Dag 1477-1479

 

“En hulle sal een vlees wees.”

(Gen. 2:24b, AOV)

Die vorige Manna het grootliks gehandel oor hoe die wetenskap, spesifiek die kwantumfisika, die Bybelse misterie van een-heid in die Liggaam van Christus en een-heid in ‘n huweliksverhouding werk. Laasgenoemde is veral bespreek uit die oogpunt van ‘n Skrif wat vir die eerste keer in Gen. 2:24 voorgehou word: “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” In Nuwe-Testamentiese sin verwys ook Jesus daarna (Matt. 19:4-6; Mark. 10:7-9), asook Paulus in 1 Kor. 6:16-18.

Dit is belangrik dat ons vir ‘n wyle net stilstaan by hierdie veelseggende teks, al beteken dit dat ons grootliks afwyk van die oorkoepelende onderwerp waarmee ons tans besig is.

Vir baie lank is daar soveel menings gewees oor hierdie Skrifgedeelte, en die algemene lering in Charismatiese kringe kan grootliks saamgevat word in ‘n tydskrifartikel getiteld ‘Op jou merke … gereed …’ deur Riaan Lombard in die Mannatydskrif (26 Oktober 2010): “Die huwelik in vandag se tyd is nie meer dieselfde as die Bybelse huwelike nie. In die Bybel se tyd was daar nie predikers wat mense in die huwelik kon bevestig nie. Die oomblik wat ‘n man en ‘n vrou saamgeslaap het, was hulle getroud. Die huwelik is ‘n verbond tussen ‘n man en ‘n vrou. As jy vandag met iemand slaap, is dit net so wel julle het in die gees met mekaar ‘n verbond gesluit. ‘n Sielsband is dus ‘n geestelike band wat tussen ‘n man en ‘n vrou gevorm word wanneer hulle seks het. Jy het ‘n sielsband met elke liewe persoon met wie jy seks gehad het. ‘n Klomp sielsbande met ‘n klomp mense veroorsaak emosionele bagasie wat eendag jou huwelik se dood kan beteken. As ‘n man byvoorbeeld drie seksuele verhoudings en die vrou twee seksuele verhoudings gehad het voordat hulle getrou het, is kanse goed dat hulle huweliksprobleme gaan ontwikkel. Kan jy nou verstaan hoekom jy nie net saam met iemand kan slaap en dink dat dit niks beteken nie?”

Benewens die lukraakheid van die voorbeeld wat voorgehou word, en die naïef-pedantiese aanslag van die skrywer, is dit tot ‘n groot mate die beskouing oor sielsbande wat in die meeste tweededimensiekerke gehuldig word. Jy kan byvoorbeeld op die internet baie voorafuitgewerkte gebede kry wat jy kan bid as jy wel geslagsgemeenskap buite die huwelik gehad het. Bykans almal beredeneer in dieselfde trant oor buite-egtelike seks.

Die bekende persoon hier ter plaatse, Amanda Buys van Kanaän-bedieninge, formuleer dit eenvoudig soos volg: “Wanneer twee mense trou, moet die sielsverbond met hul ouers gesny word, anders sal dit baie konflik in die huwelik veroorsaak. Die sterkste sielsverbond wat tussen twee mense kan bestaan, word in die huwelik gevorm … Wanneer ons huweliksbeloftes by die altaar afgelê word, word ‘n sielsverbond  gevorm deur ‘n belydenis. Maar die huweliksbed is die finale eenwording van twee mense wat dan een siel en een vlees word … WAT GEBEUR INDIEN DAAR MEER AS EEN SEKSUELE EENWORDING IS? Die persoon se siel is gebind aan die ander seksmaat se siel en hulle is verenig asof in die huwelik.” Later in hierdie kursus word die volgende gesê: “‘Indien ‘n vrou seksuele verhoudings het met verskeie mans, sal haar gees en siel elkeen van hulle soek. Haar gees is versprei en uitmekaargeskeur. ‘n Man se gees is só gebou dat vir elke vrou wat hy binnedring, sy gees wil vind, beskerm, seën, vertroetel en voorsien vir daardie vrou.” Sielsbande word volgens Buys ook gevorm deur fantasie en verbeelding. Sy praat dan van hulle as “mense wie se siele versprei is tussen baie seksuele kontakte”. (Sielesorg Skool Kursus I, pp. 235-240, te kry op http://www.kanaanministries.org/Downloads/Afrikaans/).

