
“when He comes to be glorified in his sanctified”
(2 Thes. 1:10, ACV)
Steeeds is ons besig met die uitgebreide sestiende kenmerk van die gees van Serubbábel se werking in die Liggaam van Christus, wat handel oor God se restourasieproses met alle geskape dinge, om alles te bring tot ‘n staat van ewigheid. Oorkoepelend gesien laat hierdie korporatiewe mantel die hemele en alles op die ganse aarde bewe.
As noodwendige afdraaipaadjie het ons ook stilgestaan by drie teorieë oor die duisendjarige vrederyk, en in die laaste Manna het ons probeer om ‘n uitvoerige teenargument met verskillende perspektiewe voor te hou as teenvoeter vir die Charismatiese siening van die sogenaamde duisendjarige vrederyk.
Dit is duidelik dat daar soveel mitologisering en oorleweringe oor hierdie teologiese konsep van die duisendjarige vrederyk bestaan wat glad nie inmekaarvoeg tot ‘n koherente geheel nie. In hierdie Manna kyk ons na die Bybelse verklaring van hierdie totaal misverstane tema.
Die gedeelte waarop hierdie teoretisering van die duisendjarige vrederyk gebaseer is, sal weer hier aangehaal word ter wille van volledige verwysing: “En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.” (Op. 20:1-6).
‘n Paar belangrike interpretasiesleutels wat moontlike verwarring oor hierdie gedeelte kan stuit:
- Die boek Openbaring gaan nie oor die sogenaamde eindtyd nie, maar oor die ‘unveiling’ (in Grieks apokalupsis) van die oeridentiteit van die lede van die Liggaam van Christus. Thayer verklaar die term soos volg:
1) “laying bear, making naked
2) a disclosure of truth, instruction
2a) concerning things before unknown
2b) used of events by which things or states or persons hitherto withdrawn from view are made visible to all
3) manifestation, appearance”
- Daar is dus geensins ‘n toekomsgerigtheid of tydinterpretasie in die konsep apokalips nie, soos veral die populêre geladenheid van die begrip voorhou nie. Geen vreesaanjaende visioenêre tonele van perde met oopgesperde neusvleuels wat vlug uit die strate bloed wat toomhoogte stroom; geen Antichris wat paniekbevange Christene probeer onthoof wat nié die merk van die dier dra nie; geen ontsagwekkende wêreldkrisis met onbekende pessiektes, geweldige aardbewings, oorstromings, etniese oorloë, en so meer nie. Nee! Dit alles is fabels van die verbeelding. Apokalips het te make met die aan die lig bring van ware Goddelike identiteit in die Liggaam van Christus.
- Derhalwe is die hele boek van Openbaring nie ‘n tydshandleiding oor die eindtyd nie, maar ‘n simboliese of tipologiese gids vir die verskyning van die Verlosser IN die individuele gelowige, “when He comes to be glorified in his sanctified” (2 Thes. 1:10, ACV). A Conservative Version vertaal dit as “when [He] may come to be recognized in the [men] pure”.
- Uit die perikoop hierbo skyn die duisendjarige vrederyk ‘n aanvang te neem met ‘n engel [= gestuurde] uit die hemel [= geestelike realm] wat die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand het.
- Om hierdie simboliese aksie te verstaan, moet ons die samehang van die groter simboliese voltrekking van die boek Openbaring ondersoek, iets wat nie nou spesifiek deel is van hierdie tema nie. Maar laat ons net enkele breë verduidelikings gee van ‘n enkele fokuspunt in hierdie gedeelte, naamlik die “afgrond”, wat miskien die belangrikste fokuspunt is in hierdie perikoop.
- Wat is hierdie “bottomless pit”?Die Griekse word hiervoor is abussos, wat in Engels vertaal word as abyss. Hierdie “pit of the unfathomable depth” is onmeetlik, wat ook op die simboliese aard daarvan dui. Indien dit hier dui op die unveiling, die apokalupsis van menslike diepgang, is dit baie duidelik wat hier ter sprake is – “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” (Jer. 17:9). Van die begin van die menslike geskiedenis al is “die versinsels wat hy in sy hart bedink” (Gen. 6:5) vir God ‘n enorme problematiese saak. Daarom noem Job (11:8, KJV) die hart “deeper than hell”. Die bodemlose put is bes moontlik tekenend van ‘n karakter en ‘n vleeslike, eiesinnige, bose menslike natuur, dít wat alle nasies (heidene) van die wêreld korporatief ook in hierdie diep donkerte gevange hou. [Die Griekse woord abyss het ‘n ook ‘n verdere aanverwante betekenis (buthos) wat spesifiek vertaal kan word as profundity, wat direk dui op “a thought or a nature — so deep as to be beyond the comprehension of the natural mind”. Die mens self kan dit nie deurgrond nie – daar is ‘n geestelike wese nodig om die oorsprong en omvang daarvan in die natuurlike mens (1 Kor. 2:14) te peil. Dit is in hierdie bodemlose put wat die natuurlike Adamiese mens al dieper aftuimel in die grondelose dieptes van sy beestelike natuur – hy word deur ‘n al sterkerwordende geestelike gravitasiekrag afgewentel na die onpeilbare bose kern van sy wese, sonder om dit ooit te vind. Daarom dat Luk. 11:26 praat van “die laaste van daardie mens word erger as die eerste”. Hierdie is duidelik nie ‘n enkele historiese gebeurtenis nie, maar iets waaraan die mens daagliks uitgelewer is. In hierdie generatiewe kern van doem woon alles wat on-waarheid of on-realiteit is. Dis oor hierdie simboliese ruimte waaroor “die riglyn van woestheid … die skietlood van vormloosheid” (Jes. 34:11) gespan word, “begroei met dorings, brandnekels en distels”, “‘n lêplek van jakkalse, ‘n verblyf vir die volstruise”, en “boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels ontmoet mekaar; ook woon die naggees daar”, waar “die pylslang sy nes maak en eiers lê en dit uitbroei” (verse 12-15). Al hierdie diere is demoniese gestaltes.
