“Now we understand that everything visible
has its origin in the invisible.”
(Heb. 11:3b, MB)
In die vorige Manna het ons die frase in 1 Pet. 1:9 van naderby beskou: “en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele”, maar dit gedoen in die konteks van die ontvouende argument in die hele hoofstuk. Hierdie konteks het uitgewys dat daar ‘n teenstrydigheid is tussen verlossing/redding wat as ‘n ervaring VANDAG, a present experience, voorgehou word en dit waarmee die woordjie ‘saligheid’ mee gekwalifiseer word in vers 9: einddoel.
En daarmee kon die teologiese diskrepansie eenvoudig opgelos word. Die woordjie einddoel, in Grieks die woordjie telos, beteken “end … termination, the limit at which a thing ceases to be (always of the end of some act or state, but not of the end of a period of time)”. Die woordjie einddoel mag geensins verstaan word as die toekomstige voltooiing van die heiligmaking van die siel nie! Die woordjie einddoel kan volgens Thayer ook vertaal word met “the end to which all things relate, the aim, purpose”, met ander woorde skeppingsdoel. Daar is nie sprake van a cut to make, ‘n volledigmaking van die siel nie – die wedergebore siel is reeds salig!
Ons het die Manna geëindig met vers 1 Pet. 1:25, maar dit is van die allergrootste belang
dat die vorige twee verse hiermee saam gelees word, wat ons nie in die vorige Manna by kon uitkom nie.
1 Pet. 1:23-25 lui soos volg: “want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid.”
Onthou – vroeër in 1 Pet. 1:3, in perikoop 2, het ons geleer die wedergeboorte is aan gelowiges geskenk. In vers 25 word dit toegelig dat die wedergeboorte geskied deur onverganklike (derhalwe geestelike en onsienlike, dog reële) saad, deur die LOGOS van God. Die gerekende teoloog, A.W. Tozer, skryf in sy boek The Pursuit of God die volgende: “We take a low and primitive view of things when we conceive of God at the creation coming into physical contact with things, shaping and fitting and building like a carpenter. The Bible teaches otherwise: ‘By the word of the Lord were the heavens made; and all the host of them by the breath of his mouth …. For he spake, and it was done; he commanded, and it stood fast.”
Ons vereng ongelukkig dikwels die Logos net tot ‘n historiese figuur Jesus; die Logos is veel meer – dit is ook die Logos van God. Die apostel Johannes het egter in Joh. 1:1 duidelik uitspel dat die Logos nié net God was nie, dit was ook “by God”, soos Spr. 8:30 (“’n kunstenaar naas Hom”) dit ook voorhou. [Onthou: “The personification of Wisdom is more than merely a literary device.” (John Y. Campbell: A Theological Word Book of the Bible, p. 284.] Eers in Joh. 1:14 lees ons dat dié logos óók gestalte gevind het in die Seun: “En die logos het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom.” Daarom dat 1 Joh. 4:2 die groot misterie, naamlik dat Jesus Christus in die vlees gekom het, voorop stel.
‘n Teoloog soos Anthony Buzzard, in sy boek The Doctrine of the Trinity: Christianity’s Self-Inflicted Wound, verduidelik oortuigend waarom die begrip logos ook dan byvoorbeeld as “divine reason and creative order” voorgehou en vertaal kan word as “plan” of “purpose”. Marvin R. Vincent se Word Studies in the New Testament (vol. 2) beskryf logos onder andere as “embodying the divine will” (p. 27).
Met jou wedergeboorte is daar die inplanting van die logossaad van wie God is, maar ook wie die Christus is (Gal. 3:16) IN JOU HART. Die saad bevat die volledige bloudrukplan van God vir jou, maar dit inkarneer ook die Seun in jou. Met dít in gedagte besef ons dat Jesus is soos ‘n koringkorrel wat in die grond val en sterf, sodat Hy baie seuns kan voortbring (Joh. 12:24); hy word as ’t ware “the eldest of many brothers” (Rom. 8:29, NJB), “having brought many sons to glory” (Heb 2:10, LITV). Maar dan spel vers 11 dit onomwonde uit: “For both the One sanctifying and the ones being sanctified are all of one; for which cause He is not ashamed to call them brothers …” The Mirror Bible spel die implikasies klokhelder uit in sy vertaling van hierdie vers: “Because both he who carried out the rescue mission, as well as those whom he saved and restored to innocence, originate from the same source. He proudly introduces them as members of his immediate family.” Let ook op – hulle is “restored to innocence” – uiteraard is dit NET op die sielsvlak van toepassing.
Die mens het in die paradys nie net sy geesdimensie verloor nie, maar ook die onskuld van sy siel verloor – “having lost the good of original grace and innocence” (die Douay-Rheims-kommentaar op Gen. 3:7). Oswald Chambers stel dit pragtig in My Utmost for His Highest (August 8): “If the Son of God has been born into my human flesh, then am I allowing His holy innocence, simplicity, and oneness with the Father the opportunity to exhibit itself in me?”
Dis dan absoluut te verstane dat Joh 1:13 wedergeboorte soos volg verduidelik: “(kinders van God) wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is”.
Dus – om weer na 1 Pet. 1:23-25 terug te keer: ons verstaan nou beter wat wedergeboorte uit die onverganklike saad van God, deur die lewende logoswoord van God, beteken. Wanneer dit gebeur, bly daardie persoon lewe “tot in ewigheid”, nie net as ‘n geestelike wese nie, maar ook met ‘n salige siel. In hierdie gedeelte word hierdie “innerlike mens” (Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16), wat onsienlik en ewig is, gekontrasteer met die “uiterlike mens” (2 Kor. 4:16), wat sienlik en tydelik is: “Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid.”
Besef nou – die woordjie woord in die laaste sin van 1 Pet. 1:25 is die woordjie rhema! Alhoewel jy deur die Logos wedergebore is, het jy ‘n spesifieke rhema-uitdrukking van die Logos ontvang, en daarin is jou plan and purpose geënkodeer. Dit is ingeskryf in jou gees en jou nou salige siel! Soos die vorige Manna afgesluit is – die rhema-identiteit is die salige sluitsteen van die wedergebore siel. Daarom maak Heb. 11:3b, MB die volgende allerbelangrike stlling “Now we understand that everything visible has its origin in the invisible.”
Hierdie is ‘n totaal nuwe kant van die sigbaar/tydelike en sienlik/ewige-siening wat ons tot dusver voorgehou het. Dit sluit baie mooi aan by die wetmatigheid wat 2 Kor. 4:16 voorhou: “Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.”
Dit is duidelik dat met wedergeboorte die liggaam wel ‘n vir-die-fisiese oog ‘n onsienlike liggaam verkry (soos wat Jesus gehad het ná die opstanding), wat lyk soos jy lyk in die fisiese, met byvoorbeeld die eiesoortigheid van die liggaam se littekens (Joh. 20:27). Daarom het baie mense (ook dissipels!)hom nie herken nie, maar toe hul geestelike oë oopgemaak is, kon hulle Hom herken! Kyk hoe mooi word dit in Luk. 24:31 oor die Émmaüsgangers voorgehou om hierdie saak onteenseglik te staaf – “Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.”
- Sela: Bedink die masskrif en die implikasies daarvan.
- Lees: 103-108
- Memoriseer: 103:15 (kyk net hierdie wonderbaarlike sinchronisiteit!)
- Delf dieper: Lees die boek van Tozer hier bo voorgehou.