“die goue altaar … en die reukwerk …”
(Eks. 39:38, OAV)
Ons is het in die vorige Manna die een-en-twintigste kenmerk van die korporatiewe gees of mantel van Serubbábel begin bestudeer en uitpluis. Hier is die klem spesifiek op die vermoë om gelowiges individueel en korporatief tot ‘n meting in die gees te begelei. Die twee-en-twintigste kenmerk het steeds met die meting te doen, maar met ‘n ander aspek daarvan.
Lees weer Op. 11:1 – “En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.” Daar is uitvoerig gewys op die betekenis van die feit dat die tempel gemeet word, maar let daarop dat ook die “altaar” gemeet moet word.
Die Griekse woord wat vir tempel hier gebruik word, is die Griekse woordjie naos, wat dui op die binneste heiligdom, met ander woorde die “toe gedeelte” van die tabernakel of tempel, dus die voorhof (wat in die oopte was) uitgesluit. Dit sluit dus die brandofferaltaar uit, en dan kan die altaar wat hier ter sprake is, slegs dui op die goue altaar of die reukofferaltaar. Op dié altaar is “reukwerk van speserye” (Eks. 30:7) aan die brand gesteek.
Tipologies dui die goue reukofferaltaar op die bediening van God met lofprysing, aanbidding, gebed, danksegging, geestelike gemeenskap en Liggaamsaksies soos counsel, bediening, nagmaal, en so meer. Die volgende Skrifte lê die eksplisiete tipologiese verband:
- “Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.” (Ps. 141:2)
- “Oil and perfume rejoice the heart, so too the sweetness of a man’s friend by hearty counsel.” (Spr. 27:9, ACV)
- “Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is my Naam groot onder die heidene; en in elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en ‘n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê die HERE van die leërskare.” (Mal. 1:11)
- “En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.” (Luk. 1:10)
- “goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is” (Op. 5:8)
- “die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges … opgegaan voor God” (Op. 8:3-4).
Die goue altaar vir die reukwerk het nog nie formeel in die Manna aan bod gekom nie, en ons gaan dit ook nie in detail nou hanteer nie, maar net fokus op dit wat van toepassing is op die meetwerk, soos die Skrif in Op. 11 voorhou.
- Sela: Bedink al die wyses waarop God bedien kan word.
- Lees: Job 10-12
- Memoriseer: Job 12:7-8
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Re-member your Song – jou woord in korporatiewe
worship