Om mee te begin, bedink die term sielsbande net ‘n wyle saam met my. Alhoewel daar verseker ‘n emosionele band tussen mense kan ontstaan wat seksuele blootstelling aan mekaar het, is dit byvoorbeeld nie altyd die geval nie, byvoorbeeld met prostitusie. Wanneer dit nie in alle gevalle so is nie, kan dit helaas nie as algemeen-geldend aangebied word nie. Dit is voorts kwalik moontlik dat die ander fasette van die sielsdimensie ‘n band vorm, spesifiek die intellek/verstand, die wil, die persoonlikheidskenmerke en talente, byvoorbeeld. Alhoewel die begrip sielsbande vry algemeen gebruik word as Christelike jargon, is dit ‘n onlogiese, selfs onsinnige begrip wat glad nie in hierdie konteks so gebruik kan word nie. Ons gebruik baie dikwels sulke vangfrases (catch phrases) in ons geestelike diskoerse sonder dat ons die Bybelse basis daarvan werklik ondersoek het. Dit grens derhalwe soms aan die belaglike.

Tweedens – dit behoort dus nie vir jou as ‘n skok te kom om te weet die woordjie sielsbande kom glad nie as sodanig in die Bybel voor nie. Die naaste wat ons daaraan kry, is in 1 Sam. 18:1– “EN nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het die siel van Jónatan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jónatan het hom liefgekry soos sy eie siel.”

[Alhoewel daar teoloë is wat hierdie verhouding tussen Dawid en Jónatan wil takseer as ‘n homoseksuele verhouding (byvoorbeeld Jeff Miner & John Tyler Connoley se The Children Are Free: Reexamining the Biblical Evidence on Same-sex Relationships en Michael S. Piazza se Holy Homosexuals: The Truth About Being Gay or Lesbian and Christian) is daar, onder andere, dikwels in hul argumentvoering ‘n gebrek aan die verrekening van kulturele kontekste in die historiese tydsgewrig waarbinne die gebeure plaasgevind het. Benewens bovermelde vers, is die ander vers wat gebruik word om hierdie siening te staaf, 2 Sam. 1:26, wat Dawid as deel van sy elegiese lied vir Jónatan geskryf het  – “Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jónatan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.” Gaan lees byvoorbeeld J. Lee Grady se artikel ‘How I Know David and Jonathan Weren’t Gay’ in Charisma Magazine, Junie 2016, te krye in http://www.charismamag.com/blogs/fire-in-my-bones/17945-how-i-know-david-and-jonathan-weren-t-gay. Ons gaan nie nou hierdie saak hier verder bespreek nie, want dit val buite die onderhawige tema.]

Maar wat beteken die vers dan wat sê: “die siel van Jónatan (het) verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jónatan het hom liefgekry soos sy eie siel”. Belangrik om uit te wys, is dat die frase “verkleef geraak” hier nie dieselfde beteken as in  Gen. 2:24 nie – “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.”

 

Gen. 2:24 1 Sam. 18:1
“en sy vrou aankleef “die siel van Jónatan (het) verkleef geraak”
(H) dâbaq (H) qâshar
(BDB) to cling, stick, stay close, cleave, keep close, stick to, stick with, follow closely, join to, overtake, catch (BDB) to bind, tie, bind together, league together, conspire
(WordStudy Dictionary) A verb meaning

to cling to, join with, stay with. It is used

of something sticking to or clinging to something else (Eze_29:4); it describes Ezekiel’s tongue clinging to the roof of

his mouth (Eze_3:26). It is used

figuratively or symbolically of a man

cleaving or clinging to his wife (Gen_2:24)