- Die enigste manier waarop hierdie absoluut aan duister oorgelewerde mens RUS kan vind, is as hy uit dié bodemlose put kan ascend. Hiervoor hou Jesus die sleutel (Jes. 22:22), en Hy alleen het die reg tot die sleutel, wat Hy oorhandig aan diegene wat die openbaring van die Christus het: “op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.” (Matt. 16:18-19).
Terug by Op. 20, nou by die tweede vers – die draak/slang/duiwel/Satan woon dus spesifiek in hierdie grondelose put van die menslike natuur, die hart. Hy is in Génesis reeds deur God vervloek tot die stoflike realm waaruit die mens geneem is (Gen. 3:14 & 19). Al wat nou in hierdie vers nuut gebeur, is dat dié demoniese ondergrond gebind kan word, met ander woorde “be rendered powerless” (Rom. 6:6, TCNT), of “disarm(ing) principalities and powers” (Kol. 2:13, ESV), en dat dit lyk asof dit vir ‘n bepaalde periode van duisend jaar sal wees. Vandaar die konsep “duisendjarige vrederyk”.
Die webwerf http://www.biblemeanings.info/Words/Number/Thousand.htm verduidelik uitvoerig hoedat die begrip “duisend” in Bybelse terme nié spesifiek dui op ‘n presiese getal nie, maar eerder op:
- “Divine completeness and Fathers glory
- much and countless, and when predicated of the Lord what is infinite
- a thousand years denote what is without time, and therefore eternity, which is infinity of time”.
(Ons gaan nie nou fokus daarop oor hoekom die duiwel vir “’n tydjie” daarna losgelaat moet word nie, want dit is nie nou spesifiek ter sake nie en sal ‘n klompie ander argumente vereis.)
Wat wél nou nou relevant en belangrik is, is dat diegene wat in hierdie tyd as konings regeer saam met die Christus (let wel – nié Jesus nie) die duisend jaar lank, almal ‘n gemeenskaplike kenmerk het – hulle is ONTHOOF! Die meeste gelowiges meen dat net dié spesifieke martelaars eendag sal regeer. Maar dit is nie in ooreenstemming met byvoorbeeld Op. 5:10 wat eksplisiet stel dat die ganse Liggaam van Christus is nou reeds “konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”. Sien ook Op. 1:6 waar die skare gelowiges uit alle nasies, volke, stamme en tale, “gemaak (is as) konings en priesters”.
Die onthoofding is duidelik nie fisies nie, maar dui daarop dat dit diégene is wat hul eie hoof verloor het, hul eie agenda, plan en wil, en Jesus as enigste Hoof aanvaar het (Kol. 1:18; 2:19) en onder sý Hoofdskap (ge)lewe (het). Hul het ook nie die merk van die dier op hulle voorhoof en op hulle hand ontvang nie – ‘n tweede eksplisiete óók duidelik nie-fisiese kenteken. [Die merk van die dier is deur die loop van die eeue ‘n simboliese merker van die carnality (666 – Op. 13:17-18) wat ingegraveer is in hul denke (voorhoof) en hul dade, dus wat hul doen (hand).]
Die eerste opstanding, het ons ook uitvoerig reeds in Manna Dag 578-580, 610, 611-612, 740-742, 770-771 en veral 1169-1171 bespreek, en dit vind plaas terwyl jy nog in die fisiese liggaam is!
In die volgende Manna sluit ons dan die subtema oor die duisendjarige vrederyk af.
- Sela: Verduidelik aan iemand die duisendjarige vrederyk soos jy dit nou tot dusver verstaan.
- Lees: 1 Sam. 30-31; 2 Sam. 1-7
- Memoriseer: 2 Sam. 3:1
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Herstel van die Pad van die Konings wat
van die Ooste kom