“en die rots was Christus …”
(1 Kor. 10:4, OAV)
Die vorige Manna het wye draaie geloop! Laat ons kortliks die hoofgedagtes saamvat sodat ons hierdie die gesprek sinvol kan voortsit:
- Ons is oorkoepelend besig om die begrip wedergeboorte te ondersoek, met Matt. 19:28 as vertrekpunt. Die belangrikste bevinding wat ons hier gemaak het, is dat daar duidelik ‘n verband bestaan tussen die wedergeboorte van die mens en die belangrike rol wat dit speel rondom die uiteindelike wedergeboorte of restorasie van alle dinge op aarde. Deur die regenerasie of wedergeboorte van die gevalle mens word die aarde ook geregenereer of herskep!
- Laasgenoemde kan NET geskied deur die saad van Christus wat in gelowiges geplant is deur die wedergeboorte (Gal. 3:16). Hierdie verborgenheid is groot (Ef. 5:32), want deur “die nuwe mens” waarmee jy met wedergeboorte beklee word, word jy ook “vernuwe … tot kennis na die beeld van sy Skepper”, tótdat “Christus alles en in almal (is)” (Kol. 3:10-11). Niks kan verander behalwe deur die saad van Christus in wedergeborenes nie.
- In die verkenning hiervan weet ons dat die ongevalle mens die beeld is van die volmaakte geeswese, ‘n replika van God se natuur, en dat die mens se gees ná wedergeboorte dieselfde is as dié totaal onbevlekte gees van die oorspronklike ongevalle mens.
- Daar is ‘n onherroepelike verband tussen die mens en die ewige stof van die aarde waaruit hy geskep is. Daardie aarde baie bepaald reëel, maar onsigbaar (2 Kor. 4:18).
- Ons moet ‘n onderskeid maak, tussen dinge is wat “sienlik en onsienlik is” (Kol. 1:16). Dit beteken dat alle dinge, geskape dinge sowel as gemaakte dinge, ook só in hulle dinglikheid in die onsigbare realm bestaan – hulle is net ewig en onsterflik! In die onsigbare geesrealm is daar herkenbare en onderskeibare mense, berge, diere, en strydwaens.
- Soms bestaan daar dinge in die geesrealm wat nié in die fisiese realm voorkom nie – die een realm is nie ‘n eksakte duplikaat van die ander nie.
- Ons het die Mannas afgesluit met die voorbeeld van Moses wat die Rots geslaan het, en dat 1 Kor. 10:4 die volgende stel: “want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus”. Ons moet met hierdie geheimenis vervat in die volgende Manna.
- Sela: Maak asseblief hierdie informasie vas.
- Lees: 58-60
- Memoriseer: 59:9 (weer ‘n lieflike sinchronisasie, gedagtig aan wat Sion is!)
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Die Sleutel tot Alles in die Geestelike
Realm