Dag 1444-1446

 

“ … in the regenesis …”

(Matt. 19:28, ERRB)

Ons het die vorige Manna afgesluit rondom die feit dat God in 1 Kon. 17:4-6 die kraaie instrumenteel gebruik in die lewe van Elia. Hulle was begeleiers tot Elia se verbondsluiting, en van daar af moes hy refine word! Die volgende stelling is toe gemaak: Die kraai van Noag kan derhalwe ook gesien word as ‘n korporatiewe simbool van die sewevoudige Gees van God wat op grond van sy (Noag se) refined shalem-hart vrygestel is om prototipies die aarde volgens God se nuwe verbondsluiting te karteer.

Sela ‘n oomblik weer oor hierdie tipologiese gedeelte. Hierdie kraai van Noag gaan uit die ark, hier simbolies dan van die Christus-identiteit en die totale nuwe regenerasie (Matt. 19:28, KJV). In die Afrikaans word hierdie woord voorgehou as wedergeboorte, wat duidelik een van die moontlike vertalings is (volgens Thayer). Maar géén Engelse vertaling hou dit so voor nie, wel soos volg:

  • “when all things are made new” (BBE)
  • “the renewal of all things” (CENT)
  • “in the future world” (CEV)
  • “ in the regenesis” (ERRB)
  • “in the New Age” (GNB)
  • “In the Messianic Age” (HCSB)
  • “in the renewed creation” (ISV)
  • “in the new world” (JMNT)
  • “in the renewal of the world” (LEB)
  • “at the Renovation” (LONT)
  • “In the re-creation of the world …” (MSG)
  • “when the age to come has arrived” (NCV)
  • “when everything is made new again” (NJV)
  • “when the world is made new” (NLT)
  • “when all the earth will be new” (NLV)
  • “at the New Creation” (TCNT)
  • “in the new order of life” (WMSNT)

Besef nou – wedergeboorte lei uiteraard daartoe dat alle dinge in die geregenereerde persoon vernuwe en verander, in daardie sin dus  “when all things are made new” of  “the renewal of all things”. Maar hierdie ALL THINGS het bepaald ook ten doel “the complete restoration of all” (Hand. 3:11, AMP), met ander woorde in die ganse heelal. Gaan lees asseblief weer Dag 713 – 715 waar uitgewys is dat die eerste hemel en die eerste aarde moet verbygaan. Ons het uit die vorige leringe verstaan dat dit nie konkreet hemel en aarde is nie, maar dat die “ou skepping” wat deur die sondeval gekorrupteer is (Rom. 5:12), wat tot “nuwe skepping” (2 Kor. 5:17) moet kom. Jesus se waarmerk hiervan word in Open 21:5 gegee: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Hy doen dit deur alles te toets aan Sy wesensaard: Vuur. Daarom – 2 Pet. 3:13 se “nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon”, is onteenseglik JY, maar dit is terselfdertyd ook die instrumentele wyse waarop God alle dinge met Homself wil versoen.

Baie mense mis presies die grootsheid van wat gebeur met wedergeboorte/ ”regeneration” – dit is die eerste eksemplariese gebeurtenis waartydens God se totale hernuwing of versoening met Homself begin. Ons vergeet soms dat 2 Kor. 5:17 en 2 Kor. 5:18 se waarhede rug aan rug staan:

  • 2 Kor. 5:17 – “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”
  • 2 Kor. 5:18 – “En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het …”

 

Dít is dan inderdaad “the renewed creation”, “the re-creation of the world”. Daardie langverwagte “age to come has arrived”! Dit is bepaald “the new order of life”, ‘n “New Age” (helaas nié soos die sekulêre wêreld dié begrip inspan nie); onteenseglik “the regenesis”. Laasgenoemde verwoording hiervan in die exeGeses ready research Bible benadruk mooi die feit dat daar ‘n totale nuwe skeppingsproses hier ter sprake is, soortgelyk aan die eerste skeppingsproses in Eden! Toe die kraai uitgestuur word nadat die ark op Ararat gestrand het (Gen. 8:4), het die langsame proses om alle dinge te herstel, begin. Die proses to reverse the curse, het ‘n aanvang geneem.

Allerweë beskou teoloë kraaie as negatief, veral oor hul Levitiese wetstatus as onrein diere, en hul swart kleur, die feit dat hulle aasvreters is, en volgens oorlewering oë uitpik. Maar die Bybel gebruik die kraai anders – gaan lees weer Manna Dag 1016-1018. Ons moet ons nie in ‘n tipologie blind staar teen oorgelewerde kenmerke nie, maar eerder let op konteksspesifieke heenwysings. Ek lees die kraaiverwysing in die lig van die oorvloedige positiewe Bybelse verwysings daarna eerder soos Cecilia Dart-Thornton dit doen in The Battle of Evernight: “The raven spread out its glossy wings and departed like hope.”

