“om tussen goed en kwaad te onderskei”
(1 Kon. 3:9, OAV)
Ons het nou bietjie wyd geloop in ons uitpluising van Heb. 5:14 – “Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.” ‘n Paar dinge is nou duideliker:
- Die mens het sy onskuld met die sondeval verloor en dit het gelei tot sy staat van sieklike selfbewustheid en naaktheid (“ek is vleeslik, verkoop onder die sonde” – Rom. 7:14).
- Niks kan daardie staat van vleeslikheid verander nie, veral nie pogings tot selfverbetering nie – “Flesh and blood give birth to flesh and blood, but the Spirit gives birth to things that are spiritual.” (Joh. 3:6, GW).
- Die Gees van die Here is absoluut noodsaaklik om hierdie werke van die vlees, dit wil sê jou vleeslike staat, te vernietig – “want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe” (Rom. 8:13).
- In die innerlike mens (Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16) en deur die handelende, lewendmakende Gees (1 Kor. 15:45), word in die gelowige geestelike sintuie ontwikkel wat die selfbewuste vleeslike staat van die self onder beleg plaas.
- Sodoende word die gelowige “van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid” (2 Kor. 3:18).
- Algaande deur hierdie proses word die gelowige al hoe meer volwasse, soos sy geestesvermoëns deur die gewoonte geoefen word om goed van kwaad te onderskei.
- Dit lei uiteindelik tot sy full measure, “tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus” (Ef. 4:13).
‘n Sleutelskrif in hierdie verband is Salomo se gebed in 1 Kon. 3:9 – “Gee dus aan u kneg ‘n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?” ‘n Opmerksame hart manifesteer in wysheid!
1 Kon. 3:28 – “En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het, en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daar goddelike wysheid in sy binneste was om reg te doen.”
Maar wat presies is ‘n opmerksame hart? Die woord in Hebreeus is shâma‛, wat beteken: “to hear, listen to, obey” (BDB). Om dit prakties te verwoord, is Spr. 16:3 in die Amplified Bible die heel beste heenwysing: “Roll your works upon the Lord [commit and trust them wholly to Him; He will cause your thoughts to become agreeable to His will, and] so shall your plans be established and succeed.”
- Sela: “‘n Opmerksame hart manifesteer in wysheid.”
- Lees: 7-9
- Memoriseer: 8:22
- Delf dieper: Luister na Izak van der Merwe se lering: Die storie van die bome.