Dag 1488

 

“The exact life on exhibit in Christ

is now repeated in us.”

(Kol. 3:4, MB)

In die hoëpriesterlike gebed wat Jesus in Joh. 17 bid, praat Hy in die derde persoon van Homself as Hy in verse 1 en 2 sê: “Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik— soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.” Die Message se vertaling van Jesus se woorde in vers 2 is so treffend: “You put him in charge of everything human so he might give real and eternal life to all in his charge.”

Uit die onverganklike saad van Jesus Christus (1 Pet. 1:23), wat in die hart van die gelowige hart gesaai word (Luk. 8:15), bars en beur die nuwe lewe voort wat ewig die Gees van Jahwe deelagtig word! Hierdie nuwe lewe produseer ‘n goddelike geesnatuur (2 Pet. 1:4) van dieselfde kwaliteit en aard as wat Jahwe ons Vader besit. Hierdeur besit ook ek en jy die “self-existing life” wat kenmerkend is van die Een uit wie ons gebore is. Hierdie is ‘n grootse gedagte. En dit sal ons nou laat beter verstaan wat Gal. 2:20 bedoel as dit verklaar: “ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my”. Dit is hierdie lewe waarna ook die ganse skepping met reikhalsende verlange smag (Rom. 8:19-21). Daarom stel Kol. 3:4 dit so ongeëwenaard mooi: “Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.” Die Mirror Bible se vertaling hiervan is ‘n absolute juweel: “The exact life on exhibit in Christ is now repeated in us.” Wat ‘n ongelooflike waarheid!

Die heerlikheid wat geopenbaar word, is egter nie die heerlikheid wat Jesus reeds op aarde gehad het nie, al was Hy vir die mensdom ‘n manifestasie: “ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid” (Joh. 1:14). Jesus vra in Joh. 17:5 – “En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.” Dit is onteenseglik ‘n heerlikheid “wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet” (1 Kor. 2:9). [Die woordjie “wanneer” waarmee Kol. 3:4 hierbo begin, word altyd gelees as ‘n gebeurtenis wat net in die toekoms gerealiseer kan word. In die Grieks beteken dié woordjie hótan eintlik glad nie wanneer nie, maar eerder elke keer! The WordStudy Dictionary maak dit duidelik: “whensoever, … , so often as … referring to an often repeated or possible action in the pres. or fut. time”. Dan staan daar eintlik in Kol. 3:4 – “Elke keer as die Christus, wat jou lewe is, geopenbaar word, dan sal jy ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.”

Hy het ons onteenseglik, volgens 1 Pet. 5:10, geroep tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, sodat Hy ons kan “volmaak, bevestig, versterk en grondves”! Hy wil dit met jou doen! Volmaak. Bevestig. Versterk. Grondves. Sy begeerte is “to restore, confirm, strengthen, and establish you” (NET). Amen!

  • Sela: Hierdie laaste paragraaf is net waarvoor jy jou lewe lank gewag het. Maak dit vas!
  • Lees: 49-51
  • Memoriseer: 50:5 (hoe gepas is hierdie vers nie!)
  • Delf dieper: Luister na die cd-lering van Izak van der Merwe: Die ewige verbond.