“sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word”
(2 Kor. 5:4, OAV)
Om jou gedagtes oor die vorige Manna te verfris – ons het die profetiese belofte van 2 Kor. 5:4 ondersoek – “sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word”. En toe het ons gevra: Kan dit nog in hierdie lewe gebeur? Die antwoord setel daarin dat ons ‘n onderskeid moet tref tussen die gees, siel en liggaam van die natuurlike mens, wat volgens die Skrif moet sterf, en die gees, siel en liggaam van die geestelike mens, wat vanaf die totstandkoming daarvan met die wedereboorte NIE kan sterf nie. Onthou – as gevolg van die die wet van die sonde en die dood leef ek en jy sedert ons geboorte in die doderyk, wat ons die wêreld noem, omdat die dood daarin heers (Rom. 5:17). Ná ons wedergeboorte leef ons egter stééds in die fisiese daar, maar ons wedergebore geesmens leef egter in ‘n ander realm waar die lewe heers.
Die Skrif wat dit grootliks ondersteun, is die groter perikoop waarin 2 Kor. 5:4 ingebed is: “Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word, as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie. Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word. Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het. Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.” (2 Kor. 5:1-6).
‘n Paar belangrike opmerkings wat ons oor hierdie gedeelte moet maak, sal ons help om tot ‘n beter verstaan te kom van hierdie komplekse saak:
- Die hoofstuk begin met “Want” as insetposisie, wat impliseer dat dit ‘n verduideliking is van ‘n vorige stellingname. Om te bepaal wat dit is, moet ons na die slot van hoofstuk 4 gaan kyk.
- Aan die einde van hoofstuk 4 is daar egter nóg ‘n “Want” (2 Kor. 4:17), wat dan lyk asof die stellingname óf twee argumente ten grondslag het, óf dat ter wille van die eerste argument daar ‘n verdere verduideliking gebied word. Voorts begin verse 2 en 4 óók met “Want”, en dieselfde argument geld as met vers 1 se “Want”.
- 2 Kor. 4:16 is die belangrike stellingname waar die vier “want”-e aangebied word: “Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.” Die belangrike onderskeid wat ons deurgaans in die Manna getref het, word hier vooropgestel: die uiterlike mens (met sy gees/asem, siel en liggaam) en die innerlike mens (met sy wedergebore gees, deel van die korporatiewe siel en deel van die korporatiewe liggaam). Die innerlike mens het as ’t[as’t] ware uit die dood opgestaan met die wedergeboorte: “Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.” (Ef. 5:14). Die wetmatigheid is naamlik dat soos die uiterlike mens dag ná dag meer vergaan [“be corrupted” (ABP), “is perishing” (ACV), “is decaying” (ALTNT), “is being destroyed” (EMTV), “is getting feebler” (BBE), “is wasting away” (CENT), “is impaired” (LONT), “gradually dying” (CEV), “is consumed” (DBY), “is corrupted” (Douay-Rheims), “is becoming older and weaker” (ERV), “we are wearing out” (GW), “is wearing away” (NET), word die innerlike mens meer vernuwe.
- Verse 17 en 18 bied die eerste “want”, dus die eerste rede waarom die wetmatigheid daar is: “Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” Daar word onmiddellik twee teenoorstaande scenarios geskep:
Uiterlike mens (vergaan) | Innerlike mens (vernuwe) |
ervaar ligte verdrukking vir
‘n oomblik |
‘n alles oortreffende ewige gewig
van heerlikheid word bewerk |
let op die sigbare, tydelike dinge | let op die onsigbare, ewige dinge |
Hieruit blyk dit duidelik dat die een wetmatigheid van die gestadigde sterfte van
die natuurlike liggaam absoluut noodsaaklik is vir die ander wetmatigheid van die vernuwing en vermeerdering in die geestelike liggaam; dit word daardeur bewerk!
