Jesus intended to banish from the disciples’ minds a false impression regarding the earthly kingdom: for that, as He points out in a few words, consists of the preaching of the Gospel. They have no cause therefore to dream of wealth, luxury, power in the world or any other earthly thing when they hear that Christ is reigning when He subdues the world to Himself by the preaching of the Gospel. It follows from this that His reign is spiritual and not after the pattern of this world.” (Kommentaar op Hand.1 :8 -Torrance, VI, p. 32).
Dr. Stephen Travis het in sy boek: The Jesus Hope (pp. 89-90), die volgende samevatting van hierdie siening gebied: “The idea of a thousand-year reign appears in the Bible only in Revelation 20. That is no reason for dismissing it, but it is a hint that the millennium is not to be regarded as a literal thousand-year reign on earth … So how should we understand the passage about the millennium in Revelation 20:1-6? Certainly we should not there is no mention of a reign on earth. If the ‘thrones’ (verse 4) are anywhere, there are in heaven, like all the other thrones mentioned in Revelation (except for the thrones of Satan and of ‘the beast’). It is better to understand this thousand-year reign not as some future literal, earthly reign, but as a symbol of the period between Christ’s resurrection and final coming.”
In Lorraine Boettner se boek The Millennium (p. 11) vat sy hierdie beskouing soos volg saam: “So dependent is Premillennialism of the first 10 verses in Revelation 20, which it takes literally and then relies primarily on Old Testament kingdom prophecies for proof, that had it not been for this misinterpretation, the system as such probably never would have arisen.”
Tog bied die Protestantisme se simboliese verstaan van die duisendjarige vrederyk nie ‘n bevredigende en geloofwaardige eksegese daarvan nie. Miskien, vir hierdie rede het die Pinkster- en Charismatiese doktrine so geweldig veld gewen en byvoorbeeld ook tot ‘n groot mate die gelowiges van die eerste dimensie oorspoel, sonder dat hulle besef dat dit eintlik streng gesproke nié ’n leerstellige waarheid is nie.
Waar die eerste Christene verstaan het dat die duisendjarige fisiese tydperk was wat fisies ‘n aanvang geneem het aan die begin van die Christelike era, meen die Charismate dat dit aan die einde van die kerkera sal plaasvind. Derdens, dus, het die begrip ‘duisendjarige vrederyk’ gevestig geraak saam met (veral) die Charismatiese verstaan van die voltrekkende gebeure van die eindtyd, dat wanneer die Here Jesus na die aarde terugkom, Hy as Koning van die konings sal terugkeer en ‘n regering vir die hele wêreld sal instel met Jerusalem as hoofstad, vanwaar Hy die aarde sal regeer vir ‘n duisend jaar. Hierdie tydperk word volgens hierdie dogma simbolies en profeties ondersteun deur Jes. 65:19-25: “En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie. Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word. En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet. Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is ‘n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle. En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek. Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.”
Aan die hand van Jes. 2:2-4 (kyk ook Jes. 24:23 en Sag. 8:22) sal volgens hierdie oorlewering die volgende gebeur: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.” (Jes. 2:2-4).
‘n Wêreld soos hierdie, waarin daar geen oorloë gevoer, geen militêre opleiding is of enige wapens vervaardig word nie, het volgens hierdie beskouing uiteraard nog nooit op aarde bestaan nie. Dit kan derhalwe dus slegs op die toekomstige vrederyk betrekking hê. Omdat die duiwel gedurende die duisend jaar van Christus se regering gebind sal wees, sodat hy die nasies nie kan verlei nie, sal gewelddadigheid en oorlogvoering nie voorkom nie. Alle tipe sonde en ander godsdienste sal ook verdwyn, die Jode sal die Messias erken, en die hele wêreld sal slegs die Christelike godsdiens erken en aanhang. Jes. 11:9 word gebruik as motivering hiervoor: “Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek.” Kyk ook Jer. 3:17 – “In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die Here; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die Here in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie.”
- Sela: Wat glo jy oor die duisendjarige vrederyk?
- Lees: 1 Sam. 12-20
- Memoriseer: 1 Sam. 15:23
- Delf dieper: Lees enige van die boeke hierbo genoem.