“We have an altar …” (Heb 13:10, KJV)
Paulus skryf in Hand 17:23 dat ‘n altaar gebruik word om ‘n god/God te vereer. In die oorspronklike Hebreeus beteken altaar letterlik “a place of slaughter or sacrifice”, omdat die sluiting van ‘n verbond of die oprigting van ‘n altaar dikwels bloed vereis het.
In die Ou Testament is altare gebou om ‘n ontmoeting met God of ‘n gelofte aan God te bevestig (Gen 8:20; 12:7; 13:4, Eks 18:12; 24:4; Esra 3:2 en vele ander). Die kinders van Israel het hul eiesoortige altare gehad en hulle het dikwels by die “patroon” of boustyl van hul vadere gehou (Jos 22:9).
Streng gesproke is ‘n altaar ‘n kontakpunt tussen die fisiese en die geestelike realm. Nadat Jakob in ‘n geestelike droom gesien het hoe engele op ‘n leer opklim en afklim (Gen 28:12), en hy gesien het God staan bo-aan die leer (vers 13) en Hy maak ‘n belofte oor Abram se toekoms en oor sy nageslag (verse 13-15) aan hom, het Abram ‘n konkrete teken opgerig om hierdie uitsonderlike geestelike ontmoeting te gedenk. Daarom sê hy in die vrees van die Here in vers 16-17: “Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie … Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as ‘n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.”
Altare is derhalwe ook poorte of hekke tot die geestelike realm, en kan daar eweneens ook demone en prinsipaliteite beweeg in en deur die poorte wat ‘n bepaalde altaar daarstel.
In Joh 1:51 antwoord Jesus vir Nataniël: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.” Hierdie ontsettend belangrike Skrif wys uit na die nuwe verbond waarbinne Christus self die altaar van sy Koninkryk gaan wees – Hy alleen gaan die Middelaar (1 Tim 2:5) of dan kontakpunt wees tussen die fisiese en die geestelike realm. Daarbenewens, stip Heb 12:24 dit uit, sal Sy bloed wat op hierdie (geestelike) altaar val, van beter dinge spreek as die Ou-Testamentiese pogings, en uiteraard véél kragtiger wees. Inderdaad, soos die ou koortjie sê: There is power, power, wonder working power in the blood of the Lamb!
Maar dit beteken dus nie dat die Koninkryk van duisternis nie steeds deur hul sataniese priesterordes oral beweeg en altare oprig nie! Natuurlik! En daardeur maak hul steeds kontakpunte oop vir die koninkryk van duisternis om meer gekonsentreerd op spesifieke dedicated plekke in- en uit te beweeg. Jesus noem dit “the gates of hell” (Mat 16:18).
In die nuwe verbond bou ons nie meer altare met klip en steen nie – nee. Ons bou in die gees altare hoofsaaklik deur gebed, lofprysing, intersessie, asook offers (geld, tyd, wat ook al wat spesifiek toegewy word).
- Sela: Dink aan voorbeelde waar jy wetend of onwetend ‘n altaar gebou het.
- Lees: 2 Sam 3; Spr 7; Heb 1
- Memoriseer: Heb 1:1
- Vir dieper delf: Lees Abu Bako se boek: Establishing God’s altar everywhere.