Dag 139

 

“En God het tot Israel gespreek in naggesigte … “ (Gen 46: 2, OAV)

Ons vervolg en sluit vandag af met algemene heuristiese en praktiese riglyne rondom die interpretasie van geestelike drome en gesigte:

  • Onthou drome is altyd meer waarskuwend as wat dit “voorspel” wat gaan gebeur (sien byvoorbeeld Daniël se interpretasie aan koning  Nebukadnésar in Dan 4:27). 
  • Probeer altyd as jy wakker word die gevoel of emosie wat jy het, peil. Dit is dikwels ‘n goeie aanduiding van die algemene sleutel van die droom. 
  • Let op die aksies in die droom en vra na die betekenis daarvan. Byvoorbeeld: hoekom ry die kar agteruit in my droom? hoekom is ek naak? wat verteenwoordig die persoon wat in my droom weghardloop van MY – waarvan hardloop ek dus weg? 
  • Diere dui dikwels op demoniese werking. 
  • Getalle het belangrike betekenis, maar bring dit net in berekening as jou gees dit highlight, of as dit ‘n vreemde getal is (bv die getal 173 op ‘n swaard waarmee jy geknight word). 
  • Kleur spesifiek en rigting in ‘n mindere mate speel ook ‘n rol in die droominterpretasie. Laat jou maar hoofsaaklik lei deur eie assosiasies met kleure, of Bybelse betekenisse daarvan (bv koper as oordeel; wit as reinheid; rooi as verlossing; pers as outoriteit).
  • Wees bedag op verletterlikings: bv ketchup (tamatiesous) as Catch up; Antie Tat (’n persoon in die droom) as Anatot (van Jer 32); en so meer. Hierin sal die Heilige Gees jou baie spesifiek lei.
  • Herhaalde drome dui dikwels daarop dat jy nie luister en ‘n saak afhandel nie.
  • Seksuele drome kan ‘n natuurlike oorsaak hê (Lev 15:16), maar geestelik kan dit ook op onheilige bondgenootskappe (unholy alliances – 2 Kron 20:37; Dan 11:23; Hos 8:9) dui.
  • Nagmerries kan verskeie oorspronge hê: dit kan demonise gedrewe wees; dit kan wees as gevolg van blootstelling aan sekere ervarings, soos films, wat vrees oorgedra het; maar dikwels is dit net maar the screams of an unhealed heart.
  • Verskeie drome in dieselfde nag dui dikwels op verskillende fasette van dieselfde saak.
  • Pasop om die uitgebreide drome en visioene van sieners (soos Nostradamus of Siener van Rensburg) as geestelike riglyne te gebruik: sien Jer 14:25-29, 32 en 27:9; Eseg 12:22; Sag 10:2 en Deut 13:1-5. 
  • ‘n Geestelike mens is deurgaans onrustig oor ‘n droom wat nie volledig of ‘reg’ verklaar is nie, maar sy gees spring in hom op (“leaps”) as hy die regte interpretasie hoor. Prov 20:5 (MSG) beskryf dit mooi: “Knowing what is right is like deep water in the heart; a wise person draws from the well within.” 

  

  • Sela: Lees die aangehegte artikel oor die misleiding van Siener van Rensburg.
  • Lees: 1 Sam 25; Ps 147; Luk 21
  • Memoriseer:  Ps 147:2-4
  • Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: ‘n Bybelse begronding van geestelike drome