- Die eerste vers van 2 Kor. 5 begin ook met ‘n “Want”, wat dit die tweede geval maak, en kan as uitbreiding op óf die vorige “want” gesien word, óf as deel van die hoofargument wat in 2 Kor. 4:16 begin is. Die parallel word hier steeds uitgebou:
Uiterlike mens (vergaan) | Innerlike mens (vernuwe) |
aardse tentwoning word afgebreek | ‘n hemelse gebou van God
(word opgerig) |
‘n gebou nie met mensehande
gebou nie, maar deur God opgerig |
Helaas het die metafoor van “‘n gebou van God” menigvuldige mense deur die eeue mislei om allerhande sensuele verlokkinge daaroor te glo. Gaan lees weer asseblief Manna Dag 534-535 asook Dag 587-589 waarin hierdie teologiese miskonsepsies uitgespel word. Die beeld van ‘n “tentwoning” daarentee is besonder gepas, want dit suggereer tydelikheid en verganklikheid op ‘n treffende wyse, soos ook in Job 4:19 gestel – “hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos ‘n mot”. Dit is voorts belangrik om ook later te besin oor hóé hierdie hemelse konstruksie waarvan Joh. 14:2-3 praat, in der waarheid deur “God die boumeester en oprigter” (Heb. 11:10), gebou word en ‘n konstruksie “wat nie aan hierdie skepping behoort nie” (Heb. 9:11). Die Mirror Bible se parafrase vertaal dit so mooi en helder: “Our skin-bodies have a sell-by date; our spirit-bodies are eternal. The same God who fashioned these skin-bodies in our mother’s womb, engineered our spirit-bodies to be our permanent dwelling
- Die derde en vierde “Want” kry ons in 2 Kor. 5:3-4, wat duidelik voortbou op die hoofargument wat in 2 Kor. 4:16 begin is. Hier word egter ‘n baie belangrike ander metafoor ingebring wat die sentrale beeld van die gebou op ‘n opwindende nuwe manier van kyk herdefinieer. Die nuwe metafoor handel oor bekleding, en spesifiek dan die gebou as kledingstuk wat uitgetrek of aangetrek kan word.
Uiterlike mens (vergaan) | Innerlike mens (vernuwe) |
naak deur ontklee te word | word uit die hemel met jou hemelse
gebou oorklee |
die sterflike word verslind | deur die lewe |
- Dit is van groot belang vir ons huidige fokus om te weet dat hierdie hele proses deur die twee wetmatighede: die wet van die Gees van die onverganklike en onoorwinlike lewe in Christus Jesus en die wet van die sonde en die dood bewerk word. Dit is met ander woorde ‘n absolute noodwendigheid dat dit só sal gebeur.
- 2 Kor. 5:5 spel dit uit: “Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het.” Vervang die woordjie “hiermee” met die oorhoofse tema van die hele perikoop: “sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word”, en dan lees dit mooi soos volg: “Maar Hy wat ons juis toeberei het dat die sterflike deur die lewe verslind kan word, is God, wat ons ook die Gees as onderpand [daarvoor] gegee het.” Die woordjie “onderpand” is in Grieks arrhabōn, en dit beteken “a part payment in advance for security” (New American Standard Exhaustive Concordance); “a pledge or down payment? that the full amount will subsequently be paid” (Thayer); “the down payment of the Spirit” (WEB). [Sien ook 2 Kor.1:22; Ef. 1:14.]. Hierdie is dus een van die belangrikste gevolge van die Gees IN ons, en die Gees IN ons is egter nog slegs ten dele in ons, en sal ons progressief al hoe meer ten volle vul soos wat ons “in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus” (Ef. 4:15). Ons moet “toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Pet. 3:18). The Bible Knowledge Commentary noem hierdie proses tereg “the surety of that consummation” wat deur die Heilige Gees bewerk word, “whose presence and transforming work (2Co_3:18) forms the beginning and is guaranteeing the completion of God’s gracious salvation (Rom_8:23; Eph_4:30).”
- Die woordjie “toeberei” is in Engels die mooi woordjie “wrought”, wat volgens The Complete WordStudy Dictionary as sinoniem die woordjie poiéō het, wat duidelik ook slaan op die proses om die woord in God se gedig te vervaardig, die “maaksel” of “workmanship” van Ef. 2:10. Jou identiteit in Christus speel dus toenemend ‘n belangrike rol in die vestiging van jou erfdeel. Sela.
- As 2 Kor. 5:6 dan hierdie perikoop afsluit deur te stel: “Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.” Die Ou Afrikaanse vertaling is onlekker; in die Phillips-vertaling word dit só omskryf: “We realise that being ‘at home’ in the body means that to some extent we are ‘away’ from the Lord, for we have to live by trusting him without seeing him.” Miskien sê die Mirror Bible dit die duidelikste: “We are cheerfully courageous, knowing that our immediate address in our earthly bodies cannot distance us from the Lord, since we originate from Him.”
Ter afsluiting van hierdie subtema in die Manna wil ons in die volgende aflewering ‘n enkele Skrif probeer peil wat lyk asof dit presies die teenoorgestelde sê as wat ons slotsom tot dusver was, naamlik Rom. 8:11 – “ En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.” Interessant!
- Sela: Verduidelik aan iemand hoe “die sterflike deur die lewe verslind kan word”.
- Lees: 4-12
- Memoriseer: 10:4
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Vrees vir die Dood Hou jou in Slawerny