Die omkering van die vloek kry simbolies beslag deur die kraai in die verhaal van Noag se ark, want hierdie kraai stel die sewevoudige Gees van God voor. Let mooi daarop – dit is NIE die duif, of dan (nét) die Heilige Gees nie; dit is die totaliteit van die herskeppende dunamis-krag van die (vermeerderde) sewevoudige Gees., hier verbeeld deur die kraai (die lidwoord word in die Hebreeus vooropgestel). Uiteraard sluit laasgenoemde die Heilige Gees in, want uit die benoeming van die sewe Geeste van God is die heel eerste een die Heilige Gees, soos dit vooropgestel is in Jes. 11:2 – “en op Hom sal … rus

  1. die Gees van die HERE
  2. die Gees van wysheid en
  3. (die Gees van) verstand,
  4. die Gees van raad en
  5. (die Gees van) sterkte,
  6. die Gees van kennis en
  7. (die Gees) van die vrees van die HERE”.

In die voorstelling van die menorah (die sewevoudige kandelaar) verteenwoordig die hele kandelaar die Heilige Gees, maar daarbinne is daar sewe werkinge, waarvan die werking van die Heilige Gees as entiteit bloot een van die werkinge/administrasies van die Gees is. In ons tipologie is die minorah in die geheel dus die duif as embleem, maar  die sewevoudige manifestasie van die sewe brandende olielampe word deur die kraai voorgestel. [Die feit dat die getal sewe deurgaans in hierdie verhaal so vooropgestel word, maak dit des te meer geloofbaar dat die sewe Geeste van God deur die kraai voorgestel word, veral omdat daar in die ark ook sewe pare kraaie was – Gen. 7:3.]

Dit behoort nog verder duidelik te word as ons weet (anders as die Charismatiese en Pinkstergroeperinge) dat die Heilige Gees nie die salwing as sodanig is nie, maar die administrateur van die salwing. Die salwing is CHRISTUS, die Gesalfde, wat lettterlik die “Messianic Age” ingelei het. Dit is die heerlike wisselwerking tussen Jesus en die Heilige Gees, “die Here wat (ook) die Gees is” (2 Kor. 3:18).

Die werkinge van die Gees as sodanig, wat 2 Kor. 3:8 (ASV) “the ministration of the spirit” noem, is veel wyer en meer ontvouend as bloot die entiteit van die Gees. Onderskei dus die Gees (tipologies dus die duif) teenoor die werkinge van die Gees (tipologies die kraai). Paulus sê: “He hath made us able ministers of the New Testament … of the SPIRIT” (2 Kor. 3:6, KJV).

Noag word voorberei om ‘n nuwe verbond te kom vestig – “met jou sal Ek my verbond oprig” (Gen. 6:18), en as voorbereiding speel die kraai ‘n belangrike voorspraakrol. Om dit na behore te verstaan, moet ons die volgende belangrike waarhede vasmaak: die woordjie “testament” kom van die Griekse woord diathēkē, wat ook “verbond” beteken (Thayer). In die KJV word die woordjie byvoorbeeld 18 keer as “testament” voorgehou, en 20 keer as “verbond”. Lees saam met my in Heb. 8:10-11 wat die wesensaard van hierdie nuwe verbond is: “Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.”

Hierdie nuwe testament kan NET in Jesus se bloed en lewe gevind word, nêrens anders nie –  want soos Jesus dit uitgespel het in Luk. 22:20: “die nuwe testament (is) in my bloed”. Die nuwe verbond kan nie met die Bybel of met geskrifte of met wette op kliptafels voorgehou word nie – hierdie testament kan net gestalte vind in die lewe of die bloed van ‘n mens. Deur die gebruik van die sap van die wingerd (= die Christus, die Bruid – Joh, 15), verinnerlik ons die lewe van Christus IN ons – “He that is joined unto the Lord is ONE SPIRIT” (I Kor. 6:17, KJV). “En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe …” (Joh. 6:54-55). Hieruit is nou duidelik hoekom Noag ‘n wingerd geplant het en dronk geword het in die Gees (Gen. 9:20-21; Ef. 5:18)!

Dis al hoe ons “able ministers of the New Testament … of the SPIRIT” kan word. Dié gelowiges met die verbond deur wedergeboorte/regenerasie/regenesis in hul harte ingesny, IS “die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus” (Rom. 8:2). Jý is die verbond. Die nuwe testament is nie ‘n boek nie; dit is ‘n Persoon. Die Nuwe Testament is Christus Jesus – Hoof én Liggaam. “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.” (Joh 5:39-40).

Uit die ark wat God “gereed gemaak (het) tot redding” (Heb. 11:7) word die kraai vrygestel oor die aarde vir sy regenesis, om heen en weer sy skeppende aktiwiteit in en deur water te laat gebeur, baie soos in die begin toe die Gees van God oor die primordiale waters gesweef het (Gen. 1:2)!

  • Sela: Is jy waarlik in die nuwe testament?
  • Lees: 9-12; Hoogl. 1-4
  • Memoriseer: 4:7
  • Delf dieper: Luister na Izak van der Merwe se cd-lering: Satan en die Nuwe Verbondslewe