or of evil deeds clinging to a person (Psa_101:3). It depicts leprosy clinging

to a person, not going away and

persisting (2Ki_5:27), as well as famine (Deu_28:21; Jer_13:11; Jer_42:16). It

depicts relationships created as an act of joining together, to follow (Jos_23:12; 2Sa_20:2). In a spiritual sense, it describes Ruth joining and staying with Boaz’s

maids (Rth_2:8, Rth_2:21, Rth_2:23) and Jehoram’s following the sins of Jeroboam (2Ki_3:3). To hold on to an inheritance or right is depicted using this verb (Num_36:7). It depicts the scales of a crocodile tightly fastened together (Job_41:17 [9]) and clods

of earth stuck to each other (Job_38:38). In certain uses, it has the idea of causing things to stick or be stuck (Psa_22:15 [16]; Eze_29:4).

(WordStudy Dictionary) A verb meaning to conspire; to bind. It refers literally to

binding or tying something up (Gen_38:28; Jos_2:18, Jos_2:21; Jer_51:63); figuratively attacking or fastening something on (Isa_49:18); controlling, binding the Pleiades constellation (Job_38:31). It is used of connecting a wall together (Neh_4:6 [3:38], Neh_4:8 [2]). It has many figurative uses: it is used of Jacob’s soul being bound up with Benjamin (Gen_44:30); of Jonathan’s soul being bound to David’s soul (1Sa_18:1); of forming a conspiracy together, forming an alliance against someone (1Ki_15:27; 1Ki_16:20; 2Ki_9:14). It is used to indicate the binding of religious, moral, spiritual, and eternal teachings or concepts to oneself (Deu_6:8; Deu_11:18; Pro_3:3; Pro_6:21; Pro_7:3).

Die woord wat in Génesis gebruik word om die vereniging van Mens en Mannin te beskryf, dui duidelik op ‘n seksuele intimiteit, ‘n innerlike verbondenheid, ‘n diepgesetelde eenheid wat onherroeplik geïntegreer is, ‘n interne integrasie. Die woordjie wat in 1 Samuel gebruik word, dui op ‘n aksie van saambind, iets wat metafories deur eksterne middele aanmekaar gevoeg word, ‘n eksterne samevoeging.

Dus, om saam te vat. Ons verkies nie om enigsins die begrip sielsbande te gebruik nie, want dit wat met seksuele gemeenskap verenig word, is veel eerder liggaam as siel. Daar is dus liggaamsbande – hieroor later meer in die volgende Manna.

Wat wel belangrik is om uit te hef, is dat selfs gemeenskap buite die huweliksverbond OOK hierdie liggaamlike integrasie tot gevolg het. Die Skrif wat dit onteenseglik uitwys, is 1 Kor. 6:15-20: “Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie! Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”

Seksuele gemeenskap, selfs met ‘n hoer, beteken onteenseglik wél ook dat die persone een vlees met mekaar word. Punt. [Dis ‘n onsinnige argument dat “een vlees” dui op “a child … biologically composed of both mom and dad”, soos David J. Stewart dit in sy artikel voorhou: http://www.jesus-is-savior.com/Evils%20in%20America/Sodomy/one_flesh.htm. Wat dan as daar nié ‘n kind verwek word nie? Wat sou die implikasies dan wees?]

Wat wel waar is, is dat hierdie verborgenheid (Ef. 5:32) van die eenwording tusssen man en vrou uiteraard nie net so voor die hand liggend as blote seksuele verkeer is nie, want dit is volgens Mark. 10:9 God wat hierdie samevoeging doen, en dit gaan nie net gemaklik gebeur met ‘n (on)willekeurige uitwoed van passie, wat Rom. 1:26 “skandelike hartstogte” noem, nie. In die volgende Manna hervat ons hierdie gesprek.

  • Sela: Is jy uitgelewer aan “skandelike hartstogte”?
  • Lees: 22-30
  • Memoriseer: 29:11-13
  • Delf dieper: Lees (krities) enige van die boeke of artikels waarna hierbo verwys is.