“terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het”
(Hand. 1:3, OAV)
Ons is tans besig met Gen 8:7 waar Noag ‘n kraai uitgestuur het wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters van die aarde af weggedroog het. Dié aksie het ongeveer sewe maande na die vloed ‘n aanvang geneem het, plaasgevind.
Die feit dat die kraai uitgestuur is aan “die end van veertig dae” (Gen. 8:6), nadat “die toppe van die berge sigbaar geword” (Gen. 8:5), is ook ‘n belangrike simboliese merker. Allereers is dit ‘n presiese tydsomkering van die veertig dae wat dit gereën het (Gen. 7:4), om ekwivalent te illustreer “the curse has been reversed”. Alhoewel daar baie verwysings na die getal veertig is in die Ou Testament (en dit beteken deurgaans toetsing, of oordeel), is die Nuwe Testamentiese getal vir ons in hierdie geval van groter belang. Ons lees in Hand. 1:3 oor die dissipels “aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het”. Veertig dae hier dui dus op die tydperk tussen die opstanding uit die dood en die hemelvaart, dit wil sê die tydperk waar Hy as geesmens met ‘n verheerlikte Liggaam op die aarde gehandel en wandel het. Dit sou dan simbolies die tydperk simboliseer wat gekoppel word aan wat 2 Pet. 3:5 noem “‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God”.
‘n Mens wonder altyd hoekom dit vir Jesus nodig was om hierdie interregnum of tussentoestand deur te gaan? Hoekom het Hy nie direk na die opstanding uit die dood na die hemele opgevaar nie?
Onthou dat die Sanhedrin en die Fariseërs baie bekommerd was oor Jesus se aanspraak dat Hy uit die dood sal opstaan, en dat hulle ‘n plan gemaak het om daardie moontlike argument teen te staan, sou dit gebeur: “ons herinner ons dat dié verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op. Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.” (Matt. 27:63-64). In Matt. 28:13 lees ons dat die soldate wat Jesus se dooie liggaam moes oppas, omgekoop is om te sê: “Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.” Om hierdie verdigsel teen te staan, het Jesus in die veertig dae ná sy Sy dood menigmaal verskyn om te demonstreer dat Hy wél bepaald uit die dood opgestaan het. Daar is verskeie voorbeelde wat deur die evangelies en die boek Handelinge aangebied word, en Paulus se argument in 1 Kor. 15:4-8 bevestig dit verder: “en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte; en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf. Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het. Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels; en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my …” Ons weet ook van verskeie ander, byvoorbeeld “Maria Magdaléna en Johanna en Maria, die moeder van Jakobus, en die ander vroue” (Luk. 24:10) asook die Émmaüsgangers (24:13-32).
Die getuienisse oor Jesus se opstanding was vas in die monde van baie betroubare getuies – die veertig dae reversed the blasphemy and the curse about the resurrected ark of His body. Derhalwe het niemand die getuienis kon teenstaan nie. Die sekulêre geskiedskrywer van die tyd, Josefus Flavius (in sy History of the Jews), ook verskeie ander skrywers, het die gebeure gedokumenteer en sodoende ook geloofwaardigheid daaraan verleen. Twee generasies later het die Romeinse historiograaf Eusebius Pamphili in sy boek Ecclesiastical History onderhoude met mense geplaas wat ander mense uit ‘n vorige generasie geken het wat blootstelling aan die herrese Jesus gedurende hierdie veertig dae gehad het.
Alle verskynings van Jesus in hierdie tydperk is nie noodwendig opgeteken nie. In Joh. 21:24b-25 maak die apostel Johannes hiervoor voorsiening: “ons weet dat sy getuienis waar is.
En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie.” Of soos die ou kinderliedjie sê: Al was ons nie daar nie, ons weet dit is waar! Dit is des te meer die waarheid, want alhoewel Jesus in daardie veertig dae in liggaamlike gestalte verskyn het, het Hy nadat die Heilige Gees uitgestort is NIE meer só verskyn nie, want in hierdie nuwe bedeling IS die Here die Gees (2 Kor. 3:17). Derhalwe is die “liggaamlike gedaante” nie vleesgedetermineer nie, maar geesgedetermineer – “Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.” (2 Kor.5:16). Ook ons ervarings van die parousia, die verskynings van Jesus, is vandag steeds hoogstens transmutasies. (Ons kom later in die Manna in groot detail terug hierop terug.)
Samevattend kan ons die getal veertig hier sien as ‘n tydperk wat die presiese omkering van die vloek numeries voorhou, maar ook dat dit Nuwe Testamenties veral dui op die gestaltegewing van die realiteit van die opgestane Jesus Christus, en sy direkte ingrype en insprake rondom “die dinge van die koninkryk van God” (Hand. 1:3). Veertig dae hier dui dus tipologies op die tydperk tussen die opstanding uit die dood en die hemelvaart, d.ws. die tydperk waar die geesmens as deel van ‘n Liggaam vol heerlikheid aan die nuwe aarde beslag gee.
Nou eers kan ons eers terugkeer na die kraai wat Noag na veertig dae uitgestuur het. Gen. 8:6-7 stel dit: “Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het, en ‘n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het …” Die Ancient Hebrew Lexicon of the Bible sê oor hierdie woord wat by ons as venster vertaal is die volgende: “A hole is drilled with a tool called a bow drill. The string of the bow is wrapped around the drill. By moving the bow back and forth, and firmly pressing down, the drill spins around drilling the hole.” Hierdie duidelik antieke meganisme is egter simbolies veelseggend, want die woordjie vir boog het ‘n direkte verband met die woordjie sonde, naamlik om jou merk te mis, met ander woorde nie jou skeppingsdoel te vervul nie. Dieselfde antieke Hebreeuse leksikon sê oor hierdie woord sonde: “When shooting an arrow or other object to a target, the distance that one misses is measured with a cord.” Tipologies gesien – as jy IN Christus is (in die ark), word daar as gevolg van die vloek van sonde wat omgekeer is, ‘n blik op die ewige berge van die voortyd gebied. Daar word as ’t ware ‘n venster oopgemaak op jou skeppingsdoel en roeping wat in die voortyd bepaal is.
Die “back and forth” van die aksie wat die boog moet doen, herinner ons ook aan die Gees van God wat “to and fro” oor die primordiale waters gesweef het, volgens Gen. 1:2. Darby sê: “the Spirit of God was hovering over the face of the waters”. Dit dui met ander woorde ook op ‘n kreatiewe handeling waardeur die nuwe aarde gekarteer word. [Sien Briers Uys se lering hieroor soos voorgehou in Delf Dieper hier onder.]
Baie Bybelkommentators sê dat die kraai spesifiek gebruik is omdat dié roofvoël en aasvreter in die waterwoesterny kon voed op die dooie liggame van mens- en dieropdrifsels nie na die ark hoef terug te gekeer het nie. In die volgende Manna verdiep die geheimenis.
- Sela: Verduidelik die ontvouende tipologie van die ark aan iemand.
- Lees: 25-30
- Memoriseer: 25:2 – hoe gepas is hierdie Skrif nie!
- Delf dieper: Luister na Briers Uys se cd-lering: God se Oë Beweeg ‘Heen en Weer’ om Sy
Heerlikheid tot Rus te bring