Dag 1455

 

“julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees,

as naamlik die Gees van God in julle woon”

(Rom. 8:9, OAV)

 

Terug by die wesenseienskappe van “die Gees van die HERE” (Jes. 11:2), in ons poging om die eerste van die sewe Geeste van God te ondersoek.

Die natuurlike mens beleef en verstaan alle dinge deur sy/haar vyf sintuie. Ons moet baie bewus wees dat daardie natuurlike sintuie van vleeslike bestaan baie sensitief is vir beïnvloeding deur “die gees van die dwaling” (“the spirit of error” – ASV; “the spirit of delusion” – ABP; “the spirit of deception” – ALTNT; “spirit of seduction” – ERRB; “the spirit of lies” – GW; “the spirit of deceit” – ISV; “the spirit of falsehood” – NIVUK). Hierdie demoniese gees kleur dus bepaald die mens se sintuiglike belewenisse. Hierdie gees, sê 1 Joh. 4:6, werk téén “die Gees van die waarheid”. Hierdie gees is uiteraard nie ‘n ander onderskeibare gees nie, maar ‘n wesensbeskrywing van die Heilige Gees, want immers is Hy wat ons in die hele waarheid lei (Joh. 16:13). Die vrug van die Gees bestaan byvoorbeeld net wanneer daar “goedheid en geregtigheid en waarheid” (Ef. 5:9) is. Trouens: “die Gees is die waarheid” (1 Joh. 5:6). Deur natuurlike sintuiglike belewenisse bou hierdie gees van dwaling dus ‘n delusie, ‘n vals konstruk en hou dít as die werklikheid voor. Maar dit is NIE die sogenaamde objektiewe werklikheid nie. Daar is helaas glad nie so iets soos ware objektiwiteit nie.

Paulus spel dit dan in 1 Kor. 2:14 onomwonde uit: “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” Die Mirror Bible se weergawe van Rom. 8:5-6 verduidelik dit trefseker: “Sin’s symptoms are sponsored by the senses, a mind dominated by the sensual. Thoughts betray source; spirit life attract spirit thoughts. [SELA!] Thinking patterns are formed by reference, either the sensual appetites of the flesh and spiritual death, or zoe-life and total tranquility flowing from a mind addicted to spirit realities.” [Zoe = the principle of life in/from God.] Daarom is wat die vlees bedink, vyandskap teen God (Rom. 8:7).

‘n Skrif wat oor hierdie spanning tussen fisiese en geestelike sintuie handel, en dikwels totaal verkeerd verstaan word, is 1 Kor. 2:9 – “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.” Die sintuiglike waarneming en menslike denke waarvan hier gepraat word, vergelyk in géén mate met die geestelike sintuie wat – soos vers 10 dit mooi uitspel – “God …  aan ons deur sy Gees openbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God”. Hierdie is inderdaad “a realm inaccessible to the senses” (vers 9, MB).

Hierdie Skrif uit Korinthiërs haal Paulus uit Jes. 64:4 aan. Daarin kom die woordjie “He hath prepared” voor, in Hebreeus ‛âśâh, wat getranslitereerd in Grieks volgens ABP die woordjie poieō is, wat die basiswoord is van poiēma, waarvan ons byvoorbeeld van lees in Ef. 2:10, waar daar sprake is van ons as woorde in God se gedig!Bedink dit – jou geestelike sintuie is absoluut nodig om jou geestelike identiteit te laat ontvou!

  • Sela: Funksioneer jou geestelike sintuie?
  • Lees: 22-24
  • Memoriseer: 22:22 (wat is die sleutel van Dawid?! Weer eens ontoevallige sinchronisiteit!)
  • Delf dieper: Luister na Daniël Gouws se lering: Die sleutel en die tabernakel van